Drie Bemoedigende Waarhede om te Onthou as die Lewe Moeilik Raak…


Dink aan die dissipels wat saam met Jesus in ‘n boot was toe ‘n lewensgevaarlike storm opsteek. Hulle is onvoorbereid daarvoor, is paniekerig en besef dat hulle kan doodgaan. Terwyl dit gebeur, is Jesus rustig aan die slaap.

In plaas daarvan om na Jesus se reaksie op hul omstandigheid te kyk, laat die dissipels toe dat die omstandigheid hulle reaksie bepaal.

Nadat hulle Jesus gesmeek het om iets te doen, laat Hy die storm bedaar… maar nie voor Hy vra: “Hoekom is julle bang?” nie.

Sy sagte teregwysing oor hul gebrek aan geloof was nie omdat hulle nie geglo het Jesus kan hulle van die storm red nie, maar omdat hulle gesukkel het om te glo dat Hy hulle daardeur sou neem.

Hoe reageer ons met geloof as ons in storms beland wat ons nie kan beheer nie? Hier is drie bemoedigende waarhede om te onthou:

1. God het mag oor elke storm.

As die wind en die golwe Hom nie bekommer nie, moet hulle jou ook nie bang maak nie. Miskien kan jy nie jou omstandigheid verander nie, maar jy kan kies om God te midde daarvan te vertrou.

2. As jy jou oë op Jesus vestig, lei dit tot vrede.

Kyk jy na die grootte van die storm, of keer jy jou na die Een wat dit kan kalmeer? Jy kan slegs met die hulp van God, wat elke uitkoms ken, deur elke situasie met sy wysheid en vrede kom.

3. Jesus is altyd in jou boot.

Dit is maklik om op jou vrese te fokus as jy nie jou toekoms kan beheer nie. Maar gelukkig ken Jesus jou toekoms, en Hy is altyd by jou. Hy roep jou om deur geloof te leef, nie deur sien nie.

Jy het altyd twee keuses as die lewe jou oorweldig: jy kan op jou omstandighede fokus, of jou oë op Jesus rig.

As jy kies om bo alles na Jesus te kyk, sal jy begin sien dat die storms wat jou in die gesig staar nie naastenby so kragtig is as die Verlosser wat kies om saam met jou deur die storm te loop nie.

Oordink God se Woord

Moedig die vroue in jou lewe aan…

Versbeeld

Herinner iemand dat sy bewonder word.

Wil jy nie vandag… hierdie woorde met iemand deel wat jou hart aangeraak het nie?

Jou vriendin, wat altyd goeie raad het…

Jou buurvrou, wat haar kinders goed grootmaak…

Daardie meisie saam met wie jy werk, wat jou altyd die waarheid sal vertel, al is dit moeilik…

Jou suster, wie jou beter ken as enigiemand – en jou nog steeds liefhet…

Jou ma, wat altyd ‘n deel van jou sal wees…

Jou dogter, wat jou inspireer om ‘n ouer te word wat haar waardig is…

Jou vrou, want jy kan nooit te veel sê: “Ek is lief vir jou” nie…

Deel die Versbeeld

Probeer om dit vir die Eerste Vyf Minute van Elke Dag te Doen

Vers-van-die-dag ikoon

Wat is die eerste ding wat jy doen as jy soggens wakker word? Gryp jou selfoon en blaai deur Instagram? Gaan jou boodskappe en e-posse na? Lees die nuus?

Daardie eerste vyf minute kan die stemming vir die res van jou dag bepaal. Hoe laat jou keuses jou gedurende hierdie tyd voel? Gespanne? Angstig? Asof jy agter raak nog voor jy uit die bed opgestaan het?

Gestel jy nooi God uit om eerste in jou dag te praat? Môre, voordat jy iets anders doen:

1. Bid ‘n eenvoudige gebed.

Dalk so iets:

Hemelse Vader, voorsien asseblief vandag in my gesin se behoeftes. Maar gee asseblief vir my meer as kos, Here — praat asseblief met my deur u Woord. Help my om u stem te hoor. Amen.

2. Lees of luister na die Vers-van-die-dag en let op na enigiets wat jou tref.

Ons sal hierdie vers as voorbeeld gebruik:

Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God.

1 JOHANNES 4:7

Voorbeelde van notas wat jy kan maak:

– Wie is “mekaar”?

– Liefde kom van God af

– Ek moet “God ken” om waarlik lief te hê

3. Dink na oor hoe jy dit kan toepas wat God vir jou wys.

Hier is ‘n paar idees vir ons voorbeeldvers:

– Vandag moet ek ‘n vriend aanmoedig

– Kan ek by ‘n kerkgroep aansluit en by ander volgelinge van Jesus inskakel?

– Kan ek ‘n maaltyd vir iemand voorsien wat deur ‘n moeilike tyd gaan?

4. Bid weer ter afsluiting.

Vra God hierdie keer om jou te help met alles wat Hy vandag aan jou gewys het. Byvoorbeeld:

Vader, dankie vir u volmaakte liefde. Wys my asseblief hoe ek U beter kan leer ken. Help my om mense lief te hê soos U dit doen. Wys my asseblief wat U wil hê ek volgende moet doen. Dankie, Here. Amen.

Dis dit! Jy kan elke dag dieselfde tegniek gebruik—met enige Skrifgedeelte. Of, selfs nog beter, teken in op Vers-van-die-dag, sodat die Bybel Toep jou elke dag kan herinner om God en sy stem eerste te stel.

Teken in vir die Vers-van-die-dag

Bekendstelling… YouVersion Gebed


Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Maak Gebed ‘n deel van jou daaglikse lewe.

Gebedslys op die Tuisblad

Hou rekord waarvoor jy bid – Gebede wat jy skep en wat vriende vir jou stuur.

Deel met Vriende

Vra vriende om vir jou te bid. Jy kan ‘n gebed privaat hou, dan sien net die mense wie jy uitgenooi het die gebed. Jy kan ook ‘n gebedsketting skep waar jou vriende en vriende se vriende jou gebed kan deel.

Opdateer Gebede

Jy kan jou gebede opdateer, as beantwoord merk en selfs in die argief plaas (jy behou hulle, maar hulle verskyn nie op jou gebedslys nie).

Bid Bybelverse

Wanneer Bybelverse tot jou spreek, kan jy dit in jou gebedslys stoor as ‘n gebed.

YouVersion Gebed

Openhartige gesprekke met God,
in ‘n gemeenskap.

YouVersion Gebedsopdatering

Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

1 Tessalonisense 5: 17-18

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die 21-Dae Uitdaging se resultate is HIER!

Man wat op 'n rots staan - 21-Dae Uitdaging

Gedurende Februarie het julle, die wêreldwye YouVersion Gemeenskap, bymekaargekom en meer as 120 miljoen Leesplandae voltooi, wat ‘n nuwe rekord is!

Julle inspireer ons.

Aan elkeen wat aan die 21-Dae Uitdaging deelgeneem het: Baie dankie. Julle toewyding om God en gemeenskap te soek, is die rede waarom hierdie uitdaging ‘n sukses was.

Behou nou net… jou momentum.

Elke Leesplandag wat jy vir die 21-Dae Uitdaging voltooi het, help om jou Bybellees gewoonte te vestig. Een manier om jou momentum te behou, is om jou aaneenlopende weke te vermeerder. Hou net aan om Leesplanne te lees, een week na die ander.

En met duisende leesplanne om van te kies, is jy net ‘n paar klikke van jou volgende gunsteling af:

Vind Jou Volgende Leesplan

Het jy die 21-Dae Uitdaging voltooi? Mooi so!

21-Dae Uitdaging Kenteken

Gaan na jou profiel (in die Bybel Toep) om jou kenteken te sien, en kies Kentekens.1

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos


1 As jy nog nie jou 21-dae kenteken kan sien nie, moenie bekommerd wees nie! Dit mag dalk ‘n paar dae neem om te wys.