Die Woord van God verander lewens

Mense wat bymekaar staan

Die Woord van God is lewendig en aktief, en elke dag herskep dit mense regoor die wêreld!

Dit is hoekom ons daartoe verbind is om elke Bybelweergawe in die Bybeltoep op te neem deur wêreldwye Bybelvennootskappe aan te gaan en nuwe toeps en funksies te ontwikkel.

Ons glo dat enigiemand, enige plek, in staat moet wees om deur sy Woord tot God te kan nader.

En dit is alles moontlik — met jou hulp.


Jou vrygewigheid kan help om miljoene mense toegang tot die Woord van God te gee.

Wanneer jy ‘n herhalende donasie aan YouVersion gee, sluit jy by ‘n wêreldwye beweging aan wat dit moontlik maak vir enigiemand, enige plek, om deur sy Woord tot God te nader.

Vandag kan jy meer mense op meer plekke help om hulle verhouding met God deur die Skrif te verdiep.

Stel ‘n herhalende donasie nou op

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

God is by jou. Altyd.

Persoon wat op 'n pad staan

God is by jou. Altyd.

“Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.”

PSALM 34:19

Die Bybel is gevul met verhale van mense wat, ten spyte van volkome vertroue op God, steeds gevoelens van twyfel, angs en wanhoop ervaar het.

Dawid was vreeslik hartseer en eensaam. Job het smart ervaar. Elia was moeg vir die lewe en bang vir die toekoms.

Net soos hulle kan ons soms verlore en alleen voel. God het egter toe omgegee — en Hy gee nou om.

Dit maak nie saak waardeur jy gaan of wat jy voel nie, God is altyd by jou. Ontdek die hoop wat jy in Hom het deur een van hierdie leesplanne te voltooi.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Oorweeg dit om vandag vir die Bybeltoep ‘n donasie te gee sodat selfs nog meer mense oraloor die hoop kan ervaar wat ons in God en sy Woord het.

Gee ‘n donasie >

Hier is iets om te vier …

Bybeltoep vir Kinders — 100 000 000

Bybel App vir Kinders

Bybel App vir Kinders het

100 miljoen installasies bereik!

Hierdie toepassing is geskep in vennootskap met OneHope en het miljoene kinders in 66 tale gehelp om deur interaktiewe verhaaltjies en aktiwiteite die Woord van God lief te kry.

Het jy kinders agt jaar en jonger? Laai die Bybel App vir Kinders af!


“My vriendin, wat ‘n sendeling in Suidoos-Asië is, vertel dat haar 6-jarige seun al sy plaaslike vriende oornooi en Bybel App vir Kinders se verhale vir hulle vertaal. ‘n Sesjarige vertaal en deel die Woord van God!

JENN, VSA


100 miljoen is net die begin …

Ons vier nie net wat God gedoen het nie, maar wat Hy volgende sal doen — in ons lewens en in die lewens van kinders regoor die wêreld.

Wanneer jy vandag ‘n donasie gee, help jy ons om die Woord van God aan almal te bring — ongeag hul ouderdom.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gesin

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Jy is nooit alleen nie. Dit is waarom …

Duif

Jy is nooit alleen nie. Dit is waarom …

Na Jesus se opstanding het die Heilige Gees na die dissipels gekom sodat God se teenwoordigheid steeds by hulle kon wees.

Wanneer jy in Jesus glo, is dieselfde Gees by jou. God se teenwoordigheid is altyd naby.

Ontdek hoe die Heilige Gees in jou lewe aan die werk is deur een van hierdie leesplanne te voltooi.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat het na Paasfees gebeur?

Leë graftombe

Tweeduisend jaar gelede het Jesus die dood vir altyd oorwin. Die klip is voor die leë graftombe weggerol en ons het ‘n nuwe lewe in Christus ontvang.

Wat het egter daarna gebeur?

Ontdek vyf dinge wat Jesus na sy opstanding gedoen het – en wat dit vandag vir ons beteken:

1. Jesus het opgedaag.

Jesus het na sy opstanding 40 dae op aarde deurgebring. Gedurende hierdie tyd het Hy sy volgelinge se twyfel laat afneem en aan hulle rigting vir die toekoms gegee.

Jesus het nie sy liefde uit die hemel uitgeroep nie. Hy het sy liefde op aarde kom bewys. Vandag doen Hy dieselfde. Hy is steeds naby, gereed om te hoor as ons roep en ons harte te genees.

Praat met God >

2. Jesus het kom wys wat gemeenskap is.

Van die breek van brood op die pad na Emmaus, tot ontbyt op die strand saam met sy dissipels, sien ons hoe Jesus vir verhoudings tyd inruim.

Jesus was nooit te besig om te stil te staan en te wys Hy gee om nie. As sy volgelinge is ons geroep om doelbewus mense in ons gesinne, werkplekke en stede te dien.

Net soos Jesus kan jy jou gemeenskap prioriseer. Fokus jou vriendskappe op die Woord van God deur Vriende in YouVersion by te voeg.

Voeg ‘n Vriend by >

3. Jesus het die gebrokenes vertroos.

Toe Jesus teruggekom het, was Hy nie gefrustreerd dat sy dissipels nie sy plan verstaan het nie. In plaas daarvan het Hy hulle in hul onsekerheid en vrees ontmoet.

Jesus het die vrou getroos wat by die leë graf gehuil het. Hy het Tomas se twyfel weggeneem. Sy woorde het lewe en vrede verteenwoordig.

Vandag het ons Verlosser nog steeds genade met ons vrae en verwarring. Hy nader nog altyd tot ons wanneer ons harte gebroke is.

Vind vertroosting in hierdie Skrifgedeelte >

4. Jesus verlos ons van oortredinge.

Voor die kruisiging het Petrus drie keer ontken dat hy Jesus geken het. Later sien ons hoe Jesus vir Petrus herstel deur Hom drie keer te vra of hy Hom liefhet, waarop Hy vir Petrus die opdrag gee om vir sy mense te sorg.

Al het Petrus in sy geloof gestruikel, het dit nie sy identiteit in Christus gekanselleer nie.

Net so kan ons vertrou dat God se krag juis tot volle werking kom wanneer ons swak is.

Dink na oor Jesus se verlossing >

5. Jesus het onderrig en bemagtig.

Net voor Jesus na die hemel opgevaar het, het Hy vir sy volgelinge gesê: “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels.”

Met hierdie opdragte word ons geroep om elke dag doelgerig te lewe, op soek na geleenthede om die evangelie te deel.

Dit is ons taak om vir mense te wys wat dit beteken om God te ken en om Hom bekend te maak.

Deel vandag die Woord van God met die mense in jou lewe.

Deel die Bybeltoep >

Paasfees is dalk verby, maar wat dit vir ons beteken maak die hele jaar saak.

Te danke aan Jesus se dood en opstanding, het ons toegang tot God se genade, teenwoordigheid en gerusstelling soos nog nooit tevore nie — maar vir altyd.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos