‘n Reis deur Lukas en Handelinge

BibleProject ikoon

Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel … Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal.

HANDELINGE 4: 32-33

Hoe Jesus en die kerk die hele Bybel saambind.

Selfs al is jy nie bekend met die Nuwe Testament nie, weet jy waarskynlik dat Matteus, Markus, Lukas en Johannes (die evangelies) Jesus se lewensverhaal vertel vanuit die perspektief van sy dissipels. Die outeur van Lukas het ook die Handelinge geskryf en dit as een deurlopende verhaal gestruktureer. Terwyl Lukas Jesus se lewe en bediening dek, vloei dit daarvandaan direk oor in die stigting van die vroeë kerk in Handelinge.

Ons kondig vandag ‘n spesiale vennootskap tussen YouVersion en BibleProject aan: ‘n Reis deur Lukas en Handelinge. Dis ‘n splinternuwe video-aanbieding wat jou hierdie boeke saam laat ervaar. Daar is kort video-vertellings regdeur die leesplan, wat openbaar hoe Jesus se lewe en leringe die Ou Testamentiese profesieë oor die Verlosser vervul — en uiteindelik die oorkoepelende vertelling van die hele Bybel bymekaarbring.

Nog opwindende nuus is dat, ‘n Reis deur Lukas en Handelinge in meer as 20 tale beskikbaar is. Jy sal dit dus saam met ander mense regoor die wêreld geniet. Begin met ‘n Reis deur Lukas en Handelinge hieronder en vertel al jou vriende van hierdie opwindende nuwe leesplan van BibleProject en YouVersion!

Begin hierdie leesplan

Help jou kinders om Paasfees te verstaan

'n Blye Sondag

Opoffering. Opstanding. Verlossing. Vernuwing. Hierdie begrippe is selfs vir ‘n volwassene moeilike om te verstaan. Hoe kan ons dit aan ons kinders bekendstel in ‘n konteks van hul eie, kinderlike geloof? Ons het vier verhale in die Bybel App vir Kinders geskep wat help om juis dit te doen.

Pa en seun wat op 'n tablet speel

Kyk saam met jou kinders na Die Laaste Ete, In die Tuin, Dit is Gedoen, en ‘n Blye Sondag en ervaar die Paasverhaal op maniere wat hulle dit maklik kan verstaan. Die interaktiewe animasies in elke verhaal, sal hulle aandag trek. Elke verhaal se prettige aktiwiteite sal hulle help leer wat Jesus se opoffering vir hulle beteken.

Laat jou kinders se vrae ‘n aanknopingspunt wees om te gesels oor hoe julle Jesus saam kan volg.

Laai die toep af

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Hoe was Jesus se laaste week?

Dit is die
Heilige Week …

Jesus het die week voor sy kruisiging tyd gemaak om sy dissipels te herinner dat die dood nie sou oorwin nie en dat sy koninkryk ook nooit sou eindig nie. Omdat hulle egter nie verstaan het wat sou kom nie, het hulle nie besef dat Hy terselfdertyd aan hulle gesê het “Ek het julle lief” en “totsiens” nie.

Vandag herinner Heilige Week ons dat God nie klaar is nie. Selfs in daardie oomblikke wanneer ons verwagtinge kwyn — is daar nog hoop. God is nog nie klaar nie.

Begin dus op Palmsondag om na te dink oor die lewe wat jy het danksy Jesus se opoffering, en voltooi ‘n Paasfeesleesplan. (Wanneer jy dit doen, sal jy ook die Paasfees Uitdaging Kenteken verwerf.)

Kyk na die Paasfeesversameling

Verwerf jou Paasfees Uitdaging Kenteken!

Paasfees Uitdaging Kenteken

Kom ons sien saam uit: Paassondag is oor net twee weke.

Voltooi enige Paasfeesleesplan tussen nou en dan om die Paasfees Uitdaging Kenteken te verwerf. Wanneer jy met ‘n leesplan begin, kan jy ‘n paar vriende uitnooi om by jou aan te sluit om jul gedagtes op die opgestane Christus te rig.

… hou die oog gevestig op Jesus … Hy het die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins … Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God … Hou Hom dus voor oë. Dan sal jy nie geestelik moeg word en uitsak nie.

HEBREËRS 12:2-3

Nog Leesplanne oor Paasfees