Drie Maniere om jou Kinders te Help om by die Nuwe “Alledaagse” aan te Pas

Ma en dogter wat 'n tablet gebruik

Moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Efesiërs 6:4

Ma en dogter wat lag terwyl hulle 'n tablet gebruik

As jy soos baie ouers is wat ons ken, is jou hande vol met voorbereiding van maaltye, skoolbeplanning en hantering van kinders se verveeldheid, terwyl jy ook bekommerd is oor jou werk en toekoms. Ons wil hê jy moet weet: ons is hier vir jou.

Ongeag jou kinders se ouderdomme, is dit heel moontlik dat hulle baie vrae het oor wat aan die gebeur is. Amper oornag het al die daaglikse roetines waarop hulle vir standvastigheid staat gemaak het, verander. Een van die beste dinge wat ons nou vir hulle kan doen is om ‘n nuwe “alledaagse” te vestig.

Hier is drie dinge wat jy op verskillende tye gedurende die dag kan probeer om jou kinders met die aanpassing te help:

  1. Vra jou kinders waaroor hulle dink. Luister dan.

Al sê hulle moeilike of kommerwekkende dinge, probeer om nie geskok te lyk nie. Jou kinders het ‘n plek nodig waar hulle veilig voel om in hulle eie woorde te sê wat op hulle harte is en hoe hulle voel.

  1. Wees die voorbeeld van dit wat jy in jou huis wil sien.

Sorg geestelik goed vir jouself, sodat jy in staat sal wees om jou kinders die emosionele ondersteuning te kan gee wat hulle nodig het. Hier kan jy vrede en bemoediging vir jouself vind:

  1. Bid op ‘n gereelde basis saam met jou kinders.

Gebed is ‘n gesprek met God, waar jy Hom vertel wat jy dink en voel, dinge vra wat jy nodig het en Hom bedank (selfs vir klein oorwinnings). Jy kan enige tyd bid, maar om dit soggens saam te doen, tydens etenstye en voor slaaptyd, is ‘n maklike manier om ‘n daaglikse roetine te vestig. Hier is ‘n goeie voorbeeld:

Liewe Jesus, dankie vir my gesin. Help ons om mekaar lief te hê, om vir mekaar te sorg en vriendelik te wees. Wys ons asseblief hoe ons vir ons bure en vriende lief kan wees. Dankie. Amen.


Bonus! Beplan haarfyn hoe elke dag gaan verloop.

As jou kinders aan ‘n weeklikse rooster gewoond was — met jou wat gaan werk en hulle wat skool of dagsorg toe gaan — kan die dae maar inmekaar vervaag as almal by die huis is. Om vir elke dag ‘n ander tema te gee, kan help om ‘n ritme te skep, ‘n struktuur. Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Boerewors Dinsdag As jy nie broodrolletjies het nie, sny die wors in die helfte en sit dit op ‘n sny brood.

  • Deurmekaar Woensdag – Trek onpaar sokkies aan. Tik “resep” in die Google soekblokkie, met ‘n lys van bestanddele wat jy het en span almal in om die gereg te maak.

  • Grappige Vrydag – Speel saam. Wees laf. Maak grappies. Kyk na ‘n grappige rolprent of TV-vertoning. Maak Vrydagaand ‘n speletjiesaand vir die gesin.

  • Spesiale Sondag – Aanbid God saam. Soek ‘n aanlyn-kerkdiens. (Baie kerke stel nou ook kinderdienste aanlyn beskikbaar.) Kyk saam na ‘n video in die Bybeltoep en gesels daaroor.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans