Is daar ‘n Bybel in jou taal?

Aardbol

BYBEL
VIR
ALMAL

God se woorde is lewendig en aktief en besit die krag om lewens te verander. Die lig breek deur die duisternis wanneer Hy praat. Die oue word nuut as God praat.

Hoe vorm die Woord van God jou?

Daar is miljoene mense wat YouVersion gebruik om God deur sy Woord te soek. Elke keer as jy die toep oopmaak het jy ‘n geleentheid om God in ‘n taal te hoor wat jy verstaan — ‘n taal wat met jou praat.

… Maar wat as jy nie kan nie?

Op hierdie oomblik is daar meer as 2 500 Bybelweergawes in meer as 1 700 tale in YouVersion beskikbaar …

Tog is daar nog steeds duisende tale wat vertaal moet word.

Hoe anders sou jou lewe wees as daar geen Bybelweergawes in jou taal beskikbaar was nie?

Op hierdie oomblik is byna ‘n miljard mense in staat om met hul moeders, vaders, broers en susters en bure, in hulle taal te praat … maar hulle het nog nooit ervaar hoe God deur sy Woord in hul eie taal met hulle praat nie.

Die Bybel bestaan glad nie in hulle hartstaal nie. Dink net wat in hulle gesinne, gemeenskappe en lande kan gebeur as dit sou verander.

Help om iemand se toekoms te vorm.

Op hierdie oomblik is daar ‘n beweging van mense wat daartoe verbind is om ons te help om die Bybel teen 2033 by almal te kry en jy kan ons help om hierdie doel te bereik.

Ons visie
vir 2033

95% van die wêreldbevolking
sal ‘n volledige Bybel hê

99,9% sal ten minste
die Nuwe Testament hê

100% sal ten minste
‘n gedeelte van die Skrif hê

Kom ons kry die Bybel by almal.

As jy aan die Bybel vir Almal gee, help jy ons wêreldwye Bybelvennote om die Skrif in elke taal te vertaal. Sodra ‘n nuwe weergawe voltooi is, kan ons dit byna onmiddellik regoor die wêreld aan die hele YouVersion Gemeenskap beskikbaar stel.

Ons visie is dat almal teen 2033 toegang het tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif — maar wat as God meer wil doen as wat ons ons kan voorstel? Wat as ons hierdie doel gouer kan bereik? Wat as God jou wil gebruik?

Sal jy by ons aansluit?

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

‘n Gebed vir Christenleiers

Mense wat op rotsformasies staan en na sonsondergang kyk

Wie kan jy vandag eer?

Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys.

1 TESSALONISENSE 5:12

As jy aan ‘n geestelike leier dink wat ‘n positiewe impak in jou lewe gehad het, aan wie dink jy? Dalk is dit ‘n kerkleier. Miskien is dit ‘n mentor wat jou geïnspireer het. Of dalk ‘n vriend of familielid wat gehelp het om jou geloof te versterk.

Hoe sou lewe lyk as hulle nie deel daarvan was nie?

Die afgelope paar jare was uitdagend vir Christenleiers regoor die wêreld. Alles wat ons moes deurmaak, moes hulle ook deurmaak — maar hulle het ook die las van mense net soos  ons gedra.

Wat sou gebeur as miljoene mense regoor die wêreldwye YouVersion Gemeenskap toegewyd bid vir die mense wat ons aangemoedig het?

Kom ons vind uit.

Kom ons eer die mense deur wie ons onbaatsugtig gedien word, deur saam vir hulle te bid.

‘n Gebed vir Christenleiers

Vader,

dankie dat u Christenleiers in my lewe geplaas het wat U liefhet en vir my omgee. Ek is gevorm deur hul wysheid, deernis, vriendelikheid en onbaatsugtige liefde.

Vandag vra ek dat U my sal wys hoe ek hierdie leiers kan seën, net soos hulle my geseën het. Laat my dankbaarheid hulle daaraan herinner dat hulle gesien, gewaardeer en geken word.

Moedig hulle aan as hulle uitgeput voel en hernu hul krag wanneer hulle oorweldig word. Gee rus aan diegene wat dit nodig het, en herinner hulle aan u beloftes. Seën hulle families, versterk hulle bedieninge en brei hulle invloed uit — tot u verheerliking en hulle beswil.

In die Naam van Jesus,

amen.

Stoor Hierdie Gebed

Ontdek God se visie vir jou lewe

Persoon wat na berge kyk

Jy is hiervoor geskape.

Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

JESAJA 6:8

Wens jy ooit dat jy deel was van iets meer? Ons wil almal hê dat ons lewens betekenisvol moet wees, maar ondanks ons beste pogings, is dit maklik om onbevredig te voel en nie ‘n impak te hê nie.

Wat sou gebeur as ons in vennootskap met God kan gaan om doelgerig te lewe? Wat sou gebeur as ons God vra om ons te gebruik in plaas daarvan dat ons vir Hom vra om iets vir ons te doen?

Om God vir leiding te vra kan moeilik voorkom, maar Hy is altyd beskikbaar om leiding te gee. Een manier om God se visie vir jou lewe te ontdek, is om Hom elke dag doelbewus deur sy Woord te soek.

Is jy gereed om jou doel na te streef? Begin met ‘n leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hoe om op te hou om keuses te maak waaroor jy spyt is …

Persoon wat hande in die hare sit

“Ek weet immers dat die goeie nie in my woon nie, nie in my sondige aard nie. Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie, maar die slegte wat ek nie wil doen nie, dit doen ek.”

ROMEINE 7:18-19

Dink terug aan ‘n keuse wat jy onlangs gemaak het, wat God nie geëer het nie. Dalk het die keuses op daardie tydstip prettig gevoel, of miskien het jy nie geweet hoe om “nee” te sê nie. Dalk het jy net vasgevang of moeg gevoel en het jy geen alternatiewe gesien nie. Ons almal het dinge gedoen wat swaar op ons druk en ons laat wonder: “Hoekom doen ek wat ek weet verkeerd is?”

Die wêreld moedig ons aan om “ons instink te volg”, maar ons gevoelens kan ons so maklik mislei om dinge te doen wat nie in ooreenstemming met God se wil is nie. Maar met God se hulp kan ons daardie kringlope breek wat veroorsaak dat ons verkeerde besluite neem.

Wat is sonde?

Toe Adam en Eva besluit het om iets “goeds”, anders as God, na te volg, het hulle besluit daartoe gelei dat sonde in die wêreld gekom het. In die Skrif word sonde dikwels beskryf as ‘n aksie wat die doel mis wat God vir ons in gedagte het: leef ‘n lewe waar jy God en ander liefhet.

Alhoewel daar algemene aktiwiteite is wat God oneer aandoen, is daar ook klein aksies van ongehoorsaamheid wat ons van Hom af wegtrek. Die apostel Jakobus het as volg geskryf: “As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde..”

Met ander woorde, as jy weet wat God vir jou vra om te doen en jy nogtans besluit om ongehoorsaam te wees, ondermyn jy God se outoriteit in jou lewe. Sonde verlei ons omdat dit selfbevredigend is, maar dit lei tot ‘n ewige skeiding van God en ander.

Hoe kan ons verander?

Terwyl ons nog sondaars was het Jesus vir ons kom sterf. Sy vrywillige offer en skeiding van God het tot ons versoening met Hom gelei. Dis nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat God dit altyd begeer het. God wil ons help om te verander, want Hy weet ons kan nie die sonde op ons eie oorwin nie.

As jy nog nie vir Jesus ken nie, is die eerste stap om sonde te oorkom, om Hom te nooi om jou lewe te herskep.

As jy egter alreeds aan Jesus behoort, het Hy jou die genade, krag en vergifnis gegee wat jy nodig het om ‘n lewe te leef wat Hom eer. Wanneer jy dus keuses maak waaroor jy later spyt is, kan jy hierdie praktiese stappe neem:

  1. Hou aan om elke dag nader aan God te kom.

  2. Hoe meer tyd jy saam met God deurbring, hoe meer sal jy Hom eer en sy wil doen en sal sonde nie meer so aanloklik wees nie. Mettertyd sal God jou denke, en die manier hoe jy oor dinge dink, herskep.

    Probeer om hierdie week elke dag 15 minute saam met God deur te bring en kyk wat dan gebeur. Gebed is ‘n goeie plek om mee te begin.

  3. Maak kontak met jou gemeenskap.

  4. Ons is nie geskape om alleen deur die lewe te gaan nie — ons is geskape om mekaar op te bou. Die mense om jou sal jou besluite beïnvloed. Oorweeg dit om sommige mense, wat jy ken en respekteer — aanlyn of persoonlik — te vra om saam met jou tot God te nader.

    Probeer om ‘n Leesplan saam met Vriende te begin.

  5. Vra God om jou hart te deurgrond.

  6. Ons kan slegs verander as ons God toelaat om ons te verander. Oorweeg om die volgende gebed in die YouVersion toep te stoor en vra God elke dag om jou te herskep:

Hemelse Vader,

Ek wil nie deel hê aan slegte gewoontes en swak besluite wat nie tot ‘n oorvloedige lewe lei nie. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! Ek wil my denke vernuwe sodat ek u wil vir my kan ken en daarvolgens lewe. Hier is ek, Here. Ek gee my hart aan U oor — ek behoort aan U.

In die Naam van Jesus,
amen.

Stoor Gebed

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat kan God deur jou doen?

Persoon wat YouVersion op die foon gebruik met 'n wêreldkaart agtergrond

Hoe het God YouVersion gebruik om jou te bemoedig en uit te daag?

Ons het onlangs gesien hoe meer as 89 000 stedebinne een dag —versoeke vir meer as 109 miljoen Bybelhoofstukke gerig het.

Dink na oor wat dit beteken.

Op enige gegewe dag soek miljoene mense, regoor die wêreld, na God: mense in jou woonbuurt, in ontwikkelende lande en ook in plekke waar ‘n Bybel in harde kopie nie geredelik beskikbaar is nie.

Stel jou voor hoe God miljoene lewens verander, en stel jou dan voor hoe die wêreld kan verander as daardie getal verdubbel … of selfs verdriedubbel.

Dis maar net die begin.

Sulke getalle is slegs moontlik omdat God aktief deur die YouVersion gemeenskap werk — en ons weet Hy is nog nie klaar nie.

God is besig om iets te doen — jy kan deel daarvan wees.

As jy finansieel tot YouVersion bydra, ondersteun jy ‘n gemeenskap wat God gebruik om die wêreld te verander en dissipels te maak.

Moenie hierdie beweging van God misloop nie.

As ons God met ons geld vertrou, sien ons hoe Hy dit gebruik om oneindig meer te doen as wat ons kan vra, dink of ons kan voorstel. Kom ons help om sy kerk te bou, deur in sy koninkryk te belê.

Skenk Nou

Het jy al ‘n donasie aan YouVersion gegee?
Oorweeg om ‘n herhalende donasie op te stel.

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

EFESIËRS 3:20-21

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos