Hoe was Jesus se laaste week?

“GEBRUIK DIT TOT MY GEDAGTENIS.”

LUKAS 22:19

Wat is die Heilige Week?

Dit was die week voor Jesus se dood. ‘n Week waarin Hy sy finale gedagtes deel en sy dissipels groet. ‘n Week waarin Hy sy dissipels vir die laaste keer vertel: “Ek het julle lief”.

Dit was ‘n week gevul met pyn en belofte, wat gelei het tot ‘n laaste pynlike uitroep:

“Dit is volbring.”

Met een laaste asemteug het Jesus ons finale offer geword. En as gevolg van sy mag oor die dood, kan ons nou ten volle lewe.

Maak hierdie Heilige Week, wat tot Paasfees lei, elke dag tyd om na te dink oor wat Jesus se offer vir jou beteken. Probeer ‘n kort Paasfees Leesplan om jou (en jou gesin) te help om jul gedagtes op Christus te rig.

Nog Paasfees Leesplanne

‘n Gebed vir Genesing

'n Man wat bid

Onse God,

U woord sê dat U mense antwoord as hulle u naam aanroep en dat U hulle verlos.

Op die oomblik vra ons dat U diegene wat siek is of die COVID-19-virus dra sonder om dit te weet, sal genees. Genees hulle en beskerm diegene rondom hulle.

Gee ‘n kuur vir die Coronavirus en genees ons ekonomie. Bring ‘n vinnige en wonderbaarlike einde aan die duisternis in ons wêreld.

Of U genesing vandag, volgende week, of volgende maand kom, glo ons dat U ons wêreld sal genees. En ons sal aanhou om U te loof, selfs terwyl ons op antwoorde wag. Verlos ons asb.

In Jesus se Naam, amen.

Gebedsikoon

Voeg Jou Eie Gebed By

Nou Net Bygevoeg by YouVersion Gebed: Reageer op Gebede d.m.v. Kommentare!

Mense Wat Bid

Die Bybel Toep Embleem

DIE BYBEL

nou

Jessica Smith het kommentaar gelewer op ‘n Gebed

“Vry van Vrees”

Mense Wat Bid

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

FILIPPENSE 4:6

‘n Paar weke gelede het ons jou van die Bybeltoep se nuutste funksie, YouVersion Gebed vertel. Terwyl ons oor die afgelope paar maande met die ontwikkeling daarvan besig was, het ons nooit besef hoe nodig ons dit nou sou hê nie. In hierdie moeilike tyd is YouVersion Gebed reeds besig om mense regoor die wêreld te help om op hoogte te bly van meer as ‘n miljoen gebede, en dit vermeerder aanmekaar.

As jy YouVersion Gebed so baie soos ons gebruik, weet jy alreeds hoe bemoedigend dit is om te sien dat jou vriende vir jou bid en dat hulle hul Gebede opdateer.

Vandag kondig ons ‘n nuwe funksie van YouVersion Gebed aan, wat ons in staat stel om selfs nog meer met mekaar in aanraking te kom: Kommentare.

Broers en susters, kom ons bid vir mekaar. Laat ons mekaar ook bemoedig, help en ondersteun.

Kommentaar op gebede het hierdie week geleidelik begin. Maak seker dat jou Bybeltoep opgedateer is, sodat jy kan sien as dit geplaas word.

Kyk na Opdatering

Oordink die Opstanding…

Paasfees Uitdaging

Paasfees is oor twee weke! Hoe berei jy voor vir Opstandingsondag?

Voltooi ‘n Paasfees Leesplan tussen nou en Paasfees, om ‘n Paasfees Uitdagingskenteken te verwerf. (Om die meeste van die Uitdaging te maak, kan jy ‘n paar getroue vriende uitnooi om by jou aan te sluit.)

Kom ons oordink saam Jesus se opoffering en rig ons harte tot die opgestane Christus.

Kyk na Nog Paasfees Leesplanne

Sommige Dinge Is Buite Ons Beheer – Maar Nie Alles Nie.


Soms voel dit of nuwe nuus elke paar minute kom. Wanneer ons so baie aandag gee aan gebeure wat buite ons beheer is, kan ons perspektief verloor oor die krag waaroor ons wel beskik. Ons kan kies hoe ons op omstandighede reageer. En nog meer belangrik; selfs te midde van die omstandighede kan ons kies hoe ons ander behandel.


Onlangs het ons julle herinner aan die geleentheid toe Jesus se dissipels bang was hulle boot sink, maar toe het Hy die storm laat bedaar. Net soos Jesus se dissipels, is ons almal in dieselfde boot met Jesus – maar ons is ook saam met mekaar daarin. En ons kan kies om mekaar te bemoedig, te ondersteun, lief te hê en mekaar terug na Jesus toe te verwys.

Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.

JOHANNES 13:34-35

Hier Is Vier Maniere Hoe Ons Liefde Kan Kies

1. Bemoedig mekaar.

Ons leef in ‘n ongeloofbare tyd! Al kan ons nie fisies by mekaar wees nie, kan ons bel, sms, e-pos, sosiale media gebruik, aanlyn kerk bywoon, en nog meer.

Moenie ‘n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

SPREUKE 3:27

2. Ondersteun mekaar.

Sommige van die betekenisvolle dinge wat ons kan doen is maklik en prakties. Gaan na jou bure toe en vra hoe dit met hulle gaan. Deel dit wat jy ook al het. Gaan gee kos vir iemand wat nie uit die huis uit mag gaan nie. Betaal vir die persoon agter jou in die ry. Stuur vir ‘n vriend ‘n geskenkbewys per e-pos.

…ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

1 JOHANNES 3:18

3. Wees lief vir mekaar.

Jesus het gesê dat om jou naaste lief te hê, die tweede belangrikste gebod is. En in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, verduidelik Hy wat bedoel word met “naaste”. Paulus het selfs voorgestel dat ons dit ‘n kompetisie maak om mekaar lief te hê!

Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer. (ABA)

ROMEINE 12:10

4. Verwys mekaar na Jesus.

Dis Jesus wat ons storms laat bedaar. Maar ons moet mekaar aan God se beloftes herinner. En vir mekaar bid. Jy kan altwee doen – en nog meer – op dieselfde manier as wat ons by #1 gesê het (en natuurlik in die Bybeltoep).

Onthou net: Dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons is almal saam daarin. Ons leef almal op dieselfde planeet. Ons asem almal dieselfde lug in. Jesus het gesê dat ons moeilikhede sou hê in ons lewens. Maar Hy het ons Sy Gees gegee. En Hy het ons mekaar gegee.

En daardie twee dinge is
meer as genoeg.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos