Dis Amper Hier: Die 21-Dae Uitdaging Begin Binnekort!

21-Dae Uitdaging

1 440… Dis hoeveel minute daar in ‘n dag is. Gemiddeld neem jy 35 000 besluite per dag – dis rofweg 24 besluite per minuut. Die keuses wat jy maak bepaal uiteindelik die koers van jou dag, jaar en selfs jou lewe.

Dit maak nie saak hoe 2020 tot dusver vir jou verloop het, jy kan die beste van jou tyd maak deur jou lewe te rig rondom dit wat die meeste saakmaak: intimiteit met God. Dis hoekom ons die 21-Dae Uitdaging ontwerp het: om jou te help om ‘n daaglikse gewoonte te kweek om met God kontak te maak deur sy Woord.

Die uitdaging begin op 1 Februarie en duur die hele maand, maar ons wil jou tyd gee om die Leesplanne te kies wat jy wil voltooi en om vriende uit te nooi om dit saam met jou te doen!

Vind Leesplanne


Amptelike Reëls

Die 21-Dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2020 en duur die hele maand.

Hier is drie dinge wat jy moet weet om die 21-Dae Uitdaging te kan voltooi en ‘n spesiale kenteken te verwerf:

  1. Begin op 1 Februarie met ‘n Leesplan. As jy ‘n bietjie later eers begin is dit ook reg! Hou net aan en moenie ‘n dag mis nie.
  2. Kies ‘n Leesplan van enige aantal dae (lees of luister), al is dit langer of korter as 21 dae.
  3. Om die 2020 21-Dae Uitdaging Kenteken te verwerf, moet jy ten minste een Leesplandag per dag, vir 21 aaneenlopende dae in Februarie voltooi.

Elke keer as jy ‘n dag voltooi, moet jy seker maak dat al die afdelings van daardie dag as voltooid gemerk is:

Maak seker dat alles afgemerk is

As jy al 21 dae voltooi (sonder om dae te mis), sal jy ons unieke 21-Dae Uitdaging Kenteken van 2020 in jou Bybel Toep profiel verwerf:

21-Dae Uitdaging Kenteken


Jou volgende stappe:

As dit jou eerste Bybeluitdaging is, stel ons voor dat jy met ‘n kort Leesplan (klank of lees) begin en een Leesplan na die ander voltooi. Doen een dag op ‘n slag, en soos jou gewoonte begin vestig, kan jy langer Leesplanne doen.

Druk op die knoppie hier onder om Leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.

Ons stel voor dat jy die uitdaging saam met vriende doen! Druk op Begin Leesplan, kies dan Saam Met Vriende, stel die begindatum vir 1 Februarie en nooi dan ‘n vriend (of 2 of 10) uit. (Dit sal jou vriende solank voorberei op wat kom.)

Is jy gereed? Kom ons doen dit!

Kies Jou Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hoe om die Bybel te begin lees: 3 Maklike Stappe.

Persoon wat iets op selfoon lees

1. Ontvang.

Berei jou hart voor om van God te hoor. Probeer ‘n eenvoudige gebed soos hierdie een…

Hemelse Vader, help my asseblief om hierdie Bybelvers te verstaan.

…en lees dan die Vers-van-die-dag. Ons gebruik vandag se vers as voorbeeld:

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

JOHANNES 15:2

2. Oordink dit.

Vra jouself wat hierdie vers vir jou probeer sê en dink diep na oor jou antwoord. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat jy uit vandag se vers kan kry:

Jesus verwag van my om my geloof met ander mense te deel.

Wanneer ek God se liefde uitleef, trek dit ander na Hom toe.

Ek moet dinge wat nie God se liefde weerspieël nie, uit my lewe verwyder.

Dikwels groei my vermoë om ander lief te hê, as ek deur uitdagings gaan.

3. Reageer.

Gebruik hierdie vers om ‘n gebed te bid. Dalk iets soos dit:

Here, gee my asseblief die moed en geleentheid om u liefde met ander mense te deel. Wys my asseblief die areas in my lewe wat nie vrug dra nie.

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. - Johannes 15:2 - Versbeeld

Deel die Vers-van-die-dag

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Maak dit jou Klankbaan van 2020:

Man luister met oorfone

Hoe jou daaglikse rooster ook al lyk, maak tyd met God ‘n gewoonte deur die Skrif wat aan jou voorgelees word.

Maak net jou YouVersion Bybel Toep oop en soek Bybels met die klankbaanikoon:

Klankbaanikoon

Wanneer jy die klankbaanikoon bo die Bybelteks sien, druk daarop, en druk dan op “Speel”. (As jy nie ‘n klankbaanikoon sien nie, verander die Bybelweergawe na een wat wel ‘n luidspreker langsaan het.)

Terwyl jy luister, kan jy jou speelsnelheid stop, terugspoel en kies. Om na God se Woord te luister was nog nooit so maklik nie!

Verken Klankbaanbybels

Ken mense die ware jy?

'n Krans wat oor die see uitkyk

Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

ROMEINE 10:10

'n Krans wat oor die see uitkyk

Wat wil jy hê mense moet omtrent jou weet?

Dit kan so aanloklik wees om ons aanlyn-teenwoordigheid saam te stel om ander te beïndruk: lekker etes wat ons geniet, eksotiese plekke waar ons kuier, gewilde mense met wie ons tyd spandeer. Dit is goed om te deel. Maar Jesus het nie gesê dat Hy ons prestasies sou gebruik om mense na Homself te trek nie. Hy het gesê dat dit ons liefde sou wees (Johannes 13:35).

Begin hierdie jaar ‘n gewoonte daarvan maak om gereeld Sy transformerende liefde te deel.

Begin Klein…

Om ‘n Bybelvers of ‘n Versbeeld aan ‘n vriend te stuur, is maklik. Het jy ‘n daaglikse herinnering nodig? Teken in op Vers-van-die-dag. Jy kan selfs inhoud uit oordenkings deel: elke Bybel Leesplan het ‘n Deel knoppie in die hoek ( Deel ikoon ).

…Kweek Dan Jou Gewoonte.

Nadat jy ‘n paar keer gedeel het, stel jou ten doel om ten minste een Bybelvers of Bybel Leesplan elke dag vir ‘n week te deel. Dit sal nie lank duur voordat jou vriende vir jou begin vertel hoeveel hulle jou aanmoediging waardeer nie!

Deel die Versbeeld

Begin 2020 met ‘n Bybelgewoonte:

2020

Maak 2020 Jou Jaar:

Wil jy jou lewe hierdie jaar herskep? Dit begin met ‘n klein gewoonte elke dag.

Deur een van hierdie Leesplanne te begin, kan jy die bybelse gereedskap kry wat jy nodig het om gesonde gewoontes te kweek:

Hoop vir die lewe
Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media
Koeke en terte
Hoe om die Bybel te Begin Lees
Gewoontes
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
60 Om te begin
21-Dae Vas
Robert Roberts

…So, waarvoor wag jy?

Begin nou een van hierdie Leesplanne.

Kweek ‘n Gewoonte