Ons is op die punt om ‘n GROOT mylpaal te bereik!

Die Bybel is LEWENDIG

Iets wonderbaarlik
gebeur nou …

Installeer 'n teller in die Bybeltoep

YouVersion is op koers om binnekort 500 000 000 toep installasies te bereik.

Gedurende die afgelope 13 jaar het ons gesien hoe God meer deur YouVersion doen as wat ons kon vra, dink of ons verbeel.

Toe die Toepwinkel in 2008 bekendgestel is, was YouVersion van die eerste 200 beskikbare toeps. Gedurende daardie eerste naweek het 83 000 mense die Bybel op hul toestelle geïnstalleer. Nou het ‘n gemeenskap van 83 000, wat die toep binne een naweek afgelaai het, byna ‘n halfmiljard bereik.

Hierdie getal verteenwoordig mense regoor die wêreld — uit verskillende volke, wat verskillende tale praat — wat aktief nader aan God kom deur sy Woord. En jy is een van hulle.


Die Bybel Toep Embleem

Vier die Woord van
God in aksie.

Terwyl ons hierdie mylpaal teen die middel van November nader, nooi ons die gemeenskap uit om saam met ons te vier dat die Bybel lewendig is. As jy YouVersion nou oopmaak, sal jy ‘n teller sien wat ons vordering tot by 500 miljoen intydse installasies volg. Wanneer jy die teller sien, dink wat daardie getal verteenwoordig. Dink ook na oor wat God deur sy Woord bereik het en vier sy getrouheid.


Kyk hoe die Bybel lewendig is

Gedurende die komende paar weke vier ons hierdie geskiedkundige oomblik — en ons wil hê jy moet by ons aansluit!

Kom ons begin die viering deur na hierdie spesiale video te kyk wat mense uitbeeld wie se lewens deur die Woord van God verander is.

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies jou taal.)


Wil jy ‘n kenteken verwerf?

Terwyl ons tot by 500 miljoen aftel, kom sluit by die viering aan deur die YouVersion toep met ‘n vriend te deel!

Wanneer jy die YouVersion toep van binne die toep deel, sal jy die Deel YouVersion Kenteken verwerf.

Deel YouVersion kenteken

Deel YouVersion

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees