Kom ons vier die Bybeltoep se 15-jarige bestaan!

15

Hoe het God die Bybeltoep gebruik om jou lewe te beïnvloed? Miskien was dit ‘n Vers-van-die-dag wat in ‘n moeilike tydperk met jou gepraat het, of ‘n gebed wat jy net op die regte tyd gelees het.

Sluit by ons aan om te vier wat God die afgelope 15 jaar deur die Bybeltoep gedoen het, deur na hierdie spesiale video van ons stigter en HUB, Bobby Gruenewald, te kyk.

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies Afrikaans.)

Die Woord van God is lewendig — en dit verander miljoene lewens net soos joune.

Sedert sy bekendstelling in 2008, het die Bybeltoep van 83 000 aflaaie tot meer as ‘n halfmiljard wêreldwyd gegroei, en dit is die Bybel wat die langste in die Toepwinkel bestaan.

Wat as ‘n idee by ‘n lughawe begin het, het ‘n wêreldwye beweging geword wat die Skrif, soos nog nooit tevore nie, by mense regoor die wêreld bring.

Vandag gebruik mense van alle nasies en tale die Bybeltoep om elke dag nader aan God te kom. En jy is een van hulle!

Skop die jaarlange viering af deur hierdie groot mylpaal op sosiale media te deel!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees