Hoe om God se wil te ontdek

Kompas

Wat wil God hê moet jy met jou lewe doen? Dalk het jy ‘n idee waarvoor Hy jou roep, maar jy wil bevestiging hê. Miskien is jy nie seker wat God se wil is nie … of dalk is jy nog besig om te ontdek wat ‘n persoonlike verhouding met God behels.

Op die ou end is meer tyd in God se teenwoordigheid die enigste manier hoe jy Hom beter gaan leer ken. Sy leiding word duidelik wanneer jy tot Hom nader. Hoe doen ‘n mens dit?

Daar is nie net een regte manier nie, maar daar is dinge wat jy kan doen om jou daarmee te help.

Hier is vier stappe wat jou kan help om God se wil te ontdek:

Soek God in Gebed

Dink terug oor ‘n onlangse gesprek met ‘n goeie vriend. As julle reeds ‘n lang tyd bevriend is, weet jy waarvan hulle hou of nie hou nie, sonder om te vra, want hoe beter jy iemand leer ken, hoe beter verstaan jy daardie persoon.

Dieselfde geld vir ons verhouding met God. Jy leer God se wil ken wanneer jy openhartige gesprekke met Hom het. Dis hoekom ons die gewoonte moet kweek om gereeld met Hom oor enige iets te praat.

Gebed is nie net om vir God te vra wat Hy wil hê ons moet doen nie, dit gaan daaroor om uit te vind wie God is.

Bid saam met ons


Deursoek die Skrif

God se wil vir jou lewe sal nooit die Skrif weerspreek nie. Terwyl jy God deur middel van gebed beter leer ken, delf ook in sy Woord.

Hoe meer jy die Bybel bestudeer, hoe meer sal jou begeertes God se wil weerspieël. Wanneer dit gebeur kan jy God met selfvertroue vir enigiets vra en Hy sal jou verhoor.


Luister na die Heilige Gees

Om na die Heilige Gees te luister, vereis dikwels dat ons die geraas om ons moet uitdoof. Wanneer jy van afleidings ontslae raak en ophou om op angstige gevoelens te fokus, kan jy begin om God se vredevolle teenwoordigheid in jou huidige omstandighede te ervaar.

Terwyl jy bid en die Skrif deursoek, vra God om enige gevoelens te openbaar waarvan jy ontslae moet raak of waaraan jy spesiale aandag moet gee. Laat toe dat die Heilige Gees jou deur hierdie proses lei en hou die volgende in gedagte: jy kan God se vrede ervaar al voel jy onseker.


Soek bevestiging by wyse mense

God het die finale sê oor wat sy wil is, maar dit is wys om betroubare hulp elders te soek. Oorweeg dit om verskeie mense, wat al langer die geloofsreis bewandel, te vra om jou “wyse raadgewers” te wees. Vra hulle om God se wil vir jou lewe saam met jou te ontdek.

Hierdie stap moet jy saam met die voriges doen. Wanneer jy wyse raad soek behoort dit te bevestig wat jy voel dat God alreeds vir jou sê om te doen — dit behoort nie die plek in te neem om self met God te praat nie.

Voeg vriende in jou Bybeltoep by


Wat nou?

Jy sal dit miskien nie altyd regkry nie, maar hoe meer jy probeer om God se wil te verstaan, hoe makliker word dit. God het jou met ‘n doel geskape en Hy wil hê jy moet daarby betrokke raak om sy koninkryk te laat kom, op die aarde, net soos in die hemel.”

Wanneer jou begeertes met God s’n ooreenkom, kan Hy jou vertrou om die regte ding te doen. Hierdie stappe sal jou help om dit te doen, maar dit sal ‘n lewenslange verbintenis wees, wat behels dat jy God elke dag sal soek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees