Bekendstelling… YouVersion Gebed


Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Maak Gebed ‘n deel van jou daaglikse lewe.

Gebedslys op die Tuisblad

Hou rekord waarvoor jy bid – Gebede wat jy skep en wat vriende vir jou stuur.

Deel met Vriende

Vra vriende om vir jou te bid. Jy kan ‘n gebed privaat hou, dan sien net die mense wie jy uitgenooi het die gebed. Jy kan ook ‘n gebedsketting skep waar jou vriende en vriende se vriende jou gebed kan deel.

Opdateer Gebede

Jy kan jou gebede opdateer, as beantwoord merk en selfs in die argief plaas (jy behou hulle, maar hulle verskyn nie op jou gebedslys nie).

Bid Bybelverse

Wanneer Bybelverse tot jou spreek, kan jy dit in jou gebedslys stoor as ‘n gebed.

YouVersion Gebed

Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

1 Tessalonisense 5: 17-18

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die 21-Dae Uitdaging se resultate is HIER!

Man wat op 'n rots staan - 21-Dae Uitdaging

Gedurende Februarie het julle, die wêreldwye YouVersion Gemeenskap, bymekaargekom en meer as 120 miljoen Leesplandae voltooi, wat ‘n nuwe rekord is!

Julle inspireer ons.

Aan elkeen wat aan die 21-Dae Uitdaging deelgeneem het: Baie dankie. Julle toewyding om God en gemeenskap te soek, is die rede waarom hierdie uitdaging ‘n sukses was.

Behou nou net… jou momentum.

Elke Leesplandag wat jy vir die 21-Dae Uitdaging voltooi het, help om jou Bybellees gewoonte te vestig. Een manier om jou momentum te behou, is om jou aaneenlopende weke te vermeerder. Hou net aan om Leesplanne te lees, een week na die ander.

En met duisende leesplanne om van te kies, is jy net ‘n paar klikke van jou volgende gunsteling af:

Vind Jou Volgende Leesplan

Het jy die 21-Dae Uitdaging voltooi? Mooi so!

21-Dae Uitdaging Kenteken

Gaan na jou profiel (in die Bybel Toep) om jou kenteken te sien, en kies Kentekens.1

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


1 As jy nog nie jou 21-dae kenteken kan sien nie, moenie bekommerd wees nie! Dit mag dalk ‘n paar dae neem om te wys.

Jy is hiervoor geskape…

Grasbedekte heuwel

Maak Tyd vir Wat Saak Maak…

Met soveel verantwoordelikhede wat elke dag om ons aandag meeding, is dit maklik om die enigste ding wat nodig is, uit die oog te verloor: om God te ken.

In die weke voor Opstanding Sondag wil ons jou uitnooi om aan die Vastydperk deel te neem en elke dag tyd deur te bring om na God te soek en terug te dink aan wat Hy vir jou gedoen het.

Vind meer uit oor hierdie tyd van besinning, in een van hierdie spesiale leesplanne.

Begin Hier:

Kyk Na Nog Vastydperk Leesplanne

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik

4  
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5  
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6  
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

7  
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8  
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

9  
Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik

10  
maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

11  
Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.

12  
Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

13  
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

1 Corinthians 13 in Afrikaans

1 Corinthians 13 in English

⏰ Dis nie te laat nie!


Daar is ‘n tyd vir alles…

21-Dae Uitdaging - tikkende horlosie.

…en nou is dit jou tyd.

Hoe anders sal jou lewe wees as jy toegewyd elke dag ‘n gedeelte uit God se Woord lees?

Die 21-Dae Uitdaging help jou om tyd saam met God ‘n daaglikse gewoonte te maak. Vandag is egter die laaste dag om met die Uitdaging te begin en hierdie jaar se 21-Dae Uitdaging Kenteken te verwerf.

Kies ‘n Leesplan en begin nou dadelik!

Begin Nou Dadelik

Amptelike Reëls