Leesplanne oor moed

Onthou wanneer jy bang is, dat jy nie alleen is nie. God belowe om langs jou te loop en jou laste te verlig.

Steun vandag op die krag van God en ontdek met een van hierdie leesplanne hoe om moedig te leef.

Ontdek nog leesplanne


Wil jy help om hoop aan ander bekend te maak?

Wanneer jy ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy miljoene mense om die krag van die Woord van God te ervaar.

Gee ‘n donasie >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Ervaar die saligsprekinge in Daagliks Bygewerk

Landskap met sandduine.

Wat is die saligsprekinge?

“Geseënd is dié wat …”

Matteus 5:4

In Jesus se bergrede kondig Hy baie verskillende seëninge aan, ook bekend as saligsprekinge, en verduidelik Hy hoe die koninkryk van die hemel sal lyk.

Wat beteken daardie seëninge egter vir ons?

Beleef hierdie week die saligsprekinge op ‘n heel nuwe manier in Daagliks Bygewerk.

In Vers-van-die-dag sal jy elke dag ‘n nuwe seën ondersoek. Dan sal jy, danksy unieke inhoud van ons vennoot, Propel Women, in die Gebedsgids kan nadink wat hierdie seëninge vir jou beteken.

Voltooi al agt tema-dae oor die saligsprekinge in Daaglikse Bygewerk en verdiep so jou verhouding met God en sy Woord.

Maak Daagliks Bygewerk oop

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Vind jou gunsteling Bybelweergawe met meer as 3 000 weergawes in die Bybeltoep!

almal, oral, elke dag.

Vier hierdie mylpaal saam met ons!

Die Bybeltoep van YouVersion het as ‘n idee in die sekuriteitslyn van ‘n lughawe begin.

Om egter hierdie idee ‘n werklikheid te maak, het ons een baie belangrike ding nodig gehad — die Bybel!

Oor die afgelope 15 jaar het ons Bybeluitgewers-vennote mildelik Bybelweergawes aan YouVersion verskaf omdat hulle glo in ons missie: om almal, oral, elke dag te bereik.

En as gevolg van hul vennootskap het ons sopas ‘n groot mylpaal bereik — daar is nou meer as 3 000 Bybelweergawes in 2 000 tale.

Vier vandag wat God doen deur die getrouheid van Bybeluitgewers-vennote deur jou gunsteling Bybelweergawe in die Bybeltoep te vind!

Verken Bybelweergawes

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

“Hoekom gebeur dit?”

Iemand wat deur 'n venster kyk

Dit maak nie saak wat jy in die gesig staar nie, weet dit: God het ‘n doel met jou lewe, selfs wanneer jy dit nie sien nie.

In Prediker 3 sê die skrywer vir ons daar is ‘n tydperk vir alles — om te dans, treur en te lag.

Hierdie Skrifgedeelte beskryf die skoonheid van die lewe, maar ook die swaarkry wat daarmee gepaard gaan. Dit wys vir ons dat ons selfs tydens moeilike tye kan vertrou dat God aan die werk is.

“God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd … Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.”

Prediker 3:11

God werk buite ons ideale tydsberekening om iets groter te skep as wat ons ooit kon dink.

Die Skrif sê vir ons dat ons ervarings — goed of sleg — in God se hande is, en sy tydsberekening is volmaak.

Dit voel dalk nie nou so nie, maar God beweeg in jou lewe of jy dit nou kan sien of nie.

Dink vandag na oor Prediker 3 en vra God om jou te help om Hom en sy tydsberekening te vertrou.

Lees Prediker 3

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

September Gewilde Leesplanne

Leesplanne oor gebed

Wat weerhou jou daarvan om te bid soos jy graag wil?

Ons het van ons gemeenskap hierdie vraag gevra en ontdek dat baie wil bid, maar sukkel om te fokus, nie tyd het nie, of nie weet waar om te begin nie.

Voel jy dieselfde?

Ontdek hoe jy jou verhouding met God kan verdiep deur gebed met hierdie leesplanne.

Ontdek nog leesplanne


Terwyl jy nader aan God beweeg deur gebed, vra Hom hoe jy ‘n vrygewige lewe kan lei.

Wanneer jy ‘n donasie aan YouVersion gee, help jy miljoene mense om die krag van die Woord van God te ervaar — net soos jy.

Gee ‘n donasie >


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos