Koop die tyd uit:

Sonsondergang oor water

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!

PSALM 139:23-24

Rus en haal diep asem. Dink na oor verlede jaar terwyl jy dit doen. Wat het God sedert Paasfees 2020 in jou lewe gedoen?

Wanneer jy jou midde-in ‘n uitgerekte tydperk bevind, is dit maklik om te vergeet wat God te midde van jou omstandighede doen. Dis een van die redes waarom dit so belangrik is om oor die Woord van God na te dink: dit help om ons pas stadiger te maak en te onthou dat God in elke lewenstydperk getrou is.

Terwyl jy jou vir Opstanding Sondag voorberei, kan jy doelbewus meer tyd daaraan wy om oor die getrouheid van God na te dink, deur die Vers-van-die-dag te bestudeer.

Kyk na die drie maniere waarop jy dit kan doen:

Het jy vyf minute? …

Maak jou Bybeltoep oop en soek die Vers-van-die-dag. Voordat jy begin lees, vra jy eers vir God om jou bewus te maak van enigiets wat Hy jou wil wys. Lees dan stadig deur die hele vers en gee noukeurig aandag aan die woorde wat jou opval.

Vra jouself af: Wat openbaar hierdie vers aan my aangaande God se karakter? Wat is die hoofpunt van die gedeelte? Hoe kan ek dit in my daaglikse lewe toepas?

Beëindig hierdie tydjie deur God se hulp te vra om jou dwarsdeur die dag daaroor te laat nadink.

Het jy dalk 15 minute? …

Wanneer jy die Vers-van-die-dag deurgelees het, druk kan op “Vergelyk” en kies tussen 3 tot 5 Bybelweergawes. Lees die vers in elke weergawe en skenk aandag aan die verskillende taaluitdrukkings. Laat die verskille toe om jou ‘n wyer begrip van die vers te gee.

Vra jouself af: Hoe benader elke weergawe die vers? Wat leer ek oor God deur verskillende weergawes te vergelyk? Watter woorde of frases val my op?

Skryf alles neer wat God aan jou openbaar en vra dan sy hulp om hierdie vers in jou lewe toe te pas.

Het jy dalk 30 minute? …

Wy die eerste vyf minute daaraan om aan enige besorgdhede of probleme te dink wat om jou aandag meeding. Vra God om die waarhede in sy Woord aan jou te wys. Lees die Vers-van-die-dag dan stadig en vergelyk die weergawes.

Nadat jy dit gedoen het, kan jy die vers se verwysing in Ontdek invoer, om enige verwante bronne te vertoon. Kies een bron om in jou oordenkingstyd bestudeer.

Vra jouself af: Watter insig verskaf hierdie bron? Hoe beïnvloed of bevestig dit wat God vandag deur die Vers-van-die-dag aan my gewys het? Wat vind by my aanklank en hoe kan ek dit in my lewe toepas?

Nadat jy klaar is, kan jy twee of drie boodskappe in gedagte hou oor die Skrif wat jy bestudeer het. (Jy kan selfs hierdie studiemetode probeer.)


Wanneer jy klaar hieroor nagedink het, kan jy ‘n paar minute daaraan wy om God te vra om jou gedurende die dag te herinner aan alles wat jy geleer het. Herhaal hierdie proses elke dag tot en met Opstanding Sondag.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans