Die 21-dae Uitdaging begin binnekort!

21-dae Uitdaging

Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

HEBREËRS 12:1-2

Januarie is gewoonlik die tyd wanneer ons weer ons lewens in oënskou neem en ons harte voorberei vir wat God volgende gaan doen. As die toekoms egter steeds onseker voel, kan ons in die versoeking kom om ons goeie gewoontes en langtermyn doelwitte te verslap.

Dit waarop ons ons gedagtes vestig, het ‘n invloed op ons vermoë om deur lang tydperke staande te bly — daarom maak dit saak dat ons ons dryfkrag behou om Jesus passievol te volg.

Wanneer jy God se wil vir jou lewe soek, sal jou lewe mettertyd sy karakter weerspieël. Daag jouself dus gedurende Februarie uit om tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte te maak, deur die 21-dae Uitdaging te voltooi.

Amptelike Reëls

Die 21-dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2021 en duur die hele maand.

Maak seker dat alles afgemerk is

Kry die 21-dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Druk op die knoppie hieronder om leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.

Kies Jou Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans