Kom ons praat oor angs.

Persoon wat sit

Of dit nou finansiële probleme, ‘n gespanne verhouding of ‘n oorweldigende werklading is, angs vind ‘n manier om in ons lewens in te kruip.

Dit is nie iets om oor skaam te voel nie — maar jy is ook nie bedoel om daarin te bly sit nie.

God belowe om sy-aan-sy met ons te loop en ons laste te verlig. Laat Hom toe om jou deur hierdie leesplanne met sy vrede te vul.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

“Waar is God as ek alleen voel?”

Persoon wat na water kyk

Selfs wanneer jy alleen voel, is God steeds by jou.

As God naby is, hoekom voel jy nie sy teenwoordigheid of het jy nie sy vrede nie?

Elia was ‘n getroue dienaar van God, tog het hy met eensaamheid geworstel. Nadat hy die valse profete van Baäl verslaan het, was hy bang en het in ‘n grot weggekruip, oorwonne en heeltemal alleen.

Maar, God het hom nie verlaat nie.

As God ver voel, is hier drie wenke oor sy karakter uit Elia se verhaal.

  1. Jy kan eerlik met God wees oor hoe jy voel.

    God het aan Elia verskyn en gevra: “Wat maak jy hier?”

    Elia het geantwoord: “Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”

    Elia was eerlik met God. Hy was bang om sy lewe te verloor en het getwyfel of God sy situasie ten goede kon gebruik.

    Maar sy eerlikheid het God nie bang gemaak of beledig nie.

    Soos ‘n goeie vriend het God Elia nie in sy nood verlaat nie. Dieselfde geld vir jou. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

  2. Selfs wanneer jy Hom nie voel nie, is God altyd by jou.

    Elia se lewe was in gevaar, daarom het hy die enigste ding gedoen waaraan hy kon dink — weggekruip.

    Wanneer ons bang is, kan ons vergeet van God se belofte om by ons te wees, en maak ons op ons eie krag staat om te oorleef.

    Selfs wanneer ons God se belofte vergeet, herinner Hy ons daaraan dat Hy naby is.

    God het vir Elia gesê om op die berg te staan. ’n Kragtige wind het die berg uitmekaar geruk. Na die wind, was daar ‘n aardbewing. Na die aardbewing het ‘n brand gevolg.

    Maar God was nie in die wind, aardbewing of vuur nie.

    Na die brand was daar ‘n sagte fluistering. Dit was in daardie oomblik dat Elia dadelik geweet het God is by hom.

    Ons soek dikwels na God in die groot oomblikke in ons lewens, maar Hy is ook in die stilte.

  3. God openbaar wat jy nie kan sien nie.

    Elia was oortuig hy is die enigste een wat nog in God glo.

    God het egter geopenbaar dat daar nog 7 000 in Israel was wat nie in aanbidding voor Baäl gebuig het nie.

    Elia het gevoel asof hy die enigste een was, maar God het hom daaraan herinner dat dit nie so was nie.

    Eensaamheid ontstaan nie altyd wanneer jy alleen is nie. Dit kan ook ontstaan as jy dink jy is alleen.

Soos Elia, is jy dalk op ‘n plek waar jy afgesonder, verlate of vergete voel.

Onthou net, jy hoef God nie te voel om te weet dat Hy naby is nie. God is altyd by jou.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat beteken dit?

Persoon wat foon gebruik

Lees jy ooit verse in die Bybel verskeie kere en probeer verstaan wat dit beteken?

Leesplanne is ‘n goeie manier om jou die Bybel te help verstaan en in jou geloof te groei.

En wanneer ons fondament in die Woord van God gevestig is, word ons geloof sterker, wat elke aspek van ons lewens vernuwe.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wie word jy?

Iemand wat deur 'n venster kyk

Die besluite wat jy vandag neem, beïnvloed wie jy word.

Wanneer jy kies om Jesus te volg, word jy nuut gemaak en na sy beeld gevorm.

“Daarom — iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!”

2 KORINTIËRS 5:17

Ontwikkel geestelike gewoontes met hierdie leesplanne om elke dag meer soos Jesus te word.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hier is iets wat die moeite werd is om te vier

Iemand wat feesvier

Die uitslae is bekendgemaak …

Vanjaar het meer as 900 000 lede van ons wêreldwye gemeenskap die 2022 Halfjaarlikse Uitdaging Kenteken verwerf, deur meer as 5 000 000 planne te voltooi.

Kenteken van die Halfjaarlikse Uitdaging

Statistieke is betekenisvol, maar wat meer saak maak is die verhaal daaragter. Daardie getalle verteenwoordig mense, regoor die wêreld, wat nader aan God groei.

Dit is nou die tyd om voort te gaan om jou Bybelgewoonte vas te lê, al het jy nie die Uitdaging voltooi nie.

Kyk na hierdie drie funksies:

Verdien nog kentekens

Kentekens

Motiveer jouself deur hierdie haalbare doelwitte te stel … en hulle een vir een aan te pak. Maak die Bybeltoep oop, skep ‘n rekening en druk op “Meer” om te begin.


Soek jou volgende leesplan

Leesplanne

Ontdek wat die Bybel sê, van angs tot finansiering, met hierdie daaglikse oordenkings.

Blaai deur Leesplanne >


Stel daaglikse herinneringe op

Herinneringe

Om aan te gaan om ‘n gereelde Bybelgewoonte te ontwikkel, kan jy daaglikse herinneringe opstel vir funksies soos leesplanne en Vers-van-die-dag.

Stel ‘n Herinnering op >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos