Dit is tyd vir die Kersfeesuitdaging …

Die kenteken van die Kersfeesuitdaging

Met so baie wat oral gebeur, kan ons dikwels die rede waarom ons Kersfees vier uit die oog verloor.

Oordink hierdie jaar Jesus se geboorte deur die Kersfeesuitdaging en groei só nader aan God.

Voltooi enige Kersfees- of Adventleesplan gedurende Desember om die kenteken van die Kersfeesuitdaging te verwerf!

Hier is juis ‘n paar wat jou kan help om daarmee te begin:

Leesplan-ikoonOorweeg ander leesplanne

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Share this post:

“Hoe kan ek vrees oorwin?”

'n Man wat opwaarts kyk

Indien jy hierdie vraag al gevra het, is jy nie die enigste een nie. Vrees is ‘n alte bekende gevoel waarmee mense oral te kampe het. Hetsy dit vrees vir mislukking, ander mense of die toekoms is — jy kan met God praat oor wat ook al jou vrees veroorsaak.

Neem ‘n oomblik om met behulp van hierdie gebed met God te praat:


  • Vader,
  • U Woord sê dat U my nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. Help my om te fokus op die waarheid van wie U is. Maak die storm in my gedagtes stil, en skenk aan my u vrede.
  • In die Naam van Jesus. Amen.

God wil jou vrese met sy vrede vervang! Kies ‘n leesplan uit die lys hieronder of blaai deur die hele versameling van leesplanne oor vrees om vandag saam met God oor hierdie onderwerp na te dink.

Leesplan-ikoonOntdek leesplanne

FacebookDeel op Facebook

XDeel op X

E-posDeel per e-pos

Vrees is ‘n alte bekende gevoel vir mense oor die hele wêreld heen. Kies vandag ‘n leesplan wat jou kan help om jou vrese na God te bring en sy vrede te ontvang.

Share this post:

Die Kersfees Uitdaging is hier …

Kenteken vir die Kersfees Uitdaging

Met so baie wat om ons aangaan, kan ons dikwels uit die oog verloor waarom ons Kersfees vier.

Staan hierdie jaar tyd af om na te dink oor Jesus se geboorte deur by mense regoor die wêreld aan te sluit terwyl hulle met die Kersfees Uitdaging nader aan God beweeg.

Voltooi enige Kersfees- of Adventleesplan in Desember, om die kenteken vir die Kersfees Uitdaging te verwerf!

Hier is ‘n paar wat jou kan help om aan die gang te kom:

Leesplan-ikoonKyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

Ontdek November se Gewilde leesplanne

Loof die HERE, want Hy is goed! Aan sy liefde is daar geen einde nie.

PSALM 136:1

Navorsing toon dat mense wat hul dankbaarheid uitspreek, beter slaap, hoër weerstand teen spanning het en meer betekenisvolle verhoudings ervaar.

Dankbaarheid bevoordeel ons egter nie net fisiek nie, dit trek ons ook nader aan God.

Wanneer ons eie perspektiewe verskuif na die God wat alles vir ons prysgegee het, is dit wanneer ons nuwe hoop, vreugde, skoonheid en doel om ons begin vind.

Ontdek hierdie maand die doel en krag daarvan om God te dank deur met een van hierdie Dankbaarheid leesplanne te begin.

Ontdek nog leesplanne


Vrygewigheid is ‘n praktiese manier om dankie te sê vir alles wat God vir jou gedoen het.

As God die Bybeltoep gebruik het om jou lewe te beïnvloed, oorweeg dit om aan YouVersion ‘n donasie te gee en help miljoene mense om dieselfde toegang tot die Woord van God te kry as wat jy het.

Gee ‘n donasie >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post:

September Gewilde Leesplanne

Leesplanne oor gebed

Wat weerhou jou daarvan om te bid soos jy graag wil?

Ons het van ons gemeenskap hierdie vraag gevra en ontdek dat baie wil bid, maar sukkel om te fokus, nie tyd het nie, of nie weet waar om te begin nie.

Voel jy dieselfde?

Ontdek hoe jy jou verhouding met God kan verdiep deur gebed met hierdie leesplanne.

Ontdek nog leesplanne


Terwyl jy nader aan God beweeg deur gebed, vra Hom hoe jy ‘n vrygewige lewe kan lei.

Wanneer jy ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy miljoene mense om die krag van die Woord van God te ervaar — net soos jy.

Gee ‘n donasie >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Share this post: