Help jou kinders om Paasfees te verstaan

'n Blye Sondag

Opoffering. Opstanding. Verlossing. Vernuwing. Hierdie begrippe is selfs vir ‘n volwassene moeilike om te verstaan. Hoe kan ons dit aan ons kinders bekendstel in ‘n konteks van hul eie, kinderlike geloof? Ons het vier verhale in die Bybel App vir Kinders geskep wat help om juis dit te doen.

Pa en seun wat op 'n tablet speel

Kyk saam met jou kinders na Die Laaste Ete, In die Tuin, Dit is Gedoen, en ‘n Blye Sondag en ervaar die Paasverhaal op maniere wat hulle dit maklik kan verstaan. Die interaktiewe animasies in elke verhaal, sal hulle aandag trek. Elke verhaal se prettige aktiwiteite sal hulle help leer wat Jesus se opoffering vir hulle beteken.

Laat jou kinders se vrae ‘n aanknopingspunt wees om te gesels oor hoe julle Jesus saam kan volg.

Laai die toep af

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Hoe was Jesus se laaste week?

Dit is die
Heilige Week …

Jesus het die week voor sy kruisiging tyd gemaak om sy dissipels te herinner dat die dood nie sou oorwin nie en dat sy koninkryk ook nooit sou eindig nie. Omdat hulle egter nie verstaan het wat sou kom nie, het hulle nie besef dat Hy terselfdertyd aan hulle gesê het “Ek het julle lief” en “totsiens” nie.

Vandag herinner Heilige Week ons dat God nie klaar is nie. Selfs in daardie oomblikke wanneer ons verwagtinge kwyn — is daar nog hoop. God is nog nie klaar nie.

Begin dus op Palmsondag om na te dink oor die lewe wat jy het danksy Jesus se opoffering, en voltooi ‘n Paasfeesleesplan. (Wanneer jy dit doen, sal jy ook die Paasfees Uitdaging Kenteken verwerf.)

Kyk na die Paasfeesversameling

Verwerf jou Paasfees Uitdaging Kenteken!

Paasfees Uitdaging Kenteken

Kom ons sien saam uit: Paassondag is oor net twee weke.

Voltooi enige Paasfeesleesplan tussen nou en dan om die Paasfees Uitdaging Kenteken te verwerf. Wanneer jy met ‘n leesplan begin, kan jy ‘n paar vriende uitnooi om by jou aan te sluit om jul gedagtes op die opgestane Christus te rig.

… hou die oog gevestig op Jesus … Hy het die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins … Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God … Hou Hom dus voor oë. Dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie.

HEBREËRS 12:2-3

Nog Leesplanne oor Paasfees

Gewilde Bybelverse – Maart 2021 – En my volk…

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.


2 TIMOTEUS 1:7

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.


2 KRONIEKE 7:13-14

Moenie bang wees nie, Ek is by jou,moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas,met my eie hand red Ek jou.


JESAJA 41:10

Gaan in julle slaapkamers in, my volk,sluit die deure agter julle toe.Kruip ‘n rukkie weg totdat God klaar is met straf.Die Here kom uit sy woonplek te voorskynom die bewoners van die aarde te straf oor hulle ongeregtighede.Die aarde sal vertel van die bloed wat daarop vergiet isen sal nie meer die mense wat vermoor is, wegsteek nie.


JESAJA 26:20-21

Maar dít sal ek ter harte neemen om dié rede bly ek hoop:deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;daar is geen einde aan sy ontferming nie,dit is elke môre nuut.U trou is groot.Ek sê vir myself: Die Here is my lewe,daarom hoop ek op Hom.


KLAAGLIEDERE 3:21-24

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.


JAKOBUS 1:12

Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.


HEBREËRS 13:16

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vinden die beskerming van die Almagtige geniet,hy sê vir die Here:“U is my toevlug en my veilige vesting,my God op wie ek vertrou.”


PSALMS 91:1-2