Op soek na antwoorde?

'n Man wat iets op sy foon soek

Ons leef in ‘n onsekere wêreld. God se Woord bied hoop vir ons siele, ongeag waarvoor ons te staan kom. As jy gewonder het wat die Bybel oor jou huidige situasie te sê het, probeer dan antwoorde in jou Bybeltoep soek.

Tik in die soekblokkie (Soekikoon) om voorstelle vir skrifgedeeltes, versbeelde, leesplanne en nog meer te kry.

Sodra jy die antwoorde gekry het, moedig jou gemeenskap aan deur die hoop wat jy gevind het op sosiale media te deel.

Vind Waarheid

Mis jy jou vriende? Ontmoet hulle hier:

Vrou wat na selfoon met sosiale media ikone kyk

Bly in kontak met
jou vriende.

In die Bybel is daar baie verhale oor mense wat in goeie tye saam feesvier… en mekaar deur die moeilike tye help. Jy het verhoudings met goeie vriende nodig wat jy kan vertrou. En nou, dalk meer as ooit, het hulle jou nodig.

Wie ken jy wat jou sal bemoedig?

“Ek het deur die Psalms op my selfoon gelees. Ek het my man gevra of hy sou omgee as ek een hoofstuk in verskillende Bybelweergawes hardop lees. Sedert daardie dag lees ons elke aand ‘n hoofstuk of twee voordat ons die lig afsit. Dit het die dinamika van ons huwelik totaal en al verander.”
Debbie L.

Wie ken jy wat jou sal liefhê?

Wie ken jy wat jou sal inspireer?

“Ek kry beter toegang tot God se denke, deur die perspektiewe van my vriende. Ek het ook met baie vriende regoor die wêreld kontak gemaak, en ons deel gedagtes en bemoedig mekaar. Dis wonderlik!”
Eme I.

Wie ken jy wat jou sal uitdaag?

Wie ken jy wat vir jou sal bid?

Nooi jou vriende uit om nou by jou
in die Bybeltoep aan te sluit.

Nooi Vriende Uit

Hoe lees jy die Bybel? 🤔

Vrou praat op foon

Al is jy getrou om elke dag die Bybel te lees, kan jy nog steeds oorweldig voel en nie weet waar om te begin nie (en hoe om in te neem wat jy lees nie). Tog is dit belangrik om in God se woord geanker te wees om in geloof te groei. Waar begin jy nou eintlik? Hoe begin jy – en hoe hou jy dit vol?

Kweek ‘n daaglikse gewoonte om Bybelstudie te doen en te leer hoe om God se woord met hierdie lys leesplanne in jou lewe toe te pas.

Nog meer leesplanne

🙌 Jesus LEEF!

Versbeeld vir Markus 16:6

Vier Jesus se opstanding saam met ons!

2 000 Jaar gelede het Jesus op aarde gewoon, dus het Hy geweet hoe dit was om mens te wees. Hy het ook geweet wat dit Hom sou kos om ons te red… nogtans het Hy gekies om dit te doen. Vandag vier ons sy mag oor die dood. Omdat Hy leef, kan ons ook leef!

Deel Hierdie Paasfeesbeeld

‘n Gebed vir Ons Wêreld

Die Aarde

God, net U alleen is waardig om geëer, geloof en geprys te word. Saam met U kan ons elke storm oorkom—ook die wêreldwye impak wat COVID-19 op ons wêreld het.

Ons vra U nou:

  • Maak die siekes gesond en beskerm hulle wat nie siek is nie.
  • Gee ons leiers meer wysheid om ons deur hierdie pandemie en ekonomies onsekerheid te lei.
  • Versterk u wêreldwye kerk. Openbaar aan ons hoe ons hande kan vat om in die behoeftes van die mense rondom ons te voorsien.
  • Laat ons vrese bedaar. Vul ons met u hoop, vreugde en vrede, terwyl ons voortdurend op U vertrou.
  • Gebruik hierdie pandemie as voorloper van ‘n geestelike herlewing. Ons wil u heerlikheid, mag en genesing aan die werk sien.

Kom, Here Jesus, kom.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By