Oorsig van 2021

Oorsig van die jaar 2021

Dit is ‘n oomblik wat die moeite werd is om te onthou.

YouVersion se Oorsig van 2021

Staan ‘n oomblik af om oor die afgelope jaar na te dink. Vir baie van ons is dit met bittersoet herinneringe gevul. Te midde van hierdie chaotiese tye, was daar egter ‘n hoop waaraan ons almal kon vashou: God is aktief aan die werk in ons wêreld en Hy is besig om mense deur sy Woord te vorm.

Vers-van-die-jaar

Die Bybelvers wat gedurende 2021 die meeste deur die wêreldwye YouVersion-gemeenskap gedeel, geboekmerk en gekleurmerk was.

Deel die Vers-van-die-jaar

MATTEUS 6:33


Hierdie jaar het ons nog steeds gesien hoe meer mense as ooit tevore deur YouVersion nader aan God kom.

50,700,000+ installasies in 2021

Meer as 500 miljoen YouVersion-installasies in totaal

Elke installasie is ‘n geleentheid vir iemand om die hoop van God persoonlik te ervaar. Hierdie hoop oortref alle omstandighede en word gevind wanneer ons God elke dag soek.

God begin nou eers, maar op hierdie oomblik wil ons van die dinge vier wat Hy gedurende 2021 in die YouVersion-gemeenskap gedoen het.

Terwyl jy na hierdie verstommende getalle kyk, dink aan wat dit verteenwoordig: honderde miljoene lewens wat na God soek … en Hom vind.


Soek God deur sy Woord

“My huwelik het in 2017 verbrokkel. Ek het die Bybel soggens op my selfoon begin lees wanneer ek wakker word. YouVersion was die enigste manier hoe ek tot honderde Bybelstudies toegang kon verkry wat toepaslik was vir elke gevoel wat ek ervaar het. YouVersion verbind hul wêreldwye gemeenskap aan God en aan mekaar, net soos God vra. Ek hou nie net van hierdie toep nie, ek het dit nodig.

– GLENNA

Daar is nou 2 600 Bybelweergawes en 1 100 klankbybels in meer as 1 700 tale in YouVersion beskikbaar.


Bybel Betrokkenheid per Land

Wêreldkaart


Soek God in Gebed

“Ons wou regtig mense help om meer gereeld en betekenisvol te bid. Die Ons Vader gee aan ons die patroon vir ‘n goed-gebalanseerde gebed. Dit begin deur God te eer, dit moedig ons aan om ons praktiese en geestelike besorgdhede eerlik uit te druk, en dit lei ons om in gehoorsaamheid op God te reageer. Dit was dan ook ons inspirasie toe ons die Begeleide Gebed-ervaring ontwikkel het.”

– SAM, YouVersion Produkbestuurder

Begeleide Gebed

Wanneer jy met God wil praat, maar jy weet nie wat om te sê nie, kan Begeleide Gebed jou help om aan die gang te kom. Die Begeleide Gebed-ervaring wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is, verskaf daaglikse aansporings wat jou help om oor die Skrif na te dink, nader aan God te kom en met Hom te praat oor wat in jou gedagtes is.

38,4 miljoen
Begeleide Gebede is voltooi

YouVersion Gebed is geskep om jou te help om eerlike gesprekke met God te hê binne ‘n gemeenskap. In slegs hierdie jaar, het miljoene mense Gebede met Vriende gedeel en doelbewus gesprekke met hul Skepper aangekoop.

47,2 miljoen
gebede is in 2021 geskep

Probeer YouVersion Gebed


Soek God elke dag op

“My dogter het ons staat by ‘n streekswemkampioenskap verteenwoordig. In plaas daarvan om telefoonnommers met haar swemvriende uit te ruil, sou sy vra: “Is jy op die Bybeltoep?” As hulle nie is nie, sou sy hulle wys hoe om die toep af te laai en ‘n rekening te skep, en hulle dan na haar mees onlangse leesplan nooi. Sy beplan om kontak met haar nuwe swemvriende te hou deur hulle voortaan te nooi om haar Bybelstudies te deel. Ek is so bly wanneer my kinders die Woord van God met vriende deel wat dalk nie by die huis aangemoedig word om die Bybel te lees nie.”

– BRITTNEY

1,4 miljard
Bybel plan-dae is in 2021 voltooi

Soek ‘n Leesplan


FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees