Beweeg vorentoe: Begin die 21-dae Uitdaging!

21-dae Uitdaging

Waarna jaag jy?

Ons is almal in ‘n wedloop wat God vir ons bepaal het. Elke dag moet ons kies of ons sal voortgaan tot by die eindstreep, of wegbeweeg van ons Verlosser se roeping vir ons lewe.

Die toekoms is nog onseker, dus kan ons in die versoeking kom om die pas te verslap wat ons goeie geestelike gewoontes betref. Jou optrede vandag, sal die roete van jou lewe vorentoe bepaal. Dis hoekom dit saak maak om daagliks nader aan God te kom.

Daag jouself aan die begin van Februarie uit om daagliks jou oë op Jesus te vestig en tyd met God ‘n gewoonte te maak, deur aan te sluit by die 21-dae Uitdaging.

Kry die 21-Dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Kom — laat die uitdaging begin!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans