Met Paasfees onthou ons dat Jesus se gebroke liggaam ‘n einde aan ons gebrokenheid gemaak het.
Voordat ons egter die opstanding vereer, is dit belangrik om terug te kyk na die gebeure wat gelei het tot Jesus se uiteindelike offer.
Een van die belangrikste gebeurtenisse in die ure voor Jesus se dood was die paasmaaltyd.
Die tydsberekening van die paasmaaltyd was spesiaal omdat dit tydens die pasga plaasgevind het.
Dit mag dalk na ‘n klein besonderheid lyk, maar Jesus het dit gebruik om sy dood – en opstanding – te verbind aan die Israeliete se uittog uit Egipte.
Waarom die pasga saak maak
Die pasga was ‘n uiters belangrike gebeurtenis wat die Joodse volk vir honderde jare voor die paasmaaltyd onderhou het.
Na dekades van onderdrukking in Egipte, gaan God sy volk uit slawerny verlos en hulle in die land bring wat Hy aan hulle beloof het.
Eers moes Hy egter ‘n leier, Moses, aanwys om die Israeliete te help mobiliseer.
Aangespoor deur God, het Moses die farao om hulle vryheid gevra, maar elke keer was die antwoord nee.
In reaksie hierop het God ‘n reeks plae gestuur om die Egiptenare te teister.
Maar, die farao se hart het verhard gebly.
Uiteindelik, ‘n uitkoms.
As ‘n laaste uitweg het God ‘n finale plaag gestuur: ‘n doodsengel om die eersgebore seun van elke gesin in Egipte dood te maak.
As gevolg van die farao se wrede, onderdrukkende boosheid — en onwilligheid om hom van sy sondes te bekeer — het God geregtigheid voorsien.
God het iets voorsien wat die farao nooit gedoen het nie: ‘n uitkoms.
Voor die laaste plaag is ‘n opdrag aan die Israeliete gegee om die deurkosyne van hul huise met die bloed van ‘n offerlam te verf. Wanneer die doodsengel dus kom, sou hy hulle huise oorslaan, en hulle eersgebore seuns gered word.
Dit mag dalk na ‘n vreemde teken lyk, maar deur die dood van die lam bring God die kwaad tot geregtigheid.
Na die laaste plaag – en die dood van sy eersgebore seun – het die farao uiteindelik aan die Israeliete hul vryheid gegee.
Toe hulle in die beloofde land gevestig is, het hulle die pasga elke jaar met ’n fees herdenk — wat uit brood, wyn en ’n offerlam bestaan het.
Die lam sonder liggaamsgebrek
Duisend jaar later het Jesus en sy dissipels om ’n etenstafel bymekaargekom om op dieselfde manier fees te vier.
En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.”
Toe neem Hy ‘n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes.”
MATTEUS 26:26-28
Met hierdie woorde het Jesus die pasga gekoppel aan God se plan om die wêreld te verlos.
Die laaste element van die pasga is ‘n lam. Sover ons egter kan vasstel, was daar nie ‘n lam op die tafel by die paasmaaltyd nie.
Dit was nie per ongeluk nie. Dit was ‘n simboliese stelling.
Deur die lam het God die Israeliete uit die farao se slawerny gered.
Deur Jesus red God die wêreld uit slawerny aan sonde en dood.
‘n Oproep tot aksie
Minder as 24 uur na die paasmaaltyd het Jesus sy laaste asem aan die kruis uitgeblaas.
Die doel van sy offerdood was om die hele mensdom se sondes op Hom te neem. Hy het toegelaat om deur sy Vader verlaat te word sodat ons nooit van God geskei hoef te word nie.
Jesus wil nie net hê ons moet verstaan wat Hy vir ons gedoen het nie, Hy wil hê ons moet daaraan deelneem deur in verhouding met Hom te hê.
Sodoende word ons deel van die grootste verhaal wat nog ooit vertel is.
Terwyl ons Goeie Vrydag nader, kom ons onthou dat ons deel kan wees van God se plan – reeds duisende jare in wording – om ons almal te verlos.
Deel op Facebook
Deel per e-pos