Watter voorbereidings tref jy vir Paasfees?

Sonsopkoms oor berg

Jy is uitgenooi

Wanneer jy aan Lydenstyd dink, watter woorde kom by jou op? Selfdissipline? Opoffering? Plig?

Lydenstyd begin vandag en is ‘n tydperk van 40 dae wat tot Paasfees lei. Skep vir God ruimte in hierdie tyd. Elke jaar kies miljoene Christene om Jesus eerste te stel deur dinge prys te gee.

Lydenstyd mag na ‘n verpligting lyk, maar dit is eintlik ‘n uitnodiging. Dit gaan daaroor om onsself dinge te ontsê sodat ons kan leer om in God se leiding, rus en genade te wandel.

Skep tussen nou en Paassondag ruimte vir wat die belangrikste is. Bring elke dag ‘n paar minute saam met God deur. Wees verseker dat miljoene mense by jou sal aansluit om Jesus eerste te stel.

Kies ‘n Lydenstyd Leesplan:

Nog Lydenstyd Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die 21-Dae Uitdaging Begin op 1 Februarie!

21-Dae Uitdaging

Hoe anders sal jou lewe wees as jy hierdie jaar tyd saam met God ‘n daaglikse gewoonte maak?

Stel jou voor hoe jou geloof, verhoudinge en geestesgesondheid oor die volgende jaar sal ontwikkel omdat jy doelgerig gekies het om God vandag na te streef.

Rig jou oë op Jesus met die 21-Dae Uitdaging wat op 1 Februarie begin. Voltooi een Leesplandag op enige 21 dae gedurende die maand om ‘n eksklusiewe Kenteken te verwerf.

Vind uit hoe 21 dae jou lewe kan verander, net soos miljoene ander regoor die wêreld wat die uitdaging aangepak het.

Die resensies is hier …

“Dit het my geestelike lewe na ‘n ander vlak geneem.”

Crystal, Verenigde State van Amerika

“Dit het my gehelp om my verhouding
met God te herontdek.”

Faith, Nigerië

“Dit het my gehelp om enige tyd van die dag te studeer.”

Dianah, Verenigde Koninkryk

“Dit het my laat besef dat ek
vir soveel meer gemaak is.”

Meredith, Verenigde State

Is jy gereed om die uitdaging te aanvaar?

1

Kies ‘n leesplan om mee te begin. Dit is in orde as dit korter as 21 dae is. Jy kan ‘n paar leesplanne lees wat in totaal 21 dae is, of jy kan ‘n langer leesplan kies.

2

Begin op 1 Februarie en voltooi ten minste een leesplandag vir ten minste 21 dae gedurende die maand. Leesplandae hoef nie opeenvolgend voltooi te word nie.

3

Verwerf ‘n eksklusiewe Kenteken as ‘n beloning vir jou konsekwentheid.

21-Dae Uitdaging Kenteken

Begin met een van hierdie
aanbevole leesplanne:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Is jy gereed vir ‘n nuwe begin?

2022

Elke jaar hoop ons dinge sal anders wees …

Wanneer die almanak na Januarie toe verander, word ons met hoop gevul dat hierdie jaar anders gaan wees, dat dinge beter gaan wees.

God maak ons nie net beter nie, Hy maak ons nuut!

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!

2 KORINTIËRS 5:17

Dit maak nie saak hoeveel veranderinge ons aanbring nie, niks sal soveel resultate oplewer soos wanneer ons Jesus doelbewus navolg en Hom toelaat om ons te herskep nie.

Kies hierdie jaar om ‘n blywende verandering te maak deur op ‘n gereelde basis deur sy Woord, nader aan God te kom. Begin nou deur een van die leesplanne hieronder te kies:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die 2021 Kersfees Uitdaging is hier!

Kenteken vir die Kersfees Uitdaging

Maak die 2021 Kersfees Uitdaging oop

So dikwels kan dit wat rondom ons aangaan, ons aandag maklik aflei van wat God in ons wil doen terwyl ons Jesus se geboorte vier.

Maar wat as hierdie Kersfees anders kan wees?

Wat as jy die warboel van aktiwiteite vir God se vrede kan verruil? Of angs vir vreugde ruil? Wat as jy deel kan wees van ‘n wêreldwye beweging wat hierdie vakansietyd God se liefde uitstort?

Wanneer jy aan die Kersfees Uitdaging deelneem, sluit jy by die YouVersion-gemeenskap aan terwyl ons ons harte op die ware betekenis van Kersfees instel.

Voltooi net enige Kersfees- of Adventleesplan in Desember, en jy sal die 2021 Kersfees Uitdaging Kenteken verwerf!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Goeie nuus van groot vreugde is op pad

Advent

Jy wil dit nie misloop nie …

Fokus hierdie Kersfees op wat die belangrikste is.

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

1 JOHANNES 4:9

Voel jy ooit dat die vakansiedae kom en gaan voordat jy eens ‘n kans gehad het om op die ware rede vir die Kerstyd te fokus?

Moenie hierdie jaar die oomblikke misloop wat Kersfees vooruitgaan nie.

Advent begin vandag, en dit is ‘n goeie manier om ons harte voor te berei om ons Verlosser se geboorte te vier, deur na te dink oor die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Jesus aan die wêreld gebring het. Begin deur ‘n Adventleesplan te voltooi:

Nog Adventleesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos