Hoe kan jy vandag nader aan God kom?


Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!

PSALM 95:6

Ontwikkel ‘n Hart van Aanbidding

Wat kom in jou gedagtes op as jy oor aanbidding dink?

Aanbidding is meer as om liedere in die kerk te sing — dis ‘n daaglikse uitdrukking van ons eerbied, ontsag en lof teenoor God.

God is altyd waardig om geprys te word, ongeag ons omstandighede. Dis belangrik dat ons dit ‘n prioriteit maak.

Neem vandag ‘n paar minute om stil te raak en jouself aan God se getrouheid te herinner. (Jy kan dalk liedere tot sy eer sing of vir Hom sê wat in jou gedagtes aangaan.)

As jy klaar is …

Begin met een van hierdie leesplanne om te ontdek hoe jy ‘n lewe van aanbidding kan leef.

Kyk Na Nog Leesplanne

Hoe bestudeer jy die Bybel? Hier is vyf stappe …

Persoon wat op straat staan

Hierdie jaar moes baie van ons aanpas by ‘n “nuwe alledaagse” wat nie alledaags voel nie. Sulke skielike aanpassings kan ‘n mens se geestesgesondheid negatief beïnvloed en kan lei tot chroniese moegheid en uitbranding.

Te midde hiervan, roep God ons nog steeds om na Hom toe te kom en belowe om ons rus te gee. Een manier waarop ons nader aan God kom, is deur tyd in sy Woord deur te bring, maar hoe maak jy tyd met God ‘n daaglikse gewoonte? Hoe oorbrug jy die gaping tussen die kennis van die Skrif en die uitleef daarvan in jou alledaagse lewe?

Hier is vyf maklike stappe wat jou elke dag kan help om stil te raak, die Bybel te bestudeer en rus te vind — selfs al voel jy oorweldig.


Berei jou hart voor

Here, my hart is nie trots nie. Ek minag nie ander nie. Ek doen nie magtige dinge nie en ek kan nie wonderwerke doen nie. Maar ek is rustig en stil … en het vrede, soos ‘n baba by sy ma.

PSALM 131: 1-2

Begin jou stiltetyd deur hierdie Psalm hardop te lees en skryf dan jou besorgdhede en bekommernisse neer. Plaas in jou denke alles wat om jou aandag meeding in ‘n kassie en gee dit dan aan God. (Miskien moet jy hierdie proses ‘n paar keer herhaal voordat jy gereed voel om met die volgende stap voort te gaan.)

Vra die Here om met Jou te Praat

Voordat jy met jou daaglikse Bybelstudie begin, vra God om jou te help om sy Woord te verstaan en die Skrif korrek op jou lewe toe te pas. Hy belowe om ons sy wysheid te gee wanneer ons daarvoor vra.

‘n Gebed om Wysheid:

Onse Vader, maak my gedagtes stil, sodat ek U duidelik kan hoor. Ek vra u wysheid terwyl ek hierdie gedeelte bestudeer, sodat ek die Bybelse waarheid kan herken en op my lewe kan toepas. Help my om duidelik te sien hoe U in u Woord werk. Amen.

Stoor hierdie gebed in jou Bybeltoep

Ontleed hierdie Skrifgedeelte

Wanneer is die gedeelte geskryf? Wie was die beoogde gehoor? Wat is die hooftema? Is daar herhalende woorde en frases (indien wel, waarom)? Wat openbaar die gedeelte oor God se karakter?

Wanneer jy met jou Bybelstudie begin, lees die gedeelte ‘n paar keer deur en beantwoord elke keer ‘n ander vraag. Let veral op na frases of idees wat vir jou uitstaan.

Som die Skrif op

Wat het jou opgeval terwyl jy gelees het? Wy ‘n paar minute daaraan om die Here te vra om jou die waarhede in sy Woord te wys, en skryf dan een of twee belangrike waarhede uit die gedeelte neer. Dit sal jou help om tred te hou met die insigte wat God aan jou wys, en om dit te verwerk.

Beoefen wat jy Geleer het

As jy jou geloof wil versterk, is dit nie genoeg om bloot God se Woord te bestudeer nie — jy moet dit ook uitleef.

Skryf twee of drie maniere neer hoe jy die Skrif wat jy bestudeer, prakties wil toepas, en hou gereeld tred met jou vordering. Jy kan selfs in die Bybeltoep jou doelwitte in gebede omskep, en herinneringe stel om daaroor te bid!


Wanneer jy met jou Bybelstudie klaar is, wy ‘n paar minute aan stille nadenke en vra God om jou gedurende die dag aan alles te herinner wat jy geleer het.

Wanneer onsekerhede ons omring, sal ons besluit om daagliks tyd met God deur te bring, ons uiteindelik help om ons probleme en pyn vanuit sy ewige perspektief raak te sien. In hierdie proses sal ons rus vind vir ons siele en hernude hoop vir ons lewens.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Ons sien hoe God wonderbaarlike dinge doen.

Mense agter 'n kaart oorleg

Hoe sal dit vir ons wees om God se koninkryk te sien en hoe sy wil op aarde geskied?

Ons wil sien dat mense uit elke stam, taal, volk en nasie daagliks nader aan God kom. Alles wat ons by YouVersion skep, ontwerp ons om dit te laat gebeur.

Dit werk: oor die afgelope paar maande het ons gesien hoe God meer mense na Hom toe trek om met Hom deur sy Woord kontak te maak. Ons het gesien hoe mense na liefde, vrede en geregtigheid in die Bybel soek, dit wat hulle gevind het met ander deel, deur middel van 40 miljoen verse elke maand. Ons het gesien hoe meer gesinne as ooit tevore die Bybelse waarhede in die Bybel App vir Kinders verken. Ons het ook gesien hoe miljoene gebede bygevoeg is sedert YouVersion Gebed vroeër vanjaar bekend gestel is.

Baie dankie aan al ons vrygewige vennote en ondersteuners. Julle maak dit vir ons moontlik om daagliks Christus se hoop en genesing aan ‘n wêreld in pyn te weerspieël. Julle maak dit vir mense soos Gulshan moontlik om hoop in God se Woord te vind:

Gulshan S. <span>- Mumbai, Indië</span>

Gulshan S. – Mumbai, Indië

“YouVersion was soos ‘n oase in die woestyn. YouVersion het my geestelike lewe verryk met daaglikse verse en leesplanne propvol Goddelike oplossings. YouVersion het my geleer hoe om te bid en probleme te hanteer en help my nog steeds daarmee.”

Ons kan nie wag om te sien wat Hy volgende gaan doen nie.

Terwyl daar regoor die wêreld mense na hoop en rigting soek, mag dit een van die grootste geleenthede wees — nie net om die wêreld vandag te verander nie, maar om ‘n verskil in die ewigheid te maak. Bid dus asseblief saam met ons en sluit by ons aan om mense regoor die wêreld te help om ‘n geestelik-verrykte roetine te ontwikkel deur elke liewe dag intiem na God te soek.

Skenk Nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Dis wat vir jou wag: 🏅

2020 se Halfjaarlikse Uitdaging

Daar is nog tyd…

Maak dit jou oomblik.

Waardeur jy ook al nou gaan, jy kan altyd tot God nader. Hy hou nooit op om vir ons te wag om weer ons hart en gedagtes op Hom te fokus nie.

Die Halfjaarlikse Uitdaging is ‘n wonderlike manier om God se hart te leer ken — en daar is nog tyd om te begin. Voltooi net ten minste een dag van ‘n leesplan vir sewe agtereenvolgende dae, voor 31 Julie, om ‘n unieke kenteken verwerf.*

Gryp die oomblik aan en begin!

Soek jy nog na ‘n leesplan?

Probeer een van hierdie:

Kyk Na Nog Leesplanne


* Gaan kyk na ons webjoernaal vir al die besonderhede oor die Halfjaarlikse Uitdaging.

Kom ons fokus opnuut tydens die Halfjaarlikse Uitdaging.

2020 Halfjaarlikse Uitdaging

Hoe het 2020 tot dusver vir jou verloop? Vir baie van ons was die afgelope ses maande verwarrend en ontmoedigend — gekenmerk deur verdeeldheid, pyn en verlies.

As die onsekerheid van hierdie jaar jou verwyderd van God laat voel het, is dit nie te laat om opnuut op Hom te fokus nie. Ons weet miskien nie wat die res van hierdie jaar inhou nie, maar ons kan op die volgende waarhede staatmaak: God gaan saam met ons en Hy sal altyd nader kom as ons na Hom soek.

Daarom doen ons die Halfjaarlikse Uitdaging: om ons te help om ons gedagtes op die belangrikste te fokus – God en sy Woord.


Hoe om met die Halfjaarlikse Uitdaging te begin

Voltooide Leesplandag

Verwerf die Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken deur in Juliemaand, ten minste een dag van ‘n Leesplan vir sewe agtereenvolgende dae, te voltooi.

Halfjaarlikse Uitdaging se Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die Uitdaging ten beste te gebruik. Stel ‘n daaglikse kennisgewing op om seker te maak dat jy nie een dag oorslaan nie. Doen dit by jou Leesplaninstellings.

Dis al! Is jy gereed om te begin? Kies nou dadelik jou Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos