Jou YouVersion Oorsig is gereed!

2019 Oorsig

Het jy al jou YouVersion Oorsig gesien? Dis die hele jaar in een beeld!

Wil jy in 2020 nader aan God kom? Die Bybel Toep het baie maniere om jou te help. (En nog meer in die komende jaar.) Hier is een van die beste maniere om te besluit wat om volgende te doen: kyk terug oor die pad wat jy hierdie jaar geloop het. Jou YouVersion Oorsig wys jou hoeveel Leesplanne jy voltooi het, Verse jy gekleurmerk het, Versbeelde wat jy geskep het, en nog meer. En dis baie maklik om dit met vriende te deel!

Jou YouVersion Oorsig

Die gewildste Leesplanne van 2019 is…

'n Man wat in die verte in kyk

“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here: “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” – Jeremia 29:11

'n Man wat in die verte in kyk

Sluit hierdie dekade op ‘n goeie noot af:

Voltooi een van die hoogs-aangeskrewe Bybel Leesplanne van 2019 en berei jou hart voor vir God se planne vir jou in 2020:

Bruistablette vir die lewe
Dagstukkies vir besige vroue
Leef deur geloof
’n Hart vol Dankbaarheid
Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Kyk Na Nog Leesplanne

Geseënde Kersfees!

Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore. - Lukas 2:11 - Versbeeld

Dit is die wonderlikste tyd van die jaar…

2000 Jaar gelede het Jesus aarde toe gekom om Immanuel te word, “God met ons.” En deur hierdie een opofferende daad van liefde, ervaar ons vir ewig intimiteit met God!

Terwyl ons vandag Jesus se geboorte vier, kan jy die goeie nuus van Sy liefde versprei: deel die Versbeeld hierbo met jou vriende en familie.

Ons wens jou ‘n baie Geseënde Kersfees toe! Van ons almal by YouVersion.

Deel Kersfeesbeeld

‘n Adventgebed oor Liefde

Begin met ‘n Kersfees of Advent Leesplan

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hierdie Adventgebed is die laaste in ‘n reeks van vier.
Week 1 – ‘n Adventgebed oor Hoop
Week 2 – ‘n Adventgebed oor Vrede
Week 3 – ‘n Adventgebed oor Blydskap
Week 4 – ‘n Adventgebed oor Liefde

Kersfees is amper hier. ⭐️ Kom ons vier dit!

Die Bybel Toep op jou foon, met Kersfeesliggies in die agtergrond

Vir weke het ons nou al ons harte voorberei in hoopvolle verwagting, en nou is Kersfees oor een week. Vier saam met ons terwyl ons besin oor God se perfekte geskenk aan ons: Sy enigste seun, Jesus. Wanneer jy hierdie vakansietyd saam met vriende en familie kuier, weet ons dat jy dit sal geniet om God se Woord te lees. Lees hierdie herinneringe van die hoop en vreugde wat ons in Christus het.


Die Kersfees Storie

Die Kersfees Storie
YouVersion, 5 Dae

Lees of luister na die volledige Bybelse weergawe van Christus se geboorte, van profesieë oor die Verlosser wat sou kom, tot sy nederige begin in ‘n stal, en al die pad tot by Immanuel: God wat by ons is.

Begin Leesplan

Stoor vir later


'n Kind wat die Bybel App vir Kinders speel

Bybel App vir Kinders:
Die eerste Kersgeskenk

Vier Jesus se koms met pret, raak-sensitiewe animasies en kleurvolle kunswerke. Die kinders in jou lewe sal daarvan hou om al 41 stories in die Bybel App vir Kinders te verken. Jy sal daarvan hou hoe die Geskommelde Storie, Storie Pasmaats en Storie Plakkers aktiwiteite hulle help om die dinge wat hulle leer, te onthou. YouVersion het die Bybel App vir Kinders ontwikkel in samewerking met OneHope, om kinders ‘n Bybelervaring van hul eie te gee. Dis alreeds geïnstalleer op meer as 34 miljoen toestelle wêreldwyd. Die Bybel App vir Kinders is beskikbaar in 50 tale – en dit is altyd heeltemal gratis.

Kry dit Nou

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6