Bekendstelling van Ontdek: ‘n nuwe manier om te soek

Ontdek duimnaelbeelde

Soek het verander na Ontdek

Wat sê die Bybel oor hoop? Genesing? Vrede? Vreugde? Lyding? Nou kan jy meer doen as om net na ‘n onderwerp te soek; jy kan alles daaroor ontdek.

Ontdek ikoon

BEKENDSTELLING

Ontdek

Kry meer van wat jy soek.

Ontdek dit op jou selfoon

Met hierdie uitgebreide funksie
kan jy DIT alles ontdek …

Leesplanne Ikoon

Leesplan Tendense

Kry ‘n eksklusiewe kykie na watter leesplanne en Bybelonderwerpe die gewildste is.

Hart ikoon

Antwoorde vir Elke Emosie

Gelukkig? Hartseer? Opgewonde? Oorweldig? Tik jou gevoel in die soekbalk en vind toepaslike inhoud.

Ontdek ikoon

Jou Gunsteling Bybel Leraars

Soek ‘n predikant of spreker van wie jy hou en kry al hul Bybeltoep leesplanne en video’s op een plek.

Lys-ikoon

‘n Verpersoonlikte inhoudslys

Kry outomaties-saamgestelde voorstelle, gebaseer op die inhoud waarvan jy die meeste hou.

Ontdek nog meer …

Om Ontdek te begin gebruik, moet jy jou YouVersion Bybeltoep opdateer en dan die Ontdek-funksie druk (Ontdek ikoon). Terwyl jy tik, sal Ontdek outomaties jou voorstelle begin versamel. Wanneer jy gereed is, kan jy ook die soek-ikoon druk om al jou soekresultate te sien.

Kyk of daar ‘n opdatering is

Nader tot God, en Hy sal tot jou nader.

JAKOBUS 4:8

Hoe om in 2021 vorentoe te beweeg

Vrou praat op foon

Ons het almal gedragspatrone aangeleer wat die basis van ons daaglikse gebruike vorm. Wat gebeur egter as ons daaglikse gebruike skielik verander? Hoe beweeg ons vorentoe nadat ons ‘n jaar lank in onsekerheid gelewe het?

Die begin van 2021 is die perfekte tyd om ons denke te vernuwe, ons gewoontes van naderby te bekyk en ons harte voor te berei vir dit wat God volgende gaan doen.

Hier is vyf maniere om dit te doen:

  1. Sonder daagliks tyd saam met God af.
  2. As julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.

    JEREMIA 29:13

    Begin om gesonde gewoontes te bou deur tyd saam met God jou belangrikste prioriteit te maak. Wanneer jy tyd saam met Hom prioritiseer, laat jy Hom toe om jou denke te hernu en jou denkwyse te verander.

    Vra jouself af: Op watter tye van die dag vind ek dit die maklikste en die moeilikste om met God kontak te maak?

  1. Die oog gevestig op Jesus
  2. Laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.

    HEBREËRS 12:1-2

    Deur Jesus as die middelpunt van jou lewe te maak, sal jou help om enigiets tersyde te stel wat jou maklik kan verstrengel. Hierdie gebruik sal uiteindelik jou lewenswyse verander.

    Neem dus vandag ‘n oomblik om na te dink oor wat jou daarvan mag weerhou om jou fokus ten volle op Jesus te rig. Skep ‘n Gebed in jou Bybeltoep en maak ‘n lys van die afleidings wat jy wil laat vaar. Skep dan ‘n Gebedskennisgewing wat jou kan help om daagliks hierdie afleidings aan Jesus oor te gee.

    Vra jouself af: Watter begeertes weerhou my daarvan om Jesus die algehele middelpunt van my lewe te maak?

  1. Onthou aan Wie jy behoort
  2. … julle behoort nie aan julleself nie: julle is duur gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

    1 KORINTIËRS 6:19-20

    Niks wat jy die afgelope jaar opgeoffer het sal ooit vergelyk kan word met God se volkome offer aan jou nie. Wanneer jy dus ontmoedig raak, onthou dat God vir ewig in jou lewe belê is. Jou toekoms is in die hande van Iemand wat jou liefhet en Hy wil hê jy moet die mens word waarvoor Hy jou geskape het.

    Vra jouself af: Watter gewoontes sal my help om God meer te verheerlik?

  1. Begin klein
  2. Wie in die kleinste dinge betroubaar is, is ook in die groot dinge betroubaar; en wie in die kleinste dinge oneerlik is, is ook in groot dinge oneerlik.

    LUKAS 16:10

    Dit neem tyd om te groei, kies dus iets kleins wat jy wil verander en begin daarmee. Om een ding stelselmatig goed te doen, sal dit makliker maak om later ook ander gewoontes te bemeester. Wees genadig met jouself indien jy ‘n dag (of vyf) oorgeslaan het. Deur klein te begin, maak jy dit vir jouself makliker om op te staan en steeds vorentoe te beweeg.

    Vra jouself af: Watter klein dingetjie kan ek begin bemeester?

  1. Nooi ander om by jou aan te sluit
  2. Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.

    SPREUKE 27:17

    Ons is nie bedoel om alleen deur die lewe te gaan nie. Dit sal vir jou makliker wees om koers te hou as jy vriende nooi om by jou reis aan te sluit. Soek na ‘n Bybelleesplan wat julle graag wil lees en verbind julle dan om elke leesplandag saam deur te werk.

    Vra jouself af: Watter betroubare vriende kan ek nooi om by my aan te sluit?


Terwyl jy gesonde gewoontes ontwikkel, sal jy mettertyd agterkom dat jy al hoe meer die mens word wat God jou geskape het om te wees.

Dit neem net ‘n oomblik om aan die gang te kom; en hierdie vyf maniere is ‘n uitstekende beginpunt. Kies die nommer waarop jy eerste wil konsentreer en bly dan daartoe verbind om vorentoe te beweeg deur hierdie ekstra tree te neem …

Stel kennisgewings op wat jou kan help om dit wat belangrik is, na te streef.

Kennisgewings is ideaal in tye wanneer jy ekstra bemoediging nodig het om aan goeie gewoontes te bly bou. Deur kennisgewings in die Bybeltoep op te stel, is daar altyd ‘n manier om verbind te bly aan die Woord van God en sy wil vir jou. Tans kan jy kennisgewings vir die Vers-van-die-dag en YouVersion Gebed opstel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Vyf Gebruike Wat Jou Kan Help Om Die Persoon Te Word Wat God Jou Geskape Het Om Te Wees

Roterende beelde van mense wat die Bybeltoep op hul foon gebruik

Volg my voorbeeld: Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien …

MARKUS 10:42-45

Die dinge wat jy gereeld oor ‘n tydperk doen, maak jou die persoon wat jy uiteindelik word. Help jou gewoontes jou om ander met wysheid, deernis en vreugde te dien? Meer as die helfte van 2020 is al verby, maar dis nooit te laat om te begin groei nie. Hier is vyf geestelike gebruike wat jou kan help om die persoon te word wat God jou geskape het om te wees:

Vind wysheid in die Woord van God.

Vrou wat in haar dagboek skryf terwyl sy die Bybel op haar foon lees

Leesplanne help jou om God se Woord elke dag stuk-vir-stuk te leer ken en te ontdek. Jy kan dit lees, daarna luister of daarna kyk. Begin met ‘n gewilde leesplan, of soek volgens kategorie of tema — of selfs ‘n emosie. Wanneer jy ‘n leesplan begin, nooi vriende om dit saam met jou te doen.

Vind ‘n Leesplan >

Geniet gesprekke met God.

Persoon wat bid met oop Bybeltoep op selfoon

Gebed is bloot ‘n gesprek met God, oor enigiets wat in jou gedagtes is, net jy alleen of saam met vriende, en jy wat dan na Hom luister. Ons Gebedsfunksie help jou om tred te hou met die dinge waaroor jy bid, gebede wat jy geskep het en gebede wat jou vriende vir jou gestuur het.

Voeg ‘n Gebed by >

Maak kontak met ‘n Bybelse
gemeenskap.

Groepbyeenkoms

Ons is nie bedoel om alleen te lewe nie. Nooi vriende uit om by jou aan te sluit in die Bybeltoep, waar julle God se Woord saam kan verken, gebede met mekaar kan deel, en nog meer. Kyk na voorstelle vir vriende in jou Tuisvoer, druk op [Vriend-ikoon], of gaan na Meer, Deel die Bybeltoep.

Nooi Vriende Uit >

Eer God in aanbidding.

Hande omhoog in aanbidding

Maak elke dag tyd om jou Vader respek en eer te betoon. Sing vir Hom. Sê vir Hom in gebed dankie vir iets wat Hy in jou lewe gedoen het. Vertel vir ander wat Hy besig is om te doen. Soek na aanbiddingsliedere en luister daarna om jou gedagtes te hernu met ontsag vir Hom.

Leer Meer Hieroor >

Belê in God se koninkryk.

Persoon wat donasie op selfoon maak

God het die voorbeeld gestel vir vrygewigheid deur sy kosbaarste besitting, Jesus, te gee. Gee jou tyd deur ‘n beter luisteraar te word. Gebruik jou talente om ander in jou gemeenskap te dien. Gebruik jou bronne — eerstens in jou plaaslike kerk — of oorweeg om YouVersion se bediening te ondersteun.

Meer Idees >

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Hoe bestudeer jy die Bybel? Hier is vyf stappe …

Persoon wat op straat staan

Hierdie jaar moes baie van ons aanpas by ‘n “nuwe alledaagse” wat nie alledaags voel nie. Sulke skielike aanpassings kan ‘n mens se geestesgesondheid negatief beïnvloed en kan lei tot chroniese moegheid en uitbranding.

Te midde hiervan, roep God ons nog steeds om na Hom toe te kom en belowe om ons rus te gee. Een manier waarop ons nader aan God kom, is deur tyd in sy Woord deur te bring, maar hoe maak jy tyd met God ‘n daaglikse gewoonte? Hoe oorbrug jy die gaping tussen die kennis van die Skrif en die uitleef daarvan in jou alledaagse lewe?

Hier is vyf maklike stappe wat jou elke dag kan help om stil te raak, die Bybel te bestudeer en rus te vind — selfs al voel jy oorweldig.


Berei jou hart voor

Here, my hart is nie trots nie. Ek minag nie ander nie. Ek doen nie magtige dinge nie en ek kan nie wonderwerke doen nie. Maar ek is rustig en stil … en het vrede, soos ‘n baba by sy ma.

PSALM 131: 1-2

Begin jou stiltetyd deur hierdie Psalm hardop te lees en skryf dan jou besorgdhede en bekommernisse neer. Plaas in jou denke alles wat om jou aandag meeding in ‘n kassie en gee dit dan aan God. (Miskien moet jy hierdie proses ‘n paar keer herhaal voordat jy gereed voel om met die volgende stap voort te gaan.)

Vra die Here om met Jou te Praat

Voordat jy met jou daaglikse Bybelstudie begin, vra God om jou te help om sy Woord te verstaan en die Skrif korrek op jou lewe toe te pas. Hy belowe om ons sy wysheid te gee wanneer ons daarvoor vra.

‘n Gebed om Wysheid:

Onse Vader, maak my gedagtes stil, sodat ek U duidelik kan hoor. Ek vra u wysheid terwyl ek hierdie gedeelte bestudeer, sodat ek die Bybelse waarheid kan herken en op my lewe kan toepas. Help my om duidelik te sien hoe U in u Woord werk. Amen.

Stoor hierdie gebed in jou Bybeltoep

Ontleed hierdie Skrifgedeelte

Wanneer is die gedeelte geskryf? Wie was die beoogde gehoor? Wat is die hooftema? Is daar herhalende woorde en frases (indien wel, waarom)? Wat openbaar die gedeelte oor God se karakter?

Wanneer jy met jou Bybelstudie begin, lees die gedeelte ‘n paar keer deur en beantwoord elke keer ‘n ander vraag. Let veral op na frases of idees wat vir jou uitstaan.

Som die Skrif op

Wat het jou opgeval terwyl jy gelees het? Wy ‘n paar minute daaraan om die Here te vra om jou die waarhede in sy Woord te wys, en skryf dan een of twee belangrike waarhede uit die gedeelte neer. Dit sal jou help om tred te hou met die insigte wat God aan jou wys, en om dit te verwerk.

Beoefen wat jy Geleer het

As jy jou geloof wil versterk, is dit nie genoeg om bloot God se Woord te bestudeer nie — jy moet dit ook uitleef.

Skryf twee of drie maniere neer hoe jy die Skrif wat jy bestudeer, prakties wil toepas, en hou gereeld tred met jou vordering. Jy kan selfs in die Bybeltoep jou doelwitte in gebede omskep, en herinneringe stel om daaroor te bid!


Wanneer jy met jou Bybelstudie klaar is, wy ‘n paar minute aan stille nadenke en vra God om jou gedurende die dag aan alles te herinner wat jy geleer het.

Wanneer onsekerhede ons omring, sal ons besluit om daagliks tyd met God deur te bring, ons uiteindelik help om ons probleme en pyn vanuit sy ewige perspektief raak te sien. In hierdie proses sal ons rus vind vir ons siele en hernude hoop vir ons lewens.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Vier wat God doen!

Vrou in 'n veld

‘n Nuwe tydperk is op hande…

Ongeag wat hierdie jaar tot dusver vir jou ingehou het, glo ons dat God iets nuuts wil doen. Omdat God deurlopend in jou lewe werk, kan jy enige tydperk benader, vol vertroue en die sekerheid dat dit wat God in jou begin het, Hy ook sal voltooi.

Vier vir ‘n oomblik wat God reeds vir jou gedoen het, deur met vriende en familie ‘n Versbeeld te deel, oor hoe dit jou beïnvloed het.

Deel ‘n Versbeeld