Dis nog nie te laat nie!

Halfjaarlikse Uitdaging

Vandag is ‘n treetjie nader.

God wil hê ons moet elke dag nader aan Hom groei.

Dis hoekom ons die Halfjaarlikse Uitdaging doen: om jou te help om ‘n gewoonte te vestig om daagliks tyd vir God te maak.

Dis nog nie te laat om by die 2022 Halfjaarlikse Uitdaging aan te sluit nie! Voltooi minstens een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae in Julie om ‘n Kenteken te verwerf.

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Kies ‘n leesplan en begin nou dadelik:

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wil jy ‘n nuwe Kenteken verwerf? 🥇

Halfjaarlikse Uitdaging

Dit is tyd! Die Halfjaarlikse Uitdaging is hier.

Of jy die afgelope jaar suksesvol was om ‘n gewoonte van Bybellees te bou en of jy voor moet begin, die Halfjaarlikse Uitdaging sal jou help om die momentum waarna jy soek te ontwikkel.

Aanvaar die Uitdaging

Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae, in Juliemaand, en verwerf so die Kenteken van die 2022 se Halfjaarlikse Uitdaging

Halfjaarlikse Uitdaging

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Maak seker dat jy geen dae mis nie deur daaglikse aanmanings in jou leesplan-instellings op te stel!

Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n leesplan:

Kyk na nog leesplanne

Moenie vergeet om ‘n paar goeie vriende te nooi om by jou aan te sluit, deur die Halfjaarlikse Uitdaging te deel nie.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wanneer teleurstelling toeslaan

Iemand wat oor die water uitkyk

“Dit was nie veronderstel om so te wees nie.”

Ons verstaan nie altyd die wil van God nie. Om eerlik te wees, daar is soms tye wanneer ons ook nie van sy wil hou nie.

Wanneer hartseer ons lewe binnekom.

Wanneer ons nie seker is of ons dinge kan hanteer nie.

Wanneer ons dink aan wat kon gewees het.

Dit is moeilik om met ons diepste pyn te worstel. As die Bybel egter nie verhale oor lyding wegsteek nie, moet ons ook nie.

Wat jy ook al op die oomblik in die gesig staar — dit is nie die einde van jou verhaal nie. God is met jou, en sal altyd wees.

Ontdek hoe om onvervulde verwagtinge en pynlike situasies met hierdie leesplanne te verwerk.

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Bemoedig ‘n pa vandag met hierdie versbeeld

Pa wat baba vashou

Daar is baie verhale in die Bybel van vaders en vaderfigure wat God op verskillende maniere gebruik het.

Pa’s soos Jesus se aardse pa, Josef, wat sy gesin getrou gelei en beskerm het.

Of Jetro, Moses se skoonpa, wat wysheid en raad oor leierskap aan Moses gegee het.

Ook Paulus wat ‘n geestelike mentor vir Timoteus was.

Net soos die mans in die Bybel, inspireer die pa’s in ons lewens ons op verskillende maniere.

Miskien het hulle jou beskerm soos Josef of tydige leiding gegee soos Jetro of jou aangemoedig soos Paulus.

Of hy jou eie pa of ‘n vaderfiguur is, sê vir ‘n pa hoe dankbaar jy is vir wie hy is en wat hy vir jou beteken deur hierdie versbeeld met hom te deel.

Versbeeld: "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien" — Psalm 103:13.

Deel hierdie versbeeld

Wil jy help?

Hande wat gloeiende sfeer vashou

Hoe kan God jou gebruik?

Wanneer jy die toep deel of ‘n donasie aan YouVersion maak, gee jy hoop aan miljoene mense regoor die wêreld.

Hier is net ‘n paar maniere hoe YouVersion mense help om ‘n verbintenis met God te maak en hoop in sy Woord te vind:


Oekraïense Bybels en hulpbronne

Gedurende ‘n uiters hartverskeurende tyd in die Oekraïne, het die algehele soekaktiwiteit in YouVersion meer as verdubbel.

Namate soektogte om hoop, angs en vrede eksponensieel gegroei het, kon Oekraïners te midde van hul pyn en emosie, met die Woord van God ‘n verbinding maak.

Ons span was in staat om binne ‘n paar dae vinnig te reageer met hulpbronne om hoop te bring:

  • Die eerste Oekraïense klankbybel in YouVersion
  • Nuwe Bybel App vir Kinders hulpbronne
  • ‘n Gebed om vertroosting wat baie mense in gebed vir die Oekraïne laat saamtrek
  • Deurlopende aanmoediging aan ons Oekraïense gemeenskap deur e-posse en push-kennisgewings

41 Nuwe Bybeltale in 2022

Het jy geweet dat YouVersion Bybels in meer as 1 800 tale bied? Slegs in 2022 het ons 41 nuwe Bybeltale by ons toep-ervaring gevoeg.

Te danke aan die vrygewigheid van ons gemeenskap- en Bybeluitgewer-vennote, kan ons hierdie ervaring aan meer mense verskaf.


God doen iets wonderliks deur YouVersion en jy kan deel daarvan wees!

Jou ondersteuning kan iemand se lewe verander.

Wanneer ons God vertrou met wat Hy vir ons gegee het, is Hy in staat om meer te doen as wat ons ooit sou kon dink.

Gee nou ‘n donasie

Die maklikste manier om tot ons bediening by te dra,
is deur ‘n herhalende donasie op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos