Die 2022 Kersfees Uitdaging is hier!

Kersfees Uitdaging Kenteken

Met soveel wat om ons aangaan, kan ons dikwels uit die oog verloor hoekom ons Kersfees vier.

Staan hierdie jaar tyd af om na te dink oor Jesus se geboorte deur by mense regoor die wêreld aan te sluit terwyl hulle met die Kersfees Uitdaging nader aan God kom.

Voltooi net enige Kersfees- of Adventleesplan in Desember, en jy sal die 2022 Kersfees Uitdaging Kenteken verwerf!

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Vier Advent met hierdie leesplanne.

Kers

Advent is ‘n geleentheid om ons harte voor te berei vir die viering van Jesus se geboorte. Dit is ‘n tyd wat gekenmerk word met herinneringe aan alles wat God gedoen het en afwagting vir alles wat Hy gaan doen.

Dit maak nie saak wat jy gedurende hierdie tydperk voel nie, jy kan rus vind in die gawe van Immanuel, “God by ons.”

Dink na oor die hoop, vrede, liefde en vreugde van Jesus se geboorte met hierdie Advent-leesplanne.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Waar vind jy jou waarde?

Silhoeët van persoon met sonsondergang oor water in agtergrond

Of dit nou werk, verhoudinge of prestasie is, ons vind dikwels ons waarde in die dinge en mense om ons.

Wat gebeur egter wanneer daardie dinge ons in die steek laat?

Wanneer ons in Jesus glo, gee Hy ons ‘n nuwe identiteit.

Wie Hy sê ons is, verander nooit nie.

Ontdek met hierdie leesplanne wat die Skrif sê oor wie ons in Christus is.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Kom ons praat oor angs.

Persoon wat sit

Of dit nou finansiële probleme, ‘n gespanne verhouding of ‘n oorweldigende werklading is, angs vind ‘n manier om in ons lewens in te kruip.

Dit is nie iets om oor skaam te voel nie — maar jy is ook nie bedoel om daarin te bly sit nie.

God belowe om sy-aan-sy met ons te loop en ons laste te verlig. Laat Hom toe om jou deur hierdie leesplanne met sy vrede te vul.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

“Waar is God as ek alleen voel?”

Persoon wat na water kyk

Selfs wanneer jy alleen voel, is God steeds by jou.

As God naby is, hoekom voel jy nie sy teenwoordigheid of het jy nie sy vrede nie?

Elia was ‘n getroue dienaar van God, tog het hy met eensaamheid geworstel. Nadat hy die valse profete van Baäl verslaan het, was hy bang en het in ‘n grot weggekruip, oorwonne en heeltemal alleen.

Maar, God het hom nie verlaat nie.

As God ver voel, is hier drie wenke oor sy karakter uit Elia se verhaal.

  1. Jy kan eerlik met God wees oor hoe jy voel.

    God het aan Elia verskyn en gevra: “Wat maak jy hier?”

    Elia het geantwoord: “Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”

    Elia was eerlik met God. Hy was bang om sy lewe te verloor en het getwyfel of God sy situasie ten goede kon gebruik.

    Maar sy eerlikheid het God nie bang gemaak of beledig nie.

    Soos ‘n goeie vriend het God Elia nie in sy nood verlaat nie. Dieselfde geld vir jou. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

  2. Selfs wanneer jy Hom nie voel nie, is God altyd by jou.

    Elia se lewe was in gevaar, daarom het hy die enigste ding gedoen waaraan hy kon dink — weggekruip.

    Wanneer ons bang is, kan ons vergeet van God se belofte om by ons te wees, en maak ons op ons eie krag staat om te oorleef.

    Selfs wanneer ons God se belofte vergeet, herinner Hy ons daaraan dat Hy naby is.

    God het vir Elia gesê om op die berg te staan. ’n Kragtige wind het die berg uitmekaar geruk. Na die wind, was daar ‘n aardbewing. Na die aardbewing het ‘n brand gevolg.

    Maar God was nie in die wind, aardbewing of vuur nie.

    Na die brand was daar ‘n sagte fluistering. Dit was in daardie oomblik dat Elia dadelik geweet het God is by hom.

    Ons soek dikwels na God in die groot oomblikke in ons lewens, maar Hy is ook in die stilte.

  3. God openbaar wat jy nie kan sien nie.

    Elia was oortuig hy is die enigste een wat nog in God glo.

    God het egter geopenbaar dat daar nog 7 000 in Israel was wat nie in aanbidding voor Baäl gebuig het nie.

    Elia het gevoel asof hy die enigste een was, maar God het hom daaraan herinner dat dit nie so was nie.

    Eensaamheid ontstaan nie altyd wanneer jy alleen is nie. Dit kan ook ontstaan as jy dink jy is alleen.

Soos Elia, is jy dalk op ‘n plek waar jy afgesonder, verlate of vergete voel.

Onthou net, jy hoef God nie te voel om te weet dat Hy naby is nie. God is altyd by jou.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post: