Berei jou hart voor vir Immanuel.

Kersfees kers

Is jy gereed vir Kersfees?

Kan jy glo dis amper hier? Maak dit jou opgewonde? Nostalgies? Angstig? In die bedrywigheid van die vakansieseisoen is dit maklik om die rede waarom ons feesvier te vergeet: die geskenk van Immanuel, “God met ons.”

Advent begin vandag, 2 Desember, dit gee ons vier weke voor Kersfees om te reflekteer oor iets waarlik wonderlik: die wonderwerk van God wat besluit het om die wêreld in menslike vorm te betree! Ons het hierdie Leesplanne gekies om jou te help om jou hart en jou verstand voor te berei met Bybelse waarhede oor wie Jesus is en wat Sy offer vandag vir ons lewens beteken:

Ek Wag Hier vir U, 'n Adventreis van Hoop
Die Hoop Van Kersfees
Advent: Christus Kom!
Vreugde! vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot Kersfees

Kyk Na Meer Leesplanne

Laat jou lig skyn op hierdie #DonasieDinsdag

#DonasieDinsdag

Daar is meer as 7 miljard mense op hierdie planeet. Wat kan jy doen om die wêreld ‘n beter plek te maak?

Gee jouself aan iets groter.

Vandag is Gee Dinsdag, ‘n sosiale beweging waar mense hul tyd, geld of invloed gee aan ‘n doel waaroor hulle passievol voel. Gee Dinsdag is ‘n goeie geleentheid om die impak wat jou lewe kan hê, te vergroot: ​​inspireer ander om saam met jou deel te vorm van hierdie aksie.

Ons help alreeds mense oor die hele wêreld om met die lewensveranderende krag van God se Woord te verbind. Die Bybel Toep is gratis, en is in elke land op aarde geïnstalleer, op meer as 350 miljoen unieke toestelle. Maar dit is maar net die begin.

Sluit by die wêreldwye YouVersion-gemeenskap aan in ons poging om ‘n positiewe impak op ons generasie en toekomstige generasies te maak.

Deel dan jou verhaal op sosiale media met ander mense. Moedig jou vriende en familie aan om by jou aan te sluit met die hutsteken #DonasieDinsdag. Kom ons doen dit saam:

Gee Nou

Haai daar, wat doen jou vanmiddag twaalfuur?

Internasionale Dag van die Bybel

Sluit aan by die #BibleCelebration!

Vandag is Internasionale Dag van die Bybel, die dag wat deur Christene oor die hele wêreld uitgesit is om saam met vriende ‘n oomblik gedeeltes uit die Bybel te lees of daarna te luister. Waar jy ookal vanmiddag twaalfuur (plaaslike tyd) is, hoop ons jy sal deelneem.

En Versprei die Woord.

Kies een van die volgende maniere om jou vriende uit te nooi om by jou aan te sluit om hierdie spesiale dag te vier:

Versbeeld - Habakuk 2:14
Bybel Toep se Embleem
Leesplanne

As jy op sosiale media deel, gebruik die hashtag #BibleCelebration.


Leer Meer

Internasionale Dag van die Bybel se Embleem

Instagram Facebook Twitter

www.internationaldayofthebible.org

#BibleCelebration

Aankondiging van die Wenners van YouVersion se 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Ons het jou twee weke gelede genooi om by ons Half-Jaarlikse Uitdaging aan te sluit. As jy 7 agtereenvolgende dae voltooi het: Uitstekende werk! Gedurende die volgende paar dae gaan jou Half-Jaarlikse Uitdaging Medalje toegeken word:

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Om jou Medaljes te sien, gaan na jou profiel en kies Medaljes. Moenie paniekerig raak as jy nie jou 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Medaljes sien nie! 😊 Die aflewering van medaljes mag ‘n paar dae neem.


Groot Prys Wenner

Gebruikers wat tussen 8 en 21 Julie ten minste sewe agtereenvolgende dae die daaglikse Bybelplan leesgedeeltes voltooi het, is in ‘n ewekansige trekking vir ons groot prys ingeskryf: ‘n T-hemp, plakkerpak, beker en ‘n Google Home Mini! Die uitslag is hier, en die gelukkige wenner is…

BILL M.

Veels geluk aan Bill! 🎉


Ontdek Planne en behou jou Bybellees lopie.

Ons vertrou dat die tyd wat jy tydens hierdie uitdaging met God se Woord besig was, jou nader aan hom getrek het. En ons hoop elke dag het jou gehelp om ‘n verkwikkende daaglikse Bybel roetine te vestig. Die statistieke van vorige uitdagings is duidelik: indien jy oor ‘n paar weke ‘n daaglikse gewoonte gevorm het, kan die momentum jou help om die Bybel in die toekoms gereeld te lees.

Deur middel van kort Daaglikse Planne, een week op ‘n slag, sal ons jou help om jou doel te bereik. Ons bied duisende Planne aan, wat ‘n wye verskeidenheid onderwerpe dek – terwyl nog Planne deurgaans bygevoeg word.

Ontdek Planne


die Bybel Toep kenteken

Die Bybel App

Indien jy al ooit gesukkel het om die Bybel te verstaan ​​omdat jy gedink het dit is ingewikkeld, of omdat jy nie sien hoe dit op jou van toepassing is nie, het ons die Bybel App vir jou ontwikkel. Die Bybel App help jou om die Bybel teen jou eie tempo, alleen of selfs nog beter, met vriende te verken. Bybelplanne bied jou die Skrif in die vorm van kort, daaglikse stukkies, saam met klank, video of teks, sodat jy dit beter kan verstaan, oor die betekenis daarvan kan besin en hierdie waarhede in jou eie lewe kan toepas. Dit is maklik en pret om deur Planne te blaai. Daar is ook duisende planne om te verken (en deurgaans word nog bygevoeg), en jy sal altyd iets nuuts ontdek. Soek na ‘n weergawe van die Bybel (of verskeie) waardeur God se Woord vir jou regtig insigte bring: ons bied meer as 1700 weergawes in meer as 1200 tale. En jy kan ons klank Bybels probeer indien jy luister bo lees verkies.

Sluit met jou slimfoon of tablet by God se Woord aan, of aanlyn by Bible.com.

Laai die Bybel App af

Laat die volgende 7 dae tel🏅

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Dit is die laaste dag om aan te sluit!

As jy reeds met die Half-Jaarlikse Uitdaging begin het, dan weet jy watter positiewe impak dit het om God se Woord elke dag in jou lewe te hê. Hou aan!

Nog nie begin nie? Geen probleem. Lees ten minste elke dag een dag van ‘n Bybel Plan vir die volgende 7 dae, dan sal jy jou 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken verdien. Begin die Uitdaging vandag en nooi vriende uit om dit saam met jou te doen!

1 Sien ons blog vir besonderhede en amptelike reëls.


Nog steeds op soek na ‘n plan?

Johannes
Wysheid
Handelinge Van Bekering
Geloof

Verken Planne