Wees ‘n leier in vrygewigheid en help so om lewens te verander.
Ons het hierdie wêreldkaart by YouVersion. Elke keer wanneer iemand die toep oopmaak, verlig ‘n anonieme kolletjie vir ‘n paar sekondes. Elkeen van hierdie anonieme kolletjies verteenwoordig vir ons ‘n persoon, ‘n verhaal, ‘n lewe. Ons wêreldkaart dien vir ons as ‘n voortdurende herinnering dat ons elke oomblik van elke dag vir jou wil help om in verbinding te kom met die Een wat alles besit wat jy nodig het.
Met Paasfees om die draai, dink ons veral na oor maniere hoe ons jou kan help om hierdie jaar tot God te nader. In Matteus 6 leer Jesus ons oor drie tradisionele maniere waarop baie Christene gedurende hierdie tydperk hul aandag op God se koninkryk kan vestig:
“As julle vas …
Verder, as julle bid …
As jy … help …”
Aan die manier waarop Hy oor elkeen gepraat het, was dit duidelik dat Jesus van sy volgelinge verwag het om al drie te beoefen. Wanneer jy YouVersion finansieel ondersteun, kweek jy ‘n vrygewige hart en jou donasie maak ‘n ewige verskil in mense, regoor die wêreld, se lewens.
Wees deel van die lewensverandering wat ons elke dag sien.
Koop die tyd uit:
Rus en haal diep asem. Dink na oor verlede jaar terwyl jy dit doen. Wat het God sedert Paasfees 2020 in jou lewe gedoen?
Wanneer jy jou midde-in ‘n uitgerekte tydperk bevind, is dit maklik om te vergeet wat God te midde van jou omstandighede doen. Dis een van die redes waarom dit so belangrik is om oor die Woord van God na te dink: dit help om ons pas stadiger te maak en te onthou dat God in elke lewenstydperk getrou is.
Terwyl jy jou vir Opstanding Sondag voorberei, kan jy doelbewus meer tyd daaraan wy om oor die getrouheid van God na te dink, deur die Vers-van-die-dag te bestudeer.
Kyk na die drie maniere waarop jy dit kan doen:
Het jy vyf minute? …
Maak jou Bybeltoep oop en soek die Vers-van-die-dag. Voordat jy begin lees, vra jy eers vir God om jou bewus te maak van enigiets wat Hy jou wil wys. Lees dan stadig deur die hele vers en gee noukeurig aandag aan die woorde wat jou opval.
Vra jouself af: Wat openbaar hierdie vers aan my aangaande God se karakter? Wat is die hoofpunt van die gedeelte? Hoe kan ek dit in my daaglikse lewe toepas?
Beëindig hierdie tydjie deur God se hulp te vra om jou dwarsdeur die dag daaroor te laat nadink.
Het jy dalk 15 minute? …
Wanneer jy die Vers-van-die-dag deurgelees het, druk kan op “Vergelyk” en kies tussen 3 tot 5 Bybelweergawes. Lees die vers in elke weergawe en skenk aandag aan die verskillende taaluitdrukkings. Laat die verskille toe om jou ‘n wyer begrip van die vers te gee.
Vra jouself af: Hoe benader elke weergawe die vers? Wat leer ek oor God deur verskillende weergawes te vergelyk? Watter woorde of frases val my op?
Skryf alles neer wat God aan jou openbaar en vra dan sy hulp om hierdie vers in jou lewe toe te pas.
Het jy dalk 30 minute? …
Wy die eerste vyf minute daaraan om aan enige besorgdhede of probleme te dink wat om jou aandag meeding. Vra God om die waarhede in sy Woord aan jou te wys. Lees die Vers-van-die-dag dan stadig en vergelyk die weergawes.
Nadat jy dit gedoen het, kan jy die vers se verwysing in Ontdek invoer, om enige verwante bronne te vertoon. Kies een bron om in jou oordenkingstyd bestudeer.
Vra jouself af: Watter insig verskaf hierdie bron? Hoe beïnvloed of bevestig dit wat God vandag deur die Vers-van-die-dag aan my gewys het? Wat vind by my aanklank en hoe kan ek dit in my lewe toepas?
Nadat jy klaar is, kan jy twee of drie boodskappe in gedagte hou oor die Skrif wat jy bestudeer het. (Jy kan selfs hierdie studiemetode probeer.)
Wanneer jy klaar hieroor nagedink het, kan jy ‘n paar minute daaraan wy om God te vra om jou gedurende die dag te herinner aan alles wat jy geleer het. Herhaal hierdie proses elke dag tot en met Opstanding Sondag.
Op soek na vrede? Probeer hierdie leesplanne
Ontdek Leesplanne oor Vrede
God is in staat om in alle tydperke aan ons vrede te gee. Hierdie vrede is nie tydelik of afhanklik van wat om ons gebeur nie, en kan nie deur sosiale media vergrype of selfhelp-klankgrepe gevind word nie. Ware en ewige vrede word slegs gevind deur tot God te nader.
Soek vandag na God en sy vrede deur met een van hierdie leesplanne te begin.
Herfokus op wat saak maak, deur gebed.
Haal diep asem …
Dit neem tyd om die geraas in ons lewens stil te kry, maar dis een van die redes vir die Lydenstyd. Herfokus vandag jou lewe op Jesus deur saam met ons te bid.
‘n Gebed om te herfokus
Vader, ek wil meer van U hê.
So dikwels jaag ek tydelike dinge na en stoot U eenkant. Vergewe my asseblief en verander my. Ek wil nie ‘n lewe lei wat nie op U gefokus is nie.
Help my om die geraas in my lewe stil te kry terwyl ek vir Opstandingsondag voorberei. Wys my wat ek moet doen om weer my hart, verstand en wil, net op U te fokus.
Deurgrond my hart, en ondersoek my. Maak my lewe skoon, wys vir my die dinge wat U grief en maak my meer soos U. Wys vir my die weë wat na die lewe lei en vul my met vreugde in u teenwoordigheid.
Ek het U lief en wil my oë op U gerig hou.
In die Naam van Jesus, amen.