Op soek na vrede? Probeer hierdie leesplanne

Iemand wat oor die water uitkyk

Ontdek Leesplanne oor Vrede

… Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

FILIPPENSE 4:6-7

God is in staat om in alle tydperke aan ons vrede te gee. Hierdie vrede is nie tydelik of afhanklik van wat om ons gebeur nie, en kan nie deur sosiale media vergrype of selfhelp-klankgrepe gevind word nie. Ware en ewige vrede word slegs gevind deur tot God te nader.

Soek vandag na God en sy vrede deur met een van hierdie leesplanne te begin.

Begin ‘n Leesplan

Share this post:

Só kan jy op Jesus bly fokus:

Sonopkoms oor berg

Berei jou voor vir meer

Wat verg op hierdie oomblik jou aandag en weerhou jou daarvan om God beter te leer ken?

Dit neem tyd om die lawaai in ons lewens stil te maak, maar dit is een van die redes waarom baie Christene die Lydenstyd beoefen. Die doel van die Lydenstyd is nie om jou lewe beter te maak nie, maar om jou lewe weer te sentreer om dit wat saak maak: die Een wat jou geskape het en vir jou gesterf het.

Herfokus tydens die Lydenstyd en berei voor vir Opstandingsondag, deur nader aan God te kom deur middel van hierdie leesplanne. (Al hierdie leesplanne kom ook in aanmerking vir die 21-dae Uitdaging.)

Kyk na nog leesplanne vir die Lydenstyd

Share this post:

Beweeg vorentoe: Begin die 21-dae Uitdaging!

21-dae Uitdaging

Waarna jaag jy?

Ons is almal in ‘n wedloop wat God vir ons bepaal het. Elke dag moet ons kies of ons sal voortgaan tot by die eindstreep, of wegbeweeg van ons Verlosser se roeping vir ons lewe.

Die toekoms is nog onseker, dus kan ons in die versoeking kom om die pas te verslap wat ons goeie geestelike gewoontes betref. Jou optrede vandag, sal die roete van jou lewe vorentoe bepaal. Dis hoekom dit saak maak om daagliks nader aan God te kom.

Daag jouself aan die begin van Februarie uit om daagliks jou oë op Jesus te vestig en tyd met God ‘n gewoonte te maak, deur aan te sluit by die 21-dae Uitdaging.

Kry die 21-Dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Kom — laat die uitdaging begin!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Die 21-dae Uitdaging begin binnekort!

21-dae Uitdaging

Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

HEBREËRS 12:1-2

Januarie is gewoonlik die tyd wanneer ons weer ons lewens in oënskou neem en ons harte voorberei vir wat God volgende gaan doen. As die toekoms egter steeds onseker voel, kan ons in die versoeking kom om ons goeie gewoontes en langtermyn doelwitte te verslap.

Dit waarop ons ons gedagtes vestig, het ‘n invloed op ons vermoë om deur lang tydperke staande te bly — daarom maak dit saak dat ons ons dryfkrag behou om Jesus passievol te volg.

Wanneer jy God se wil vir jou lewe soek, sal jou lewe mettertyd sy karakter weerspieël. Daag jouself dus gedurende Februarie uit om tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte te maak, deur die 21-dae Uitdaging te voltooi.

Amptelike Reëls

Die 21-dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2021 en duur die hele maand.

Maak seker dat alles afgemerk is

Kry die 21-dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Druk op die knoppie hieronder om leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.

Kies Jou Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Voorspoedige Nuwe Jaar!

2021

Begin nuut. Eindig op ‘n hoë noot.

Dit is ‘n nuwe jaar! Laat dit vir ‘n oomblik insink. Al weet ons nie wat môre inhou nie, ken ons die Een wat môre in sy hande hou. Hoe kan ons dus vir 2021 voorberei?

Rig jou oë op Jesus, en maak tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte. Volg sy aanwysings vir jou lewe en met verloop van tyd sal jou lewe sy karakter weerspieël.

Begin eenvoudig met een van hierdie leesplanne, nooi vriende uit om by jou aan te sluit en verbind jou daartoe om elke dag in hierdie jaar na God te soek.

Nog leesplanne

Share this post: