‘n Gemeenskap wat … aanmoedig

Hart

Net soos in sosiale media, kan jy “hou van” jou vriende se aktiwiteit in YouVersion en kommentaar daarop lewer.

En saam het ons pas een miljard “hou van’s” behaal!

Dit is een miljard keer wat ons gemeenskap iemand aangemoedig het om aan te hou om die Bybel te lees en met God deur sy Woord ‘n verbintenis te maak.

Om ‘n vriend te hê wat jou aanmoedig, kan ‘n groot verskil maak …


“Ek het vriende in YouVersion gekry, en het besef dat ek nie alleen is nie. God het my daaraan herinner dat ek vriende het, ek word waardeer, en ek is glad nie waardeloos nie.”

KK | Texas, VSA


Miskien voel jy nou alleen. Of miskien kan jy daardie stem van aanmoediging vir iemand anders wees.

Ongeag enigiets, jy is deel van iets groter as jyself. Jy is deel van ‘n gemeenskap.

Begin ‘n leesplan saam met ‘n vriend, bid vir mekaar en kyk hoe jou gemeenskap en geloof groei.

Profielfoto's

Nooi ‘n vriend uit

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

100 tale. 36 lande.

100

Iets wonderbaarlik gebeur nou.

Sedert 2017, het ons YouVersion-gemeenskap mildelik aan Bybels vir Almal geskenk. Dit is ‘n veldtog wat daarop fokus om elke persoon op die planeet toegang tot die Skrif te gee.

Ons het so pas ‘n groot mylpaal bereik. Ons het saam bygedra tot befondsing van vertalings in 100 tale en in 36 lande!

Gee nou ‘n donasie

Jou vrygewigheid het vertalers en Bybeluitgewers regoor die wêreld bemagtig. Dit het aan miljoene mense toegang tot die Woord van God in hul eie tale gegee.

Dit sluit hulp in om die Skrif in Colombiaanse Gebaretaal te finansier, ‘n nuwe Oekraïense Bybelvertaling, inheemse tale in Ghana, en nog vele meer.

God doen wonderlike dinge deur ons gemeenskap se vrygewigheid. En dit is net die begin …

Daar is steeds ‘n geleentheid om duisende Bybelvertalings te help finansier. Jy kan deel wees van wat God in die lewens van mense regoor die wêreld doen deur vandag ‘n donasie te gee.

Gee nou ‘n donasie

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


Alle bydraes wat deur die Bybel vir Almal-veldtogte ontvang word, sal uitsluitlik vir die vertaling van die Bybel gebruik word en oor verskillende vertaalprojekte van hoë impak versprei word. Namate elke projek voltooi word, sal enige oorblywende fondse dan aangewend word vir die volgende vertaalprojek wat deur YouVersion en sy vennote gekies word.

“Waar is God as ek alleen voel?”

Persoon wat na water kyk

Selfs wanneer jy alleen voel, is God steeds by jou.

As God naby is, hoekom voel jy nie sy teenwoordigheid of het jy nie sy vrede nie?

Elia was ‘n getroue dienaar van God, tog het hy met eensaamheid geworstel. Nadat hy die valse profete van Baäl verslaan het, was hy bang en het in ‘n grot weggekruip, oorwonne en heeltemal alleen.

Maar, God het hom nie verlaat nie.

As God ver voel, is hier drie wenke oor sy karakter uit Elia se verhaal.

  1. Jy kan eerlik met God wees oor hoe jy voel.

    God het aan Elia verskyn en gevra: “Wat maak jy hier?”

    Elia het geantwoord: “Net ek alleen het oorgebly, en hulle soek my om my ook om die lewe te bring.”

    Elia was eerlik met God. Hy was bang om sy lewe te verloor en het getwyfel of God sy situasie ten goede kon gebruik.

    Maar sy eerlikheid het God nie bang gemaak of beledig nie.

    Soos ‘n goeie vriend het God Elia nie in sy nood verlaat nie. Dieselfde geld vir jou. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie.

  2. Selfs wanneer jy Hom nie voel nie, is God altyd by jou.

    Elia se lewe was in gevaar, daarom het hy die enigste ding gedoen waaraan hy kon dink — weggekruip.

    Wanneer ons bang is, kan ons vergeet van God se belofte om by ons te wees, en maak ons op ons eie krag staat om te oorleef.

    Selfs wanneer ons God se belofte vergeet, herinner Hy ons daaraan dat Hy naby is.

    God het vir Elia gesê om op die berg te staan. ’n Kragtige wind het die berg uitmekaar geruk. Na die wind, was daar ‘n aardbewing. Na die aardbewing het ‘n brand gevolg.

    Maar God was nie in die wind, aardbewing of vuur nie.

    Na die brand was daar ‘n sagte fluistering. Dit was in daardie oomblik dat Elia dadelik geweet het God is by hom.

    Ons soek dikwels na God in die groot oomblikke in ons lewens, maar Hy is ook in die stilte.

  3. God openbaar wat jy nie kan sien nie.

    Elia was oortuig hy is die enigste een wat nog in God glo.

    God het egter geopenbaar dat daar nog 7 000 in Israel was wat nie in aanbidding voor Baäl gebuig het nie.

    Elia het gevoel asof hy die enigste een was, maar God het hom daaraan herinner dat dit nie so was nie.

    Eensaamheid ontstaan nie altyd wanneer jy alleen is nie. Dit kan ook ontstaan as jy dink jy is alleen.

Soos Elia, is jy dalk op ‘n plek waar jy afgesonder, verlate of vergete voel.

Onthou net, jy hoef God nie te voel om te weet dat Hy naby is nie. God is altyd by jou.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Wat beteken dit?

Persoon wat foon gebruik

Lees jy ooit verse in die Bybel verskeie kere en probeer verstaan wat dit beteken?

Leesplanne is ‘n goeie manier om jou die Bybel te help verstaan en in jou geloof te groei.

En wanneer ons fondament in die Woord van God gevestig is, word ons geloof sterker, wat elke aspek van ons lewens vernuwe.

Soek nog leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gemeenskapshoogtepunte

Chris

WAT JY SÊ

“My leesgestremdheid het my nog altyd beïnvloed …”

CHRIS, VERENIGDE STATE

Wanneer dit by Bybellees kom, was ek al vir jare beperk tot ‘n oppervlakkige begrip.

Maar toe ek na Klankbybels begin luister, het my ervaring heeltemal verander. Ek kon God uiteindelik ten volle deur sy Woord ontmoet.

Ek was skaam oor my leesgestremdheid, maar met YouVersion wat vir my behoeftes omgee, help dit my om ondersteun en gekoester te voel.


Om na Klankbybels te luister, maak jou gunsteling Bybelweergawe in die Bybeltoep oop en druk op die luidsprekerikoon boaan jou skerm.


FUNKSIE WAARVAN JY HOU

Gebedsherinneringe

Ons kan almal van tyd tot tyd ‘n herinnering gebruik dat ons met God oor enigiets kan praat.

Om gebedsherinneringe op te stel, gaan na jou “Push”-kennisgewingsinstellings in YouVersion, en druk op “Herinner my om te bid.”

Begin nou


BYBELGEWOONTES WAT JY BOU

Oor die afgelope maand het ons gemeenskap meer as 69 000 000 leesplandae voltooi.

Dit is gelykstaande aan die hele bevolking van die Verenigde Koninkryk wat ‘n leesplandag lees.

Begin met ‘n leesplan

Met leesplanne groei jy elke dag nader aan God, saam met ‘n diverse, wêreldwye gemeenskap. Dis iets om te vier!


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos