Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik

4  
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5  
Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6  
Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

7  
Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8  
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

9  
Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik

10  
maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

11  
Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.

12  
Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

13  
En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

1 Corinthians 13 in Afrikaans

1 Corinthians 13 in English

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Thai Oekraïnies Viëtnamees