Elke drie sekondes gebeur dit in YouVersion …

Iemand gebruik 'n foon

Moenie hierdie oomblik misloop nie.

Ons hoop wanneer jy YouVersion oopmaak, voel dit asof dit net vir jou pasgemaak is.

Dit is ook.

Wat jy dalk nie weet nie, is dat miljoene mense regoor die wêreld net so voel.

Weens die vrygewigheid van ons Bybeluitgewer-vennote, bied YouVersion Bybels in meer as 1 800 tale aan sodat mense toegang tot die Skrif kan kry in ‘n taal waarmee hulle die meeste vertroud is.

Tot dusver vanjaar lees ons

wêreldgemeenskap byna
gelykstaande aan die hele Bybel:

elke drie sekondes.

Afteltydhouer

Tog is daar nog miljoene mense wat nie weet dat die Woord van God slegs ‘n druk van ‘n knoppie van hulle af is nie …

Regoor die wêreld soek mense na hoop, vertroosting en vrede. Wanneer jy ‘n donasie vir YouVersion gee, help jy ons om hierdie mense aan die Woord van God bekend te stel.

Gee nou ‘n donasie

Die maklikste manier om tot ons-bediening by te dra,
is deur ‘n herhalende donasie op te stel.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Dit is tyd vir die Paasfees Uitdaging!

Paasfees Uitdaging

Die Paasfees Uitdaging begin vandag!

Paasfees is ‘n vreeslose viering van Jesus se oorwinning oor die dood en die herstelde verhouding wat ons met God kan hê.

Berei jou hart vir Opstandingsondag voor deur aan die Paasfees Uitdaging deel te neem.

Doen dit so …

Voltooi ‘n Paasfeesleesplan tussen nou en Paassondag om die Paasfees Uitdaging Kenteken te verdien.

Nooi jou vriende om ook aan te sluit! Saam kan ons ons harte en gedagtes op die opgestane Christus fokus.

“Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe. Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.”

ROMEINE 6:8-9

Nog Leesplanne oor Paasfees

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Bekendstelling van Vers-van-die-dag stories

Vers-van-die-dag stories ikoon voor 'n sonsondergang oor 'n berg

Jy het waarskynlik Vers-van-die-dag op YouVersion se tuisblad gesien. Miskien het jy dit gelees en gewens jy kon dit verder bestudeer.

Nou kan jy dit doen met Vers-van-die-dag stories.

Wees stil, bid en leer meer oor die daaglikse Vers-van-die-dag deur ‘n maklike, begeleide ervaring — nou op jou Tuisblad.

Dink na oor vrae wat ontwerp is om jou te help om prakties oor die Skrif te dink. Voer ‘n eerlike gesprek met God deur ‘n daaglikse gebed, met die opsie om dit in jou gebedslys te stoor. Eindig deur die Vers-van-die-dag beeld te stoor en te deel, en inspireer diegene wat die naaste aan jou is.

Probeer dit nou

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

‘n Gebed vir die Oekraïne

Persoon wat bid

Terwyl die wêreld gebeure dophou wat in die Oekraïne afspeel, wil ons ons wêreldwye gemeenskap herinner aan die krag wat hulle het — die krag van gebed.

Gebed bring hoop.

Gebed verenig.

Gebed versterk.

Kom ons vra vir God om die mense van die Oekraïne te vertroos, beskerm en vir hulle te voorsien.


Vader,

ons het U nodig — soos nog altyd.

U is ons bron van krag en U sê vir ons om al ons bekommernisse aan U te gee.

Bring beskerming en genesing aan die mense in die Oekraïne. Wys hulle dat U by hulle is en dat U hul gebede verhoor.

Versterk asseblief enigiemand wat seergemaak, alleen of gebroke voel. Vervang enige gevoelens van angs, vrees en onsekerheid met U vrede en hoop.

Nader tot God, en Hy sal tot jou nader.

In die Naam van Jesus.

Amen.


Stoor dit in jou gebedslys sodat jy kan voortgaan om te bid.

Stoor Gebed

Ons besef hierdie tyd het gevoelens van chaos en onsekerheid regoor die wêreld geskep.

Waar jy ook al is, onthou dat God belowe om nooit diegene wat tot Hom nader te verlaat of in die steek te laat nie. Sy kinders is nooit alleen nie. Jy is nie alleen nie. Hy hou jou toekoms veilig in sy hande.

Watter voorbereidings tref jy vir Paasfees?

Sonsopkoms oor berg

Jy is uitgenooi

Wanneer jy aan Lydenstyd dink, watter woorde kom by jou op? Selfdissipline? Opoffering? Plig?

Lydenstyd begin vandag en is ‘n tydperk van 40 dae wat tot Paasfees lei. Skep vir God ruimte in hierdie tyd. Elke jaar kies miljoene Christene om Jesus eerste te stel deur dinge prys te gee.

Lydenstyd mag na ‘n verpligting lyk, maar dit is eintlik ‘n uitnodiging. Dit gaan daaroor om onsself dinge te ontsê sodat ons kan leer om in God se leiding, rus en genade te wandel.

Skep tussen nou en Paassondag ruimte vir wat die belangrikste is. Bring elke dag ‘n paar minute saam met God deur. Wees verseker dat miljoene mense by jou sal aansluit om Jesus eerste te stel.

Kies ‘n Lydenstyd Leesplan:

Nog Lydenstyd Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos