Is jy gereed vir ‘n nuwe begin?

2022

Elke jaar hoop ons dinge sal anders wees …

Wanneer die almanak na Januarie toe verander, word ons met hoop gevul dat hierdie jaar anders gaan wees, dat dinge beter gaan wees.

God maak ons nie net beter nie, Hy maak ons nuut!

Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!

2 KORINTIËRS 5:17

Dit maak nie saak hoeveel veranderinge ons aanbring nie, niks sal soveel resultate oplewer soos wanneer ons Jesus doelbewus navolg en Hom toelaat om ons te herskep nie.

Kies hierdie jaar om ‘n blywende verandering te maak deur op ‘n gereelde basis deur sy Woord, nader aan God te kom. Begin nou deur een van die leesplanne hieronder te kies:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Die 2021 Kersfees Uitdaging is hier!

Kenteken vir die Kersfees Uitdaging

Maak die 2021 Kersfees Uitdaging oop

So dikwels kan dit wat rondom ons aangaan, ons aandag maklik aflei van wat God in ons wil doen terwyl ons Jesus se geboorte vier.

Maar wat as hierdie Kersfees anders kan wees?

Wat as jy die warboel van aktiwiteite vir God se vrede kan verruil? Of angs vir vreugde ruil? Wat as jy deel kan wees van ‘n wêreldwye beweging wat hierdie vakansietyd God se liefde uitstort?

Wanneer jy aan die Kersfees Uitdaging deelneem, sluit jy by die YouVersion-gemeenskap aan terwyl ons ons harte op die ware betekenis van Kersfees instel.

Voltooi net enige Kersfees- of Adventleesplan in Desember, en jy sal die 2021 Kersfees Uitdaging Kenteken verwerf!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Goeie nuus van groot vreugde is op pad

Advent

Jy wil dit nie misloop nie …

Fokus hierdie Kersfees op wat die belangrikste is.

Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê.

1 JOHANNES 4:9

Voel jy ooit dat die vakansiedae kom en gaan voordat jy eens ‘n kans gehad het om op die ware rede vir die Kerstyd te fokus?

Moenie hierdie jaar die oomblikke misloop wat Kersfees vooruitgaan nie.

Advent begin vandag, en dit is ‘n goeie manier om ons harte voor te berei om ons Verlosser se geboorte te vier, deur na te dink oor die hoop, vrede, liefde en vreugde wat Jesus aan die wêreld gebring het. Begin deur ‘n Adventleesplan te voltooi:

Nog Adventleesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Voltooi ‘n spesiale leesplan en verwerf ‘n Kenteken!

Die Bybel is Lewendig Leesplan Kenteken

Ontdek hoe die Bybel lewendig is.

Die God wat die heelal geskep het, blaas nuwe lewe in die wêreld deur die krag van sy Woord. En God se Woord is lewendig en aktief omdat ons God lewendig en aktief is.

Die Bybel vorm die YouVersion-gemeenskap, en hierdie maand nader ons ‘n groot mylpaal. Aangesien YouVersion naby 500 miljoen installasies is, besin ons wêreldgemeenskap oor wat God tot dusver gedoen het.

Sluit aan by die wêreldwye viering deur YouVersion se nuwe 7-dag Die Bybel is Lewendig leesplan te voltooi, en ontdek hoe God die Skrif gebruik om lewens regoor die wêreld te verander. Kom ons vier hoe die Bybel die geskiedenis herskep het.

Voltooi hierdie leesplan gedurende November, en verdien ook Die Bybel is Lewendig se eenmalige Kenteken.

Die Bybel is Lewendig Leesplan Kenteken

Begin Leesplan

Share this post:

Ontdek God se visie vir jou lewe

Persoon wat na berge kyk

Jy is hiervoor geskape.

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

JESAJA 6:8

Wens jy ooit dat jy deel was van iets meer? Ons wil almal hê dat ons lewens betekenisvol moet wees, maar ondanks ons beste pogings, is dit maklik om onbevredig te voel en nie ‘n impak te hê nie.

Wat sou gebeur as ons in vennootskap met God kan gaan om doelgerig te lewe? Wat sou gebeur as ons God vra om ons te gebruik in plaas daarvan dat ons vir Hom vra om iets vir ons te doen?

Om God vir leiding te vra kan moeilik voorkom, maar Hy is altyd beskikbaar om leiding te gee. Een manier om God se visie vir jou lewe te ontdek, is om Hom elke dag doelbewus deur sy Woord te soek.

Is jy gereed om jou doel na te streef? Begin met ‘n leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post: