⏰ Dis nie te laat nie …

Halfjaarlikse Uitdaging

Daag jouself uit om nader aan Christus te groei.

God wil ons elke dag vernuwe en nuwe lewe bring in ons roetines, verhoudings en die manier waarop ons praat en dink.

Daarom doen ons die Halfjaarlikse Uitdaging: dit is ‘n geleentheid om met God saam te werk terwyl ons voortdurende vernuwing nastreef.

Dit is nog nie te laat om met die uitdaging te begin nie! Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae in Julie, om die kenteken te verwerf.

Kies ‘n leesplan en begin nou dadelik:

Kyk Na Nog Leesplanne

Neem jou kruis op en volg my

Neem jou kruis op en volg my

Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” Hy het egter geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

MARKUS 10:21-22

Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.

MARKUS 8:34-35

Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

MATTEUS 10:38

en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

GALASIËRS 2:20

Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor, sal dit behou. “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan?

LUKAS 9:23-25

“Vader, as U wil, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie maar u wil geskied!” ‘n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

LUKAS 22:42-43

Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig.

GALASIËRS 5:24

Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor, of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe? Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld.

MATTEUS 16:24-27

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.

ROMEINE 8:18

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.

JAKOBUS 1:12

Wat gebeur wanneer jy deur sy Woord met God kontak maak?

Die Aarde

‘N BYBEL
VIR
ALMAL

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe …

ROMEINE 12:2

Dink aan ‘n tyd toe jy bewus geword het van jou denke wat hernu is en jy kon sien hoe sommige aspekte van jou lewe herskep is. Indien jy die Skrif gereeld toelaat om oor jou te spoel terwyl jy lees of daarna luister, het jy sonder twyfel die krag daarvan ervaar om jou te inspireer, te bemoedig en selfs te oortuig.

Nou kan meer mense as ooit tevore daardie ervaring geniet.

Danksy die vrygewigheid van ons Bybeluitgewers en Bybelgenootskapsvennote, bied die YouVersion toep nou meer as 2 500 Bybeltekste en meer as 1 000 klank-Bybels aan!

Tog, hoe anders sou ons lewens wees as al die Bybelweergawes wat die Woord van God vir ons lewend maak … net nie meer daar is nie? Byna ‘n miljard mense het nie eens een volledige Bybelweergawe in hul taal nie.

En jy kan help.

Dieselfde Bybelvennote werk ook nou daaraan om mense regoor die wêreld te bemagtig om die Skrif in hul eie tale te vertaal. Sodra ‘n nuwe weergawe voltooi is, word dit in ‘n digitale biblioteek gelaai, sodat ons dit met die hele YouVersion-gemeenskap kan deel.

Stel jou voor wat moontlik is.

Met slegs ‘n slimfoon en ‘n draadlose sein kan mense wat nog nooit die Bybel in hul taal gehad het nie, van enige plek op aarde, onmiddellike toegang verkry. Wanneer jy ‘n Bybel vir Almal skenk, help jy om dit ‘n werklikheid te word.

Ons Visie vir 2033

95% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n volledige Bybel hê

99.96% van die wêreldbevolking
sal toegang tot ‘n Nuwe Testament hê

100% van die wêreldbevolking sal toegang tot ten minste ‘n gedeelte van die Skrif hê

Ons sal nie ophou voordat hierdie werk voltooi is nie.

God het aan ons sy Seun en sy Woord gegee. Wanneer ons sy voorbeeld volg om mildelik te skenk, kom ons nog nader aan Hom. Hoe meer mense deel word van hierdie visie, hoe gouer kan ons die Woord van God by almal uitkry.

Is jy met ons?

Skenk

Hierna het ek ‘n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande. Hulle het hard uitgeroep: “Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit, en van die Lam!”

OPENBARING 7:9-10

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur ‘n Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

Begin met die Halfjaarlikse Uitdaging!

Halfjaarlikse Uitdaging

Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.

JESAJA 40:31

Neem ‘n oomblik om oor die afgelope paar maande na te dink. Wat het jy geleer? Wat het jy oorkom? Hoe het jy nader aan Christus gekom?

Dit maak nie saak hoe die afgelope paar maande daar uitgesien het nie, ons het die geleentheid om God toe te laat om ons denke en siel te vernuwe.

Een van die beste maniere om by God aan te sluit namate Hy in ons lewens beweeg, is om op nuwe uitdagings te reageer. Kom ons volg Christus hierdie maand doelbewus deur aan die Halfjaarlikse Uitdaging deel te neem.

Hoe om met die Halfjaarlikse Uitdaging te begin:

Voltooi ten minste een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae, in Juliemaand, en verwerf so 2021 se Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken.

Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken

Nooi ‘n paar goeie vriende uit om dit saam met jou aan te pak en maak die beste van die uitdaging. Om seker te maak dat jy nie een dag oorslaan nie, stel daaglikse herinneringe op om jou te help onthou. Doen dit by Leesplan Instellings.

Is jy gereed om te begin? Kies nou ‘n Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Waarheen neem jou gedagtes jou?

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

ROMEINE 12:2

‘n Gebed om jou denke te vernuwe

“Vader, soms as ek na die wêreld om my kyk, voel ek oorweldig deur angs en begin my gedagtes maal. Help my asseblief. Ek het u hulp nodig om die manier waarop ek dink, te verander.

U gedagtes is verhewe bo myne en u weë is beter as myne. U gee hoop aan dié sonder hoop en krag aan die wat swak is. U alleen kan my denke vernuwe en my aan my doel herinner.

Help my dus vandag om elke gedagte gevange te neem, terwyl ek al my bekommernisse vir U gee. Herinner my dat U met my is en dat U sal aanhou om my te onderrig en te lei.

Gee my raad terwyl ek u Woord oordink en help my om u waarhede in my lewe toe te pas. Gee my die krag wat ek nodig het om te doen wat reg is en help my om U altyd, bo alles te volg.”

In die Naam van Jesus, amen.

Stoor Gebed