Visualiseer die reis en kerntemas van elke boek in die Bybel deur middel van ’n geïllustreerde oorsiglyn.
Waarvoor soek jy?
As julle God aanroep … sal Hy julle gebed verhoor.
Ongeag wat jou omstandighede nou is, as jy jouself in die Woord van God grondves, sal God jou in sy liefde wortel. Om in God se liefde gewortel te wees, kan jou help verander hoe jy na jouself en die wêreld om jou kyk.
Waarvoor soek jy vandag?
Watter vrae jy ook al het, watter antwoorde jy ook al nodig het, watter hoop jy ook al het — nader tot God met behulp van ‘n Leesplan, net daar waar jy is en laat sy woorde toe om te herskep hoe jy na jouself en na die wêreld om jou kyk.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Kom ons soek God … saam op.
|
Om gereeld tyd met God deur te bring, is nie altyd maklik nie. Gelukkig hoef jy God nie alleen op te soek nie — dis ook nie hoe dit behoort te wees nie. Oorweeg dit om mense uit te nooi om saam met jou tot God te nader deur die Bybel te bestudeer.
Begin eenvoudig met ‘n leesplan, kies “Saam met Vriende” en soek God daagliks op saam met mense wat jy vertrou.
Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Hoe om Geestelik te Groei
Geloof wat jou verander
Word jy verander en meer soos Jesus wanneer jy God navolg? Wanneer jy nader aan iemand wil groei, probeer jy om daardie persoon beter te leer ken. ‘n Manier hoe ons nader aan Jesus kan groei is deur die weergawes van sy bediening en leringe te verken.
Leesplanne is ‘n uitstekende manier om ‘n gewoonte te kweek om gereeld tot God te nader. Indien jy meer bestendig sal bly as jy vriende op jou reis saam nooi, begin dan ‘n leesplan deur “Saam met Vriende” te kies en nooi iemand uit om by jou aan te sluit.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
‘n Reis deur Lukas en Handelinge
Hoe Jesus en die kerk die hele Bybel saambind.
Selfs al is jy nie bekend met die Nuwe Testament nie, weet jy waarskynlik dat Matteus, Markus, Lukas en Johannes (die evangelies) Jesus se lewensverhaal vertel vanuit die perspektief van sy dissipels. Die outeur van Lukas het ook die Handelinge geskryf en dit as een deurlopende verhaal gestruktureer. Terwyl Lukas Jesus se lewe en bediening dek, vloei dit daarvandaan direk oor in die stigting van die vroeë kerk in Handelinge.
Ons kondig vandag ‘n spesiale vennootskap tussen YouVersion en BibleProject aan: ‘n Reis deur Lukas en Handelinge. Dis ‘n splinternuwe video-aanbieding wat jou hierdie boeke saam laat ervaar. Daar is kort video-vertellings regdeur die leesplan, wat openbaar hoe Jesus se lewe en leringe die Ou Testamentiese profesieë oor die Verlosser vervul — en uiteindelik die oorkoepelende vertelling van die hele Bybel bymekaarbring.
Nog opwindende nuus is dat, ‘n Reis deur Lukas en Handelinge in meer as 20 tale beskikbaar is. Jy sal dit dus saam met ander mense regoor die wêreld geniet. Begin met ‘n Reis deur Lukas en Handelinge hieronder en vertel al jou vriende van hierdie opwindende nuwe leesplan van BibleProject en YouVersion!