Hoe om op te hou om keuses te maak waaroor jy spyt is …

Persoon wat hande in die hare sit

“Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.”

ROMEINE 7:18-19

Dink terug aan ‘n keuse wat jy onlangs gemaak het, wat God nie geëer het nie. Dalk het die keuses op daardie tydstip prettig gevoel, of miskien het jy nie geweet hoe om “nee” te sê nie. Dalk het jy net vasgevang of moeg gevoel en het jy geen alternatiewe gesien nie. Ons almal het dinge gedoen wat swaar op ons druk en ons laat wonder: “Hoekom doen ek wat ek weet verkeerd is?”

Die wêreld moedig ons aan om “ons instink te volg”, maar ons gevoelens kan ons so maklik mislei om dinge te doen wat nie in ooreenstemming met God se wil is nie. Maar met God se hulp kan ons daardie kringlope breek wat veroorsaak dat ons verkeerde besluite neem.

Wat is sonde?

Toe Adam en Eva besluit het om iets “goeds”, anders as God, na te volg, het hulle besluit daartoe gelei dat sonde in die wêreld gekom het. In die Skrif word sonde dikwels beskryf as ‘n aksie wat die doel mis wat God vir ons in gedagte het: leef ‘n lewe waar jy God en ander liefhet.

Alhoewel daar algemene aktiwiteite is wat God oneer aandoen, is daar ook klein aksies van ongehoorsaamheid wat ons van Hom af wegtrek. Die apostel Jakobus het as volg geskryf: “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde..”

Met ander woorde, as jy weet wat God vir jou vra om te doen en jy nogtans besluit om ongehoorsaam te wees, ondermyn jy God se outoriteit in jou lewe. Sonde verlei ons omdat dit selfbevredigend is, maar dit lei tot ‘n ewige skeiding van God en ander.

Hoe kan ons verander?

Terwyl ons nog sondaars was het Jesus vir ons kom sterf. Sy vrywillige offer en skeiding van God het tot ons versoening met Hom gelei. Dis nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat God dit altyd begeer het. God wil ons help om te verander, want Hy weet ons kan nie die sonde op ons eie oorwin nie.

As jy nog nie vir Jesus ken nie, is die eerste stap om sonde te oorkom, om Hom te nooi om jou lewe te herskep.

As jy egter alreeds aan Jesus behoort, het Hy jou die genade, krag en vergifnis gegee wat jy nodig het om ‘n lewe te leef wat Hom eer. Wanneer jy dus keuses maak waaroor jy later spyt is, kan jy hierdie praktiese stappe neem:

  1. Hou aan om elke dag nader aan God te kom.

  2. Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe meer sal jy Hom eer en sy wil doen en sal sonde nie meer so aanloklik wees nie. Mettertyd sal God jou denke, en die manier hoe jy oor dinge dink, herskep.

    Probeer om hierdie week elke dag 15 minute saam met God deur te bring en kyk wat dan gebeur. Gebed is ‘n goeie plek om mee te begin.

  3. Maak kontak met jou gemeenskap.

  4. Ons is nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie — ons is geskape om mekaar op te bou. Die mense om jou sal jou besluite beïnvloed. Oorweeg dit om sommige mense, wat jy ken en respekteer — aanlyn of persoonlik — te vra om saam met jou tot God te nader.

    Probeer om ‘n Leesplan saam met Vriende te begin.

  5. Vra God om jou hart te deurgrond.

  6. Ons kan slegs verander as ons God toelaat om ons te verander. Oorweeg om die volgende gebed in die YouVersion toep te stoor en vra God elke dag om jou te herskep:

Hemelse Vader,

Ek wil nie deel hê aan slegte gewoontes en swak besluite wat nie tot ‘n oorvloedige lewe lei nie. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Ek wil my denke vernuwe sodat ek u wil vir my kan ken en daarvolgens lewe. Hier is ek, Here. Ek gee my hart aan U oor — ek behoort aan U.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees