Sommige Dinge Is Buite Ons Beheer – Maar Nie Alles Nie.


Soms voel dit of nuwe nuus elke paar minute kom. Wanneer ons so baie aandag gee aan gebeure wat buite ons beheer is, kan ons perspektief verloor oor die krag waaroor ons wel beskik. Ons kan kies hoe ons op omstandighede reageer. En nog meer belangrik; selfs te midde van die omstandighede kan ons kies hoe ons ander behandel.


Onlangs het ons julle herinner aan die geleentheid toe Jesus se dissipels bang was hulle boot sink, maar toe het Hy die storm laat bedaar. Net soos Jesus se dissipels, is ons almal in dieselfde boot met Jesus – maar ons is ook saam met mekaar daarin. En ons kan kies om mekaar te bemoedig, te ondersteun, lief te hê en mekaar terug na Jesus toe te verwys.

Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.

JOHANNES 13:34-35

Hier Is Vier Maniere Hoe Ons Liefde Kan Kies

1. Bemoedig mekaar.

Ons leef in ‘n ongeloofbare tyd! Al kan ons nie fisies by mekaar wees nie, kan ons bel, sms, e-pos, sosiale media gebruik, aanlyn kerk bywoon, en nog meer.

Moenie ‘n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie.

SPREUKE 3:27

2. Ondersteun mekaar.

Sommige van die betekenisvolle dinge wat ons kan doen is maklik en prakties. Gaan na jou bure toe en vra hoe dit met hulle gaan. Deel dit wat jy ook al het. Gaan gee kos vir iemand wat nie uit die huis uit mag gaan nie. Betaal vir die persoon agter jou in die ry. Stuur vir ‘n vriend ‘n geskenkbewys per e-pos.

…ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

1 JOHANNES 3:18

3. Wees lief vir mekaar.

Jesus het gesê dat om jou naaste lief te hê, die tweede belangrikste gebod is. En in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, verduidelik Hy wat bedoel word met “naaste”. Paulus het selfs voorgestel dat ons dit ‘n kompetisie maak om mekaar lief te hê!

Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer. (ABA)

ROMEINE 12:10

4. Verwys mekaar na Jesus.

Dis Jesus wat ons storms laat bedaar. Maar ons moet mekaar aan God se beloftes herinner. En vir mekaar bid. Jy kan altwee doen – en nog meer – op dieselfde manier as wat ons by #1 gesê het (en natuurlik in die Bybeltoep).

Onthou net: Dit maak nie saak waardeur ons gaan nie, ons is almal saam daarin. Ons leef almal op dieselfde planeet. Ons asem almal dieselfde lug in. Jesus het gesê dat ons moeilikhede sou hê in ons lewens. Maar Hy het ons Sy Gees gegee. En Hy het ons mekaar gegee.

En daardie twee dinge is
meer as genoeg.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans