“Hoe weet ek of ek genoeg is?”

Hand wat son bedek

In ‘n wêreld wat op soek is na identiteit en doel, soek ons dikwels gerusstelling dat wat ons doen en wie ons is, genoeg is.

Ons is egter nooit regtig seker of dit so is nie.

Met al die geraas om ons, kan ons aandag van God afgelei word en vergeet wat Hy oor ons sê.

Dit maak nie saak watter afleidings jy in die gesig staar nie, wanneer jy die Woord van God ken, kan jy vertrou dat dit waar is — selfs wanneer jy nie altyd voel asof dit waar is nie. Hier is wat die Woord van God oor jou sê:

Hoe weet ons dus of ons genoeg is?

Ons is nie — ten minste nie op ons eie nie. Dit is egter die wonder van die goeie nuus van Jesus.

God het jou so lief en waardeer jou so baie dat Hy Jesus gestuur het sodat jy gered kan word. Op ons eie is ons nie genoeg nie, maar deur Jesus is ons.

Wanneer jy twyfel oor jou waarde, onthou dit: God ken jou beter as enigiemand, want Hy het jou geskep. En wie Hy sê jy is, is genoeg.

Vra vandag vir God om jou te help om sy Woord te vertrou en dat wat Hy oor jou sê, waar is.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat doen jy as die lewe onseker voel?

Persoon wat blare vashou

Verandering gebeur.

Te midde daarvan, onthou egter dit: God verander nooit nie, en sy beloftes is waar.

Watter verandering jy ook al deurgaan, die Bybeltoep het leesplanne wat jou kan help om gegrond te bly in die onveranderlike waarheid van die Woord van God.

Vestig jouself in die Skrif en onthou die hoop wat jy in God het — ongeag jou omstandighede.

Ontwikkel jou Bybelgewoonte met een van hierdie leesplanne:

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Gee vandag ‘n donasie om meer mense te help om met God te verbind en ‘n dieper begrip van sy Woord te kry.

Gee ‘n donasie >

Ondersteun die Bediening: Vier 15 Jaar van Impak!

Onthou jy die eerste keer toe jy die Woord van God gelees het en hoe dit jou lewe verander het?

Deur die Bybeltoep word mense regoor die wêreld elke dag deur die Woord van God herskep.

In die afgelope 15 jaar het ons gesien dat …

  • 1 965 Bybeltale bygevoeg is
  • 139 miljoen Gebede geskep is
  • 575,7 miljoen Bybeltoep installasies gedoen is
  • 1,1 miljard Versbeelde gedeel is
  • 16 miljard Kleurmerke, Boekmerke en Notas by verse gemaak is

Die Bybeltoep is, en sal altyd, gratis wees — die impak van hierdie bediening sal egter nie wees wat dit is sonder die vrygewigheid van ons YouVersion-gemeenskap nie.

Sluit aan by die beweging om almal oral en elke dag te bereik.

Wanneer jy ‘n donasie van US$40 gee, maak jy dit vir 200 mense moontlik om die Bybeltoep af te laai.

Skenk Nou

God het wonderlike dinge deur die Bybeltoep gedoen, maar daar is steeds miljarde mense wat nog nie die lewensveranderende krag van die Woord van God ervaar het nie.

Help ons vandag om oor die volgende 15 jaar die Woord van God aan miljarde mense te bring.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Dit is nie te laat om aan te sluit nie!

Halfjaarlikse Uitdaging

Moenie hierdie geleentheid misloop nie …

Daar is net 14 dae in die Halfjaarlikse Uitdaging oor!

Verdien die eksklusiewe 2023 Kenteken deur hierdie maand een leesplandag vir sewe agtereenvolgende dae te voltooi.

Of dit goed gaan in jou lewe, of jy nie is waar jy gehoop het jy sou wees nie, die Woord van God kan jou ontmoet waar jy is. Hierdie Uitdaging sal jou help om jou verhouding met God te verdiep terwyl jy elke dag met sy Woord ‘n verbintenis maak.

Sluit nou aan voor dit te laat is! Kies ‘n leesplan:

Kyk na nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Kom ons vier die Bybeltoep se 15-jarige bestaan!

15

Hoe het God die Bybeltoep gebruik om jou lewe te beïnvloed? Miskien was dit ‘n Vers-van-die-dag wat in ‘n moeilike tydperk met jou gepraat het, of ‘n gebed wat jy net op die regte tyd gelees het.

Sluit by ons aan om te vier wat God die afgelope 15 jaar deur die Bybeltoep gedoen het, deur na hierdie spesiale video van ons stigter en HUB, Bobby Gruenewald, te kyk.

(Om na hierdie video in jou eie taal te kyk, klik op video instellings (ratikoon), klik “Subtitles/CC”, en kies Afrikaans.)

Die Woord van God is lewendig — en dit verander miljoene lewens net soos joune.

Sedert sy bekendstelling in 2008, het die Bybeltoep van 83 000 aflaaie tot meer as ‘n halfmiljard wêreldwyd gegroei, en dit is die Bybel wat die langste in die Toepwinkel bestaan.

Wat as ‘n idee by ‘n lughawe begin het, het ‘n wêreldwye beweging geword wat die Skrif, soos nog nooit tevore nie, by mense regoor die wêreld bring.

Vandag gebruik mense van alle nasies en tale die Bybeltoep om elke dag nader aan God te kom. En jy is een van hulle!

Skop die jaarlange viering af deur hierdie groot mylpaal op sosiale media te deel!

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos