‘n Oorsig van 2019:

2019

Delf Dieper,
Kom Nader.

Topografiese kaartlyne

Dink terug aan die stryde en oorwinnings wat jy hierdie jaar ervaar het. Hoe het God Homself aan jou in daardie oomblikke geopenbaar?

Ons is opgewonde oor alles wat God in 2020 deur YouVersion gaan doen. (Hou dop: Groot dinge is op pad!) Kom ons neem nou eers ‘n oomblik om terug te dink aan ‘n paar kragtige maniere waarop God in 2019 in ons wêreldwye YouVersion gemeenskap gewerk het:

Twee vroue wat na 'n foon kyk

Verhoudings
Herstel

MfonNigerië

Mfon se huwelik was op die rotse en sy het moed opgegee. Toe het sy elke dag op pad werk toe op die bus, die leesplan oor die huwelik in die Bybel Toep begin lees. Soos wat Mfon God se Woord begin studeer het, het haar hart versag en sy het besef daar is nog hoop vir haar huwelik. Sy het met haar man versoen onder die inspirasie van God se Woord.

…Mfon se storie eindig egter nie daar nie…

Op ‘n dag het ‘n vrou wat agter Mfon op die bus gesit het, met haar begin praat en erken dat sy elke dag die Bybel Toep oor Mfon se skouer saam met haar lees. Hierdie vrou het ook ‘n moeilike huwelik gehad. Een van die leesplanne het haar hart aangeraak en sy het haar man vergewe. As gevolg van Mfon se besluit om ‘n leesplan te lees, is twee huwelike nou herstel.

Mfon se storie is kragtig, maar dit is egter net een van baie. Elke leesplan dag wat in hierdie jaar voltooi is, verteenwoordig ‘n lewe wat God besig is om te verander:

1.1

Leesplan Dae is in 2019 voltooi.

Vrou wat na 'n foon luister

Om Sig te verloor… en om Klank te Vind

AliceVSA

In 2014 is Alice met gedeeltelike gesigsverlies gediagnoseer en wettig blind verklaar. Sy kon nie meer lees nie en moes ‘n ander manier vind om nader aan God te kom. Sy het ontdek dat sy ‘n tablet kon gebruik as die lig net reg was. Dis toe dat Alice die Klankbybels op YouVersion ontdek het. Sy het elke nag daarna begin luister. Hoe meer sy geluister het, hoe meer het God se Woord vir haar lewendig geword en haar ‘n dieper begrip van God gegee.

Alice glo nou dat mense die Bybel moet kan hoor. Gelukkig maak Klankbybels dit makliker om God se Woord te hoor – te enige tyd, op enige plek.

5.6

Klankhoofstukke is in 2019 gespeel.

Hoe kan ons sulke groot getalle soos hier onder begryp? Deur te herken wat hulle in werklikheid verteenwoordig: oomblikke wanneer mense na God toe uitreik en Hy hulle harte aanraak. Kom ons vier fees en wy ons daaraan toe om 2019 sterk te voltooi!

Lees ikoon

Bybelhoofstukke Gelees

Boekmerk ikoon

Kleurmerke, Boekmerke en Notas

Deel ikoon

Verse Gedeel

Bybellees Vermeerdering volgens Land:

Bybellees op 'n kaart aangedui, met vermeerdering volgens land

Hierdie lande het die hoogste groei getoon wat Bybellees aanbetref in 2019.


2019 Se Vers-van-die-Jaar:

Filippense 4:6

“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.”

Die Bybelvers wat die meeste gedeel, geboekmerk, en deur die wêreldwye YouVersion Gemeenskap gekleurmerk was.

Die Versbeeld Wat Die Meeste Gedeel Is, Volgens Taal:

Psalms 103:13 se Versbeeld Efesiërs 4:26 se Versbeeld Psalms 56: 3 se Versbeeld
Engels Filippyns Spaans
Psalms 103:13 Efesiërs 4:26 Psalms 56:3
Jesaja 40:31 se Versbeeld Psalms 103:13 se Versbeeld 1 Petrus 4:8 se Versbeeld
Koreaans Portugees Japanees
Jesaja 40:31 Psalms 103:13 1 Petrus 4:8
Psalms 103:13 se Versbeeld 1 Korintiërs 13:13 se Versbeeld Psalms 103:13 se Versbeeld
Frans Italiaans Roemeens
Psalms 103:13 1 Korintiërs 13:13 Psalms 103:13
Johannes 11:25 se Versbeeld Psalms 102:13 se Versbeeld 1 Korintiërs 13:4 se Versbeeld
Duits Russies Nederlands
Johannes 11:25 Psalms 102:13 1 Korintiërs 13:4
Psalms 46:1 se Versbeeld Filippense 4:6 se Versbeeld Psalms 103:13 se Versbeeld
Chinees Indonesies Afrikaans
Psalms 46:1 Filippense 4:6 Psalms 103:13

Die Versbeeld wat die meeste kere in 2019 die deur die wêreldwye YouVersion Gemeenskap gedeel is, volgens taal.


Ontdek Jou Storie

Ons het ‘n storie om te vertel.

Sien hoe jy hierdie jaar, d.m.v. die YouVersion Bybel Toep, nader aan God beweeg het – met ‘n verpersoonlikte 2019 Bybel Toep Oorsig!

Kom ons wees bly oor wat God in jou lewe doen:

Kyk na die Oorsig

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans