3 Maniere om Rus te Vind in ‘n Wêreld wat nie Ophou Werk nie

Iemand op 'n roeibootjie teen sonsondergang

Hy het die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.

GENESIS 2:3

Rus – om te ontspan, asem te skep, diep asem te haal en rustig te wees.

Wanneer laas het jy rustig geraak, weggebreek en ontspan? Rus is ‘n geskenk wat ons al te dikwels eenkant skuif.

Om besig te bly gee ons die gevoel dat ons iets bereik, maar dit kan misleidend wees. Sonder realistiese grense kan besigbly ‘n dwelm wees wat ons verdoof van ons behoefte om naby God te kom: Hy wat die Gewer van elke goeie gawe en volmaakte geskenk is.

Wie die Here dien, se lewe is veilig; so ‘n mens slaap rustig, geen ramp tref hom nie.

SPREUKE 19:23

Om sonder rus te lewe is nie volhoubaar nie. Rus verfris ons, en gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en ander mense lief te hê. Dis ‘n geestelike dissipline om rus te beoefen, en dit help ons om God se teenwoordigheid te geniet en ons prioriteite reg te kry.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.

PSALMS 23:2-3a

Hier is 3 maniere waarop jy rus in jou dag kan inpas:

Dink Waaroor Jy Dink

In Romeine 12 moedig Paulus ons aan om ons denke te vernuwe. Om bedag te wees oor waaroor ons dink, kan ons help om ons harte en gedagtes in lyn te bring met wat God besig is om te doen. Waar is jy die beste gefokus? Op jou rusbank met ‘n beker koffie of tee? Tydens ‘n drafsessie of as jy na aanbiddingsmusiek luister? Doen iets wat jou na aan God laat voel, en fokus jou gedagtes op Hom, op daardie plek, voor jy jou dag aanpak.

Uitdaging: Neem elke dag 5-10 minute om elke bekommernis en verantwoordelikheid te visualiseer, en gee dan elkeen in gebed oor aan Jesus. (Skryf dit neer, as dit jou beter gaan help.)

Oordink ‘n skrifgedeelte wat jy gelees het

Alle Skrif word deur God geïnspireer. Wanneer jy God se Woord lees, of daarna luister, en dan nadink oor wat dit beteken, leer jy om God se stem te herken. As jy doelbewus tyd wil maak om die Bybel te lees, moet dit jou prioriteit wees om jou gedagtes net om Jesus te fokus.

Uitdaging: Gebruik 30 minute per dag om God se Woord te lees of daarna te luister. Tydens daardie periode moet jy jou TV, selfoon en rekenaar afsit. Pak ‘n Leesplan aan, neem notas en skryf jou gedagtes neer. Laat toe dat God met jou praat.

Omring jou met mense

Alleentyd met God beteken nie noodwendig dat jy jou van ander mense moet onttrek nie, inteendeel, soms moet jy tyd maak vir mense. Tydens jou rusperiodes is dit ‘n goeie tyd om die lewe saam met jou hartsmense te geniet. Ons is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie. Ons het mekaar nodig.

Uitdaging: Spandeer doelbewus ‘n uur of twee per week met mense vir wie jy lief is. Moenie ‘n afspraak maak nie. Daag net op en geniet mekaar se geselskap. Skryf na die tyd alles neer wat God aan jou geopenbaar het terwyl julle bymekaar was.

Dis maar net ‘n paar wenke om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog ander maniere om rus te vind, deur een van die Leesplanne hier onder te lees.

Doen Leesplanne oor Rus

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat beteken dit om God te aanbid?

'n Vrou wat aanbid

Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

1 PETRUS 2:9 (klem bygevoeg)

Aanbidding – om eer aan God te bewys deur oorvloedige respek, eerbewys en toewyding.

Waarvoor is jy dankbaar? Wanneer dit goed gaan is ons geneig om die basiese dinge as vanselfsprekend te aanvaar, soos om genoeg kos te hê, ‘n veilige plek te hê om te slaap, gesond te wees en mense te hê wat vir ons lief is, ens. Navorsing bewys egter dat wanneer ons doelbewus ons “seëninge tel”, ons lewe nog beter is.1

Dalk beoefen jy alreeds dankbaarheid. Besin jy ook oor waar al die goeie dinge vandaan kom? Die apostel Paulus herinner sy vriend, Timoteus, daaraan “dat God alles ryklik aan ons gee om te geniet.” (1 Timoteus 6:17) Hoe kan ons op hierdie waarheid reageer?

Prys die Here om die eer van sy Naam! Buig voor die Here by sy heilige verskyning.

PSALMS 29:2

Dink hieroor: God het Sy eie heelal gemaak. Hy het een van sy planete geskep met ‘n atmosfeer wat lewe kon onderhou, waar hy mense geplaas het… en hulle alles gegee wat hulle ooit sou nodig hê. En dan, ten spyte van al ons gebreke en mislukkings (eintlik as gevolg van hulle), het hy ons genooi om by sy familie aan te sluit en het Hy ons as Sy dogters en seuns aangeneem. Dit is ‘n goeie rede om Hom te vier!

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!… As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U ‘n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?… U het hom net ‘n bietjie minder as ‘n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon. U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp.

PSALMS 8: 2-7

Hier is drie praktiese maniere waarop ons God kan aanbid:

Sing Lofliedere

Jakobus sê, as alles goed gaan, moet ons God prys. Ken jy nie liedere wat jy kan sing nie? Dis geen probleem nie: jy kan derduisende liedere vind wat jou sal help om eer aan God te bring. Wat jou musieksmaak ook al is; daar sal wel kunstenaars wees wat aanbiddingsliedere in daardie styl geskep het.

Uitdaging: Soek vir “aanbidding”, “prys” en “Christelike musiek” op enige internet platform wat jy gebruik. Dit is die moeite werd om te soek en te verken.

Dank Hom in Gebed

Toe Jesus Sy dissipels leer bid het, het hy vir hulle gesê om so te begin: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word.” Dis nie verkeerd om God vir “dinge” te vra nie, maar hegte verhoudings sluit gee en ontvang in. Wat het ons egter wat ons God kan bied? Ons eer, respek en dankbaarheid.

Uitdaging: Nader God in gebed, ten minste een keer op ‘n dag, vir die volgende week, en dank Hom vir iets wat Hy vir jou gedoen het, sonder om Hom iets te vra.

Deel Jou Storie

Die skrywer van Hebreërs moedig ons aan om God te eer deur “lof aan Hom te bring en Sy naam te bely.” God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. Is dit nie wonderlik om te weet dat God jou vir ‘n spesifieke doel in Sy koninkryk gekies het nie? Versprei jy gedurig die woord van God se goedheid?

Uitdaging: Kyk hierdie week uit vir geleenthede om met vriende te praat oor die dinge wat God besig is om in jou lewe te doen.

Hierdie is ‘n paar voorstelle om jou te help om intimiteit met God ‘n daaglikse roetine te maak. Vind nog maniere om God te aanbid, in een van die Leesplanne hier onder.

Kyk na die Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne,
ons is sy volk, sy eie kudde. Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.

PSALM 100: 1-5


Notas

1 Tel Seëninge Versus Laste: ‘n Eksperimentele Ondersoek oor Dankbaarheid en Subjektiewe Welstand in die Daaglikse Lewe.

Uitdaging: Voltooi 🏅

2019 se Half-Jaarlikse Uitdaging - Man wat glimlag

Dis Maar Net die Begin…

Oor die afgelope twee weke het ons julle, ons wêreldwye YouVersion Gemeenskap, genooi om saam met ons, intimiteit met God na te streef, deur die 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging te voltooi.

Ons is bemoedig deur jul toewyding om nader aan God en mekaar te groei. Meer as 1,2 miljoen Kentekens is verwerf en 56 miljoen Leesplan dae is voltooi!

Behou Jou Momentum:

Die statistieke van vorige uitdagings is duidelik: sodra jy vir ‘n paar weke lank ‘n daaglikse roetine gevestig het, kan dit jou help om jou nuwe gewoonte vol te hou en langer “Streaks” en perfekte weke in die Bybel te bereik.

Met soveel leesplanne om van te kies, het jy altyd ‘n rede om daagliks tyd saam met God te spandeer. Kom ons maak die beste van die res van 2019… saam:

Vind Jou Volgende Leesplan

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Aan almal wat deelgeneem het: Dankie! Jy sal binne die volgende paar dae jou 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken ontvang. (Jy kan jou kenteken vind in die “Kentekens” -afdeling van jou Bybel Toep.)

Dit is die finale aftelling!

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging - Vrou wat 'n leesplan op selfoon lees

Jy kan nog steeds by die Half-Jaarlikse Uitdaging aansluit!

As jy die Half-Jaarlikse Uitdaging begin het, weet jy alreeds hoe dit jou lewe kan verander om daagliks tyd saam met God te spandeer. Bly gefokus – hou so aan!

As jy egter nog nie begin het nie, is dit nie te laat nie! God het wonderlike planne vir jou lewe, en dit is ‘n goeie manier om in die daaglikse gewoonte te kom om sy hart te soek. Voltooi minstens een Leesplandag, elke dag vir sewe dae in ‘n ry teen 24 Julie, en jy sal ons 2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verwerf!

…Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

JOHANNES 15:5

Vandag is die laaste dag om te begin, kies ‘n leesplan en nooi vriende uit om by jou aan te sluit.


Sien ons blog vir al die besonderhede oor die Half-Jaarlikse Uitdaging.


'n Vrou wat 'n Leesplan op haar selfoon lees

Nog steeds op soek na ‘n leesplan?

Probeer een van hierdie…

Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Vorentoe
Wat is volgende: Studente Uitgawe
Romeine

Verken Meer Leesplanne

Laat die uitdaging begin!

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging - Vrou wat 'n leesplan op tablet lees

Een klein keuse kan jou jaar verander.

Maak nie saak hoe jou jaar tot dusver gelyk het nie, God is altyd hier vir jou. Hy verlang na jou om naby Hom te kom.

God is lief vir jou… en ons ook.

Dis hoekom ons die Half-Jaarlikse Uitdaging doen: om jou te help om op ‘n persoonlike vlak nader aan God te kom en Sy planne vir jou lewe te ontdek. Daar is nog 6 maande oor van 2019 – wat sou gebeur as jy ‘n daaglikse gewoonte vestig om tyd saam met God te spandeer?

Kom ons begin die Half-Jaarlikse Uitdaging en vind uit.

2019 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Tussen 24, Julie en 2019 Julie, wanneer jy ‘n Bybel Leesplan se dagstukke vir sewe agtereenvolgende dae voltooi het, sal jy ‘n splinternuwe Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien!

Begin die Uitdaging


Half-Jaarlikse Uitdaging Amptelike Reëls