Hoe was Jesus se laaste week?

Dit is die
Heilige Week …

Jesus het die week voor sy kruisiging tyd gemaak om sy dissipels te herinner dat die dood nie sou oorwin nie en dat sy koninkryk ook nooit sou eindig nie. Omdat hulle egter nie verstaan het wat sou kom nie, het hulle nie besef dat Hy terselfdertyd aan hulle gesê het “Ek het julle lief” en “totsiens” nie.

Vandag herinner Heilige Week ons dat God nie klaar is nie. Selfs in daardie oomblikke wanneer ons verwagtinge kwyn — is daar nog hoop. God is nog nie klaar nie.

Begin dus op Palmsondag om na te dink oor die lewe wat jy het danksy Jesus se opoffering, en voltooi ‘n Paasfeesleesplan. (Wanneer jy dit doen, sal jy ook die Paasfees Uitdaging Kenteken verwerf.)

Kyk na die Paasfeesversameling

Verwerf jou Paasfees Uitdaging Kenteken!

Paasfees Uitdaging Kenteken

Kom ons sien saam uit: Paassondag is oor net twee weke.

Voltooi enige Paasfeesleesplan tussen nou en dan om die Paasfees Uitdaging Kenteken te verwerf. Wanneer jy met ‘n leesplan begin, kan jy ‘n paar vriende uitnooi om by jou aan te sluit om jul gedagtes op die opgestane Christus te rig.

… hou die oog gevestig op Jesus … Hy het die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins … Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God … Hou Hom dus voor oë. Dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie.

HEBREËRS 12:2-3

Nog Leesplanne oor Paasfees

Op soek na vrede? Probeer hierdie leesplanne

Iemand wat oor die water uitkyk

Ontdek Leesplanne oor Vrede

… Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:6-7

God is in staat om in alle tydperke aan ons vrede te gee. Hierdie vrede is nie tydelik of afhanklik van wat om ons gebeur nie, en kan nie deur sosiale media vergrype of selfhelp-klankgrepe gevind word nie. Ware en ewige vrede word slegs gevind deur tot God te nader.

Soek vandag na God en sy vrede deur met een van hierdie leesplanne te begin.

Begin ‘n Leesplan

Só kan jy op Jesus bly fokus:

Sonopkoms oor berg

Berei jou voor vir meer

Wat verg op hierdie oomblik jou aandag en weerhou jou daarvan om God beter te leer ken?

Dit neem tyd om die lawaai in ons lewens stil te maak, maar dit is een van die redes waarom baie Christene die Lydenstyd beoefen. Die doel van die Lydenstyd is nie om jou lewe beter te maak nie, maar om jou lewe weer te sentreer om dit wat saak maak: die Een wat jou geskape het en vir jou gesterf het.

Herfokus tydens die Lydenstyd en berei voor vir Opstandingsondag, deur nader aan God te kom deur middel van hierdie leesplanne. (Al hierdie leesplanne kom ook in aanmerking vir die 21-dae Uitdaging.)

Kyk na nog leesplanne vir die Lydenstyd

Beweeg vorentoe: Begin die 21-dae Uitdaging!

21-dae Uitdaging

Waarna jaag jy?

Ons is almal in ‘n wedloop wat God vir ons bepaal het. Elke dag moet ons kies of ons sal voortgaan tot by die eindstreep, of wegbeweeg van ons Verlosser se roeping vir ons lewe.

Die toekoms is nog onseker, dus kan ons in die versoeking kom om die pas te verslap wat ons goeie geestelike gewoontes betref. Jou optrede vandag, sal die roete van jou lewe vorentoe bepaal. Dis hoekom dit saak maak om daagliks nader aan God te kom.

Daag jouself aan die begin van Februarie uit om daagliks jou oë op Jesus te vestig en tyd met God ‘n gewoonte te maak, deur aan te sluit by die 21-dae Uitdaging.

Kry die 21-Dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Kom — laat die uitdaging begin!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos