Deel vandag liefde ❤️

Wees lief vir mekaar - Johannes 13:34 - Versbeeld

Wat behels liefde?

Neem ‘n oomblik om stil te raak en dink aan watter woorde jy die afgelope week gesê (of getik) het. Sou jy sê jy is bekend daarvoor dat jy ander liefhet?

Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

1 Johannes 4:10

As volgelinge van Christus het ons ‘n unieke geleentheid om hoop te bring waar daar chaos is en om liefde te versprei waar daar haat is.

Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.

1 Johannes 4:11

Oordink nou God se onvoorwaardelike liefde vir jou en deel dan hierdie versbeeld. Laat ons vandag die internet dus oorstroom deur mense aan God se liefde te herinner.

Deel Liefde

Laat hierdie oomblik saak maak.

Silhoeët van persoon wat oor die water na 'n sonsondergang kyk

Daar is ‘n plan vir jou toekoms.

As jy oor 2020 terugkyk, is daar waarskynlik baie dinge wat jy sou wou verander.

Dalk was hierdie jaar teleurstellend en onseker. Miskien was dit vol gebroke harte en drome. Hierdie jaar het jou heel moontlik na beter dinge laat hunker …

Watter nalatenskap sal jy agterlaat wanneer 2020 verby is?

Jy sal ‘n toekoms hê en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.

SPREUKE 23:18

Praat met God oor wat Hy deur jou wil vermag voor die einde van hierdie jaar. Pak dan een van hierdie leesplanne aan en nooi vriende uit om dit saam met jou te doen.

Kyk Na Nog Leesplanne

Voel jy oorweldig? Onthou …

Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

MATTEUS 14:30

Silhoeët van 'n persoon

Jy is nie alleen nie.

Petrus het uit die skuit geklim en op die water begin loop en naby Jesus gekom. Toe Petrus sien hoe sterk die wind geword het, was hy oorweldig deur ‘n situasie wat hy nie kon beheer nie en het hy begin sink.

Onmiddellik het Jesus vir Petrus gered. Maar dan vra Hy een vraag:

“Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

Wanneer daar storms in die lewe is, is dit maklik om soos Petrus op te tree. Ons kan so vasgevang word in die probleme om ons, dat ons die Verlosser wat naby ons staan, uit die oog verloor.

Al kom dit voor of daar geen hoop is nie, is Jesus altyd naby. Sy volgehoue teenwoordigheid is ons vaste vertroue dat God altyd tydens ons lewenstorms in beheer is en altyd sal wees.

Wees bemoedig ten spyte van dit waardeur jy nou gaan: Christus is jou anker, Hy kan die onmoontlike doen en sal nie toelaat dat jy verdrink nie. Bly hoop, deur jou oë op Hom gevestig te hou.

Versprei vandag God se hoop,
deur hierdie versbeeld te deel:

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! - Romeine 15:13 - Versbeeld

Deel hierdie versbeeld

Kom vandag saam sodat ons vir mekaar kan bid

Bome voor berge

“Maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Onmiddellik nadat Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy gebid dat die kerk eensgesind mag wees, net soos Hy en die Vader een is, sodat die wêreld Hom kan ken.

Wat is eensgesindheid?

Eensgesindheid beteken om dieselfde doel en strewe te hê; dit behels dat ons ons wil aan Christus se wil onderwerp. Selfs al is eensgesindheid moeilik, het Jesus geglo dit is nodig sodat die wêreld Hom kan ken.

Wanneer ons eensgesindheid in die liggaam van Christus kweek, erken ons dat Jesus in beheer is en dat sy genade voldoende is om ons verskille te bedek.

Kom ons soek vandag God se hart op en vra Hom om sy kerk volkome eensgesind te maak, sodat die wêreld kan glo in die Een wat God gestuur het om ons te verenig.


Jesus,

dankie dat U die wêreld oorwin het. Daarom kan ons eensgesindheid met U ervaar. Omdat ons met U verenig kan wees, kan ons ook eenheid met mekaar ervaar.

Dit is U wat alle dinge bymekaar hou. Terwyl ons U die middelpunt van ons lewens maak, help ons ook om al die maniere te sien hoe U in die wêreld aan die werk is.

Trek ons nader aan u hart sodat ons mekaar kan begin sien soos U ons sien. Laat dit ons aanmoedig om nie slegs na ons eie belange om te sien nie, maar ook dié van ander.

Laat u koninkryk kom, op die aarde, net soos in die hemel. Verenig ons dus in doel sodat niks mense sal sal weerhou daarvan om U te soek en in U te glo nie. Mag ons sulke volkome eenheid ervaar dat die wêreld sal weet dis U wat ons gestuur het en dat U hulle onvoorwaardelik liefhet.

Kom, Here Jesus, en doen in ons lewens wat slegs U kan doen.

In die Naam van Jesus, amen.

VOEG BY GEBEDSLYS

Hoe lyk jou alledaagse?

Persoon wat oor 'n berg uitkyk

Gryp ‘n beter alledaagse aan.

Soms is verandering nie gemaklik nie. Soms voel ‘n “nuwe alledaagse” nie alledaags nie.

Hoe moet ons dit wat God besig is om te doen, met vreugde aangryp as ons nie al die besonderhede daarvan kan sien nie? Hoe kan ons elke dag met moed en vriendelikheid aanpak, as die dinge wat rondom ons gebeur te moeilik voel om te hanteer?

Kom ons ontdek hierdie maand hoe om ‘n beter alledaagse te skep, deur diep te delf in die waarhede van God se Woord.

Begin ‘n Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne