Aankondiging van die Wenners van YouVersion se 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Ons het jou twee weke gelede genooi om by ons Half-Jaarlikse Uitdaging aan te sluit. As jy 7 agtereenvolgende dae voltooi het: Uitstekende werk! Gedurende die volgende paar dae gaan jou Half-Jaarlikse Uitdaging Medalje toegeken word:

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Om jou Medaljes te sien, gaan na jou profiel en kies Medaljes. Moenie paniekerig raak as jy nie jou 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Medaljes sien nie! 😊 Die aflewering van medaljes mag ‘n paar dae neem.


Groot Prys Wenner

Gebruikers wat tussen 8 en 21 Julie ten minste sewe agtereenvolgende dae die daaglikse Bybelplan leesgedeeltes voltooi het, is in ‘n ewekansige trekking vir ons groot prys ingeskryf: ‘n T-hemp, plakkerpak, beker en ‘n Google Home Mini! Die uitslag is hier, en die gelukkige wenner is…

BILL M.

Veels geluk aan Bill! 🎉


Ontdek Planne en behou jou Bybellees lopie.

Ons vertrou dat die tyd wat jy tydens hierdie uitdaging met God se Woord besig was, jou nader aan hom getrek het. En ons hoop elke dag het jou gehelp om ‘n verkwikkende daaglikse Bybel roetine te vestig. Die statistieke van vorige uitdagings is duidelik: indien jy oor ‘n paar weke ‘n daaglikse gewoonte gevorm het, kan die momentum jou help om die Bybel in die toekoms gereeld te lees.

Deur middel van kort Daaglikse Planne, een week op ‘n slag, sal ons jou help om jou doel te bereik. Ons bied duisende Planne aan, wat ‘n wye verskeidenheid onderwerpe dek – terwyl nog Planne deurgaans bygevoeg word.

Ontdek Planne


die Bybel Toep kenteken

Die Bybel App

Indien jy al ooit gesukkel het om die Bybel te verstaan ​​omdat jy gedink het dit is ingewikkeld, of omdat jy nie sien hoe dit op jou van toepassing is nie, het ons die Bybel App vir jou ontwikkel. Die Bybel App help jou om die Bybel teen jou eie tempo, alleen of selfs nog beter, met vriende te verken. Bybelplanne bied jou die Skrif in die vorm van kort, daaglikse stukkies, saam met klank, video of teks, sodat jy dit beter kan verstaan, oor die betekenis daarvan kan besin en hierdie waarhede in jou eie lewe kan toepas. Dit is maklik en pret om deur Planne te blaai. Daar is ook duisende planne om te verken (en deurgaans word nog bygevoeg), en jy sal altyd iets nuuts ontdek. Soek na ‘n weergawe van die Bybel (of verskeie) waardeur God se Woord vir jou regtig insigte bring: ons bied meer as 1700 weergawes in meer as 1200 tale. En jy kan ons klank Bybels probeer indien jy luister bo lees verkies.

Sluit met jou slimfoon of tablet by God se Woord aan, of aanlyn by Bible.com.

Laai die Bybel App af

Laat die volgende 7 dae tel🏅

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Dit is die laaste dag om aan te sluit!

As jy reeds met die Half-Jaarlikse Uitdaging begin het, dan weet jy watter positiewe impak dit het om God se Woord elke dag in jou lewe te hê. Hou aan!

Nog nie begin nie? Geen probleem. Lees ten minste elke dag een dag van ‘n Bybel Plan vir die volgende 7 dae, dan sal jy jou 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien. Begin die Uitdaging vandag en nooi vriende uit om dit saam met jou te doen!

1 Sien ons blog vir besonderhede en amptelike reëls.


Nog steeds op soek na ‘n plan?

Johannes
Wysheid
Handelinge Van Bekering
Geloof

Verken Planne

🎉 Die Bybel Toep word vandag 10!

Die Bybel Toep word 10

Gelukkige herdenking! Die YouVersion Gemeenskap vier vandag 10 jaar!

Die Bybel Toep is amptelik op 10 Julie 2008 bekendgestel, toe dit in Apple se Toep gedebuteer het as een van die heel eerste toeps wat vir die iPhone beskikbaar was.

Maar dit was net die begin…

Bo en behalwe die Bybel Toep se oorspronklike Hoogtepunte, Boekmerke en Nota-funksies, het ons sedertdien Planne, Oudio-Bybels, Vriende, Vers-beelde en Verken Emosie-soektogte bygevoeg – om net ‘n paar te noem. Mettertyd het vrygewige uitgewer-vennote ons deurlopend van Bybels en inhoud voorsien. En passievolle gebruikers net soos jy het hul tyd en talente vrywillig aangebied om mense met ondersteuningsvrae te help en om die toep-ervaring in baie tale vertaal.

Dankie dat jy by hierdie beweging van God aangesluit het.


10 jaar viering van die Bybel Toep

Vier saam met ons! Kom ons brei die Woord, saam uit.

Het jy geweet dat wanneer jy die Bybel Toep op sosiale media deel, jy help om die impak van hierdie Toep te vergroot? Sluit vandag by ons vieringe aan deur die Bybel Toep op jou gunsteling sosiale platforms te deel (moenie vergeet om @youversion te merk nie en gebruik die hutsteken #bibleapp10).

Deel

Afrikaanse Bybel App
Nuwe Lewende Vertaling + Klank Bybel

3… 2… 1… Begin!

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin…NOU!

God het groot planne vir jou hierdie jaar, en met net ses maande oor, tel elke dag – veral as dit gaan om verbintenis met Hom in Sy Woord.

Juis daarom het ons die Half-Jaarlikse Uitdaging geskep: om jou te help om jou Bybellees gewoonte te vorm, een dag op ‘n slag, deur die eenvoudige Planne te lees waarvan jy hou.

Begin vandag deelneem aan die uitdaging en sien die verskil wat een week kan maak vir jou in 2018

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

As jy tussen nou en die 21ste Julie elke dag ‘n dagstukkie lees, sal jy die Half-Jaarlikse Kenteken verdien! Jy sal ook outomaties ingeskryf word vir ons groot prystrekking.1

1 Sien ons blog vir besonderhede en amptelike reëls.


Kom, laat ons begin…

As jy nog nie ‘n Plan vir die Uitdaging gekies het nie, is dit maklik om te begin: klik hier onder om Planne te verken. Watter Plan jy ook al kies, oorweeg om ‘n vriend (of vriende) uit te nooi om dit saam met jou te doen!

Ontdek Jou Volgende Plan

7 dae: Die perfekte Half-Jaarlikse Uitdaging

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

As jy ooit ‘n perfekte week gehad het, weet jy hoe goed dit kan voel om elke dag met God in sy Woord te verbind. Miskien het jy dit vir meer as ‘n week probeer – dalk ‘n maand of selfs die hele jaar!

Dit is goed om groot te dink, veral omdat God se plan vir jou groot is. Maar op hierdie punt in die jaar is dit maklik om die spoor byster te raak, veral nadat ‘n vaste patroon gebreek is.

Juis daarom het ons die Half-Jaarlikse Uitdaging geskep: om jou te help om jou Bybel lees gewoonte te hernu, een dag op ‘n slag, deur die eenvoudige Planne te lees waarvan jy hou.

Neem die 7-dag uitdaging aan en sien meer Aaneenlopende Reekse en selfs meer Volledige Weke.


Versprei die Woord.

Nooi jou vriende uit om by die Bybel-program aan te sluit vir hierdie jaar se Half-Jaarlikse uitdaging! En as jy dit op sosiale media deel, maak seker dat jy die hutsteken #BibleResolution insluit

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Amptelike Reëls

Die Half-Jaarlikse Uitdaging begin Julie 8, 2018 en hou aan tot Julie 21, 2018.

Om in aanmerking te kom vir ‘n kenteken en vir die prys trekking, moet jy ten minste elke dag vir 7 dae een dagstukkie lees (of luister) uit ten minste een Plan.

As jy alreeds begin het met ‘n Plan voor die 8ste Julie, gaan net voort, en moet geen dae oorslaan nie.

Jy hoef nie ‘n Plan te doen wat 7 dae duur nie. Jy kan Planne van enige lengte doen, al is dit langer of korter as 7 dae. Maak net seker dat jy ten minste een dag van ‘n Plan vir 7 dae agtermekaar voltooi.

Elke keer as jy ‘n dag voltooi, maak seker dat al daardie dag se keuses voltooi word.

Voltooide Plan Dag

As jy 7 dae in ‘n ry voltooi, sal jy ‘n 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging kenteken in jou Bybel Toep profiel ontvang:

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Om jou Kentekens te sien: Gaan na jou profiel in die Bybel Toep en kies Kentekens.

Almal wat 7 dae in ‘n ry voltooi sal in aanmerking kom vir ons groot prys trekking. Ons kies willekeurig een groot pryswenner.1

Prys pak

Die groot prys sluit in pret YouVersion-items soos ‘n T-hemp, plakkers, beker, en selfs ‘n splinternuwe Google Home Mini!

1 Pryse is onderhewig aan verandering of vervanging op grond van beskikbaarheid. Wenners sal gekontak word met besonderhede oor hoe om hul pryse te ontvang. Sommige items is nie beskikbaar vir verskeping internasionaal nie.


Vind Jou Planne.

As jy nog nie vir jou volgende Bybelplan ingeskryf het nie, is die Half-Jaarlikse Uitdaging die ideale tyd om te begin. Tik hieronder om Planne te verken en elke keer as jy een ontdek wat jou interesseer, tik Stoor vir Later om dit by jou tou te voeg. Of, selfs beter…

Tik Begin, kies Met vriende, stel die begindatum vir 8 Julie, en nooi vriende uit om by jou aan te sluit!

Onthou net om jou Plan op 8 Julie te begin!

Ontdek Planne