Jou beste jy ooit begin nou.

2019

2018 is verby. Ons kry nou ‘n nuwe begin. Wil jy jou lewe in 2019 herskep? Jy kan. Al wat dit verg is een klein gewoonte. Begin net om hierdie een klein ding, een keer per dag, aanhoudend te doen:

Lees elke dag die inhoud van een Leesplan. Dan, so af en toe deur die dag, dink na oor wat daardie dag se leesstuk in jou lewe beteken. Dit neem slegs minute. Maar met die verloop van tyd sal daardie minute tot groot verandering lei.

Begin dadelik met een van hierdie Leesplanne.

Die Wapenrusting Van God
Jy Kán Verander Deur Gerdi van den Berg
Kom Ons Lees Saam die Bybel (Januarie)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
60 Om te begin
21-Dae Vas

Kyk Na Meer Leesplanne

Ek is ernstig. Begin nou.


Streaks

Plaas God se Woord eerste.

Streaks help jou om ‘n gewoonte te skep deur jou te wys hoeveel dae in ‘n ry jy die Bybel Toep gebruik. En as dit lyk of jy dalk ‘n dag gaan mis, kan die Bybel Toep vir jou ‘n herinnering stuur. Streaks beloon jou selfs met spesiale mini-vieringe wanneer jy nuwe mylpale bereik.

“Ek hou baie van Streaks! My doel is om elke dag die Bybel te lees… Dit het ‘n impak op elke aspek van my lewe: hoe ek as ouer optree, hoe ek my besigheid bedryf en hoe ek my kerk bedien! Alles verander wanneer Hy my eerste prioriteit is!”

BIBI S.

Soek vir Streaks op jou Tuisblad, en begin met jou daaglikse Bybellees gewoonte hierdie jaar!

Kom ons vier Jesus, die geskenk!

Versbeeld - Jesaja 9:6

God is met ons!

Van ons almal by YouVersion, wens ons jou vreugde en vrede op hierdie Kersfeesdag. En terwyl jy die Here en Verlosser wat aan ons geskenk is vier, hoop ons dat jy baie geleenthede sal gebruik om Sy liefde te deel.

… as iemand oor jou hoop as ‘n gelowige vra, wees altyd gereed om dit te verduidelik. Maar doen dit op ‘n sagte en respekvolle manier.

1 PETRUS 3:15-16

Die Bybel noem Jesus, “Immanuel: God met ons.” Watter goeie nuus! Deel dit deur op die prent hier bo te druk, of skep jou eie Versbeeld in die Die Bybel Toep. En mag jy ‘n baie gelukkige Kersfees hê!

Deel

Moenie misloop wat God volgende doen nie…

2018

YouVersion het sy grootste jaar ooit gehad.

Ons het die Bybel App in 2008 met net 15 Bybels in twee tale geloods. Nou, danksy die vrygewigheid van visioenêre vennote, is die Bybel App bevoorreg om meer as 1800 weergawes aan te bied, met inhoud in meer as 1250 tale.

Dwarsoor die wêreld wend al hoe meer mense hulle tot die Bybel om te hoor wat God vir hulle te sê het. Wanneer jy ‘n skenking maak aan YouVersion, help jy ons om hulle God se woord te laat lees, in elke land op aarde.

Skenk


Lees ikoon

27.2 MILJARD

HOOFSTUKKE GELEES

Klank Ikoon

4.2 MILJARD

KLANK HOOFSTUKKE GESPEEL

Boekmerk Ikoon

1.7 MILJARD

KLEURMERKERS, BOEKMERKE EN NOTAS GESKEP

Leesplanne Ikoon

950 MILJOEN

BYBELLEESPLAN DAE VOLTOOI

Deel ikoon

409 MILJOEN

VERSE GEDEEL

Wêreld ikoon

350 MILJOEN

KUMULATIEWE BYBEL APP INSTALLASIES

In 2018 het die wêreldwye YouVersion gemeenskap meer as ooit tevore die Bybel gelees.

Dit is persoonlik.

Hoekom is ons so passievol daaroor om God se Woord te deel? Omdat elkeen van ons by YouVersion al die geskenk van God se liefde deur Sy Woord ervaar het. En, omdat jy die Bybel App gebruik, maak dit jou ‘n deel van wat God doen.

Oorweeg dit om nog ‘n stap te neem op jou Bybel App Reis. “Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang’.” (Handelinge 20:35)

Skenk


Gesigte

Elke persoon op aarde het ‘n gesig… het ‘n naam… het ‘n storie.

Wat sou gebeur as elkeen wat ‘n Bybel wou hê, een kon kry?

Ons maak gebruik van tegnologie om te help om hierdie generasie die mees Bybel-betrokke mense in die geskiedenis te maak. Om na die skrif te luister, of om dit te lees, het die krag om lewens te verander. Wanneer jy aan YouVersion gee, help jy ons om meer mense God se woord te laat lees, op plekke wat ongekende Bybelbetrokkenheid sien, soos Nepal, Chili, Roemenië, en Japan.

Stel jou ‘n wêreld voor waar elke persoon onmiddellik, in hulle eie taal, in aanraking kan kom met God se Woord. In die geskiedenis van ons planeet, was niks soos dit ooit voorheen moontlik nie. Maar nou is hierdie droom nie net moontlik nie, dis binne ons bereik… in ons leeftyd.

Kom ons vind saam uit.

Skenk

Kry vir die Eerste Keer die Kersfeesuitdaging Kenteken!

2018 Kersfeesuitdaging Kenteken

Kry die Splinternuwe Kersfeesuitdaging Kenteken!

Wanneer vakansieverpligtinge met jou daaglikse roetine begin inmeng, mag jy in die versoeking kom om nie God se Woord elke dag te lees nie. Ons Kersfeesuitdaging herinner jou hoekom ons nou feesvier: die geskenk, Jesus, God se Enigste Seun.

Voltooi enige Kersfees- of Advent Leesplan tussen nou en 31 Desember, en jy sal ‘n splinternuwe Kersfeesuitdaging Kenteken verdien! Begin enige Kersfees- of Advent Leesplan hier onder, of as jy alreeds besig is met ‘n Kersfees- of Advent Leesplan, gaan voort daarmee.

Ek Wag Hier vir U, 'n Adventreis van Hoop
Die Hoop Van Kersfees
Advent: Christus Kom!
Vreugde! vir Jou Wêreld! 'n Aftelling tot Kersfees

Kyk Na Meer Leesplanne

Die-Jaar-In-Oorsig Foto: 2018 Se YouVersion Gemeenskap in Oorsig

2018

God se Gees beweeg die harte van mense regoor die wêreld. In antwoord daarop soek meer en meer Hom in Sy Woord. Die Bybel se wysheid is vandag relevant vir ons lewens: dit moedig ons aan, vul ons met hoopvolle verwagting en daag ons uit om beter lief te hê.

Te midde van hierdie herlewing is die huidige geslag besig om die mees Bybellesende geslag ooit te word. Saam met honderde van ons vennote vier ons die momentum wat ons gedurende 2018 dwarsoor die wêreldwye YouVersion Gemeenskap gesien het:

2018 Se Vers-van-die-Jaar

Die Bybelvers wat die meeste gedeel, geboekmerk, en die meeste deur die wêreldwye YouVersion Gemeenskap gekleurmerk was

Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.

Voltooide Leesplandae

950

MILJOEN

Leesplanne help jou om jou Bybellees roetine te vestig, deur vir jou kort, daaglikse keuses van lees-, oordenkings-, klank- of video-inhoud te gee.

Versbeelde Wat Die Meeste Gedeel Was:

Die Bybelversbeelde, per taal, wat die meeste dwarsoor die globale YouVersion Gemeenskap gedeel was.

Versbeeld vir Psalms 118: 24 Versbeeld vir Psalms 37: 5 Versbeeld vir Romeine 12:21 Versbeeld vir 1 Korintiërs 2:9
Engels Spaans Portugees Frans
Psalms 118:24 Psalms 37:5 Romeine 12:21 1 Korintiërs 2: 9
Versbeeld vir Matteus 6:34 Versbeeld vir Jesaja 40:31 Versbeeld vir Romeine 5:8 Versbeeld vir Spreuke 15:1
Indonesies Koreaans Duits Chinees
Matteus 6:34 Jesaja 40:31 Romeine 5:8 Spreuke 15:1
Versbeeld vir Spreuke 16:3 Versbeeld vir Openbaring 3:20 Versbeeld vir Jesaja 41:10 Versbeeld vir Jesaja 40:31
Hollands Roemeens Afrikaans Russies
Spreuke 16:3 Openbaring 3:20 Jesaja 41:10 Jesaja 40:31

Bybelverse Wat Gedeel Was

409

MILJOEN

Om Bybelverse te deel, nooi jy ander uit na jou geloofsreis, deur aanmoediging en inspirasie.

Globale Toename in Gebruik

Die Wêreldkaart dui die globale impak van die Bybel App aan

Hierdie lande het die grootste toename in Bybellees in 2018 getoon.

Bybelhoofstukke Gelees

27.2

MILJARD

Om die lig van God se lewende Woord op jou gedagtes en begeertes te laat skyn, bring genade, lewe en vrede in jou alledaagse lewe.

Klankhoofstukke Geluister

4.2

MILJARD

Om na die Skrif te luister terwyl jy pendel, oefen of werk, waar jy ook al is, wat jy ookal doen, help jou om God se Woord in jou lewe te laat inspreek.


Kry jou Oorsig

Jou Jaar in Oorsig

Het jy al jou jaar-in-oorsig foto gesien? In net een beeld sien jy al die maniere waarop jy in 2018 met God se Woord in die Bybel App besig was: Hoeveel leesplanne het jy voltooi? Hoeveel verse het jy gekleurmerk? Hoeveel Versbeelde het jy gemaak? Sien al hierdie en meer, in ‘n sosiale media-foto wat jy met jou vriende kan deel!

Kyk na Jou Jaar-in-Oorsig Foto