Hoe om die Bybel te begin lees: 3 Maklike Stappe.

Persoon wat iets op selfoon lees

1. Ontvang.

Berei jou hart voor om van God te hoor. Probeer ‘n eenvoudige gebed soos hierdie een…

Hemelse Vader, help my asseblief om hierdie Bybelvers te verstaan.

…en lees dan die Vers-van-die-dag. Ons gebruik vandag se vers as voorbeeld:

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.

JOHANNES 15:2

2. Oordink dit.

Vra jouself wat hierdie vers vir jou probeer sê en dink diep na oor jou antwoord. Hier is ‘n paar voorbeelde van wat jy uit vandag se vers kan kry:

Jesus verwag van my om my geloof met ander mense te deel.

Wanneer ek God se liefde uitleef, trek dit ander na Hom toe.

Ek moet dinge wat nie God se liefde weerspieël nie, uit my lewe verwyder.

Dikwels groei my vermoë om ander lief te hê, as ek deur uitdagings gaan.

3. Reageer.

Gebruik hierdie vers om ‘n gebed te bid. Dalk iets soos dit:

Here, gee my asseblief die moed en geleentheid om u liefde met ander mense te deel. Wys my asseblief die areas in my lewe wat nie vrug dra nie.

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. - Johannes 15:2 - Versbeeld

Deel die Vers-van-die-dag

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Share this post:

Maak dit jou Klankbaan van 2020:

Man luister met oorfone

Hoe jou daaglikse rooster ook al lyk, maak tyd met God ‘n gewoonte deur die Skrif wat aan jou voorgelees word.

Maak net jou YouVersion Bybel Toep oop en soek Bybels met die klankbaanikoon:

Klankbaanikoon

Wanneer jy die klankbaanikoon bo die Bybelteks sien, druk daarop, en druk dan op “Speel”. (As jy nie ‘n klankbaanikoon sien nie, verander die Bybelweergawe na een wat wel ‘n luidspreker langsaan het.)

Terwyl jy luister, kan jy jou speelsnelheid stop, terugspoel en kies. Om na God se Woord te luister was nog nooit so maklik nie!

Verken Klankbaanbybels

Share this post:

Neem 2020 na die volgende vlak:

Vriende

Die Lewe is Beter… Saam met Ander.

Vriende

Met wie praat jy as jy vrae oor jou geloof het? Waarnatoe gaan jy vir antwoorde?

Maak dit jou daaglikse gewoonte om die Skrif te bestudeer. Bou aan jou gemeenskap deur ‘n Leesplan saam met vriende te doen.

Begin met ‘n Leesplan deur op Saam met Vriende te druk, en nooi jou vriende uit. Ontsluit die waarhede in God se Woord wat jy dalk nie op jou eie sou raaksien nie, en kry die vaardighede om ander aan te moedig.

Kyk hoe God jou lewe en die van jou gemeenskap kan verander, deur saam die Skrif te bestudeer!

Leef! Een dag op ’n keer deur Trevor Hudson
Saligsprekinge
Versameling: Vind Saam Die Lewe
Beter Tesame
Psalms en Spreuke in 31 Dae
1 & 2 Timoteus
Handelinge

Begin ‘n Leesplan saam met Vriende

Share this post:

Begin 2020 met ‘n Bybelgewoonte:

2020

Maak 2020 Jou Jaar:

Wil jy jou lewe hierdie jaar herskep? Dit begin met ‘n klein gewoonte elke dag.

Deur een van hierdie Leesplanne te begin, kan jy die bybelse gereedskap kry wat jy nodig het om gesonde gewoontes te kweek:

Hoop vir die lewe
Soos ’n veldbom deur Struik Christian Media
Koeke en terte
Hoe om die Bybel te Begin Lees
Gewoontes
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
Gaan-Doen-Sê-Gee: Die Vryheid van Oorgawe Aan Jesus
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
60 Om te begin
21-Dae Vas
Robert Roberts

…So, waarvoor wag jy?

Begin nou een van hierdie Leesplanne.

Kweek ‘n Gewoonte


Share this post:

Die gewildste Leesplanne van 2019 is…

'n Man wat in die verte in kyk

“Ek weet wat Ek vir julle beplan,” sê die Here: “voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!” – Jeremia 29:11

'n Man wat in die verte in kyk

Sluit hierdie dekade op ‘n goeie noot af:

Voltooi een van die hoogs-aangeskrewe Bybel Leesplanne van 2019 en berei jou hart voor vir God se planne vir jou in 2020:

Bruistablette vir die lewe
Dagstukkies vir besige vroue
Leef deur geloof
’n Hart vol Dankbaarheid
Verkondig die evangelie van Jesus Christus

Kyk Na Nog Leesplanne

Share this post: