Hoe Moedig Ek My Gesin Aan Om God Se Woord Te Lees?

Ma wat haar dogter vashou

Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek…

2 TIMOTEUS 3:16

Ons ken almal iemand wat sukkel om God se Woord te lees. Dalk ervaar hulle pyn of verlies. Dalk is hulle in iets betrokke wat hulle nie behoort te doen nie. Dalk sien hulle net nie in hoe die Bybel vir hulle toepaslik kan wees nie.

Hoe kan ons, as volgelinge van Christus, geliefdes help om die veranderende Woord van God self te ervaar? Dit kan ‘n tannie, oom, ouer, kind of vriend wees wat jy as deel van jou gesin sien.

Hier is drie maniere waarop jy jou gesin kan help om God se Woord te begin lees:


Wees ‘n Voorbeeld.

God se Woord moedig ons aan om ‘n voorbeeld te stel met wat ons sê, hoe ons optree en hoe ons mense lief het. Hoekom? Want hoe ons kies om op te tree of te reageer, het ‘n blywende impak.

Hoe kan jy ‘n voorbeeld stel? Besluit op ‘n tyd wanneer julle elke dag die Bybel saam kan bestudeer. (Julle kan selfs die Bybel Toep se Vers-van-die-dag saam memoriseer.) Praat oor die Skrif wanneer julle ook al bymekaar is: tydens ontbyt, op pad skool of werk toe en saans. Jou interaksie met God se Woord, sal die manier waarop jou gesin God se Woord sien, beïnvloed.


Verpersoonlik God se Woord.

Jy kan nie jou gesin forseer om lief te wees vir die Bybel nie, maar jy kan hulle help om die waarde wat dit tot hulle lewens kan toevoeg, te ontdek.

Oorweeg dit om ‘n Versbeeld van die Bybel Toep met iemand te deel wat bemoediging of wysheid nodig het. As jy kinders het, laai die Bybel App vir Kinders af en voltooi saam ‘n storie. Probeer om uit ‘n Bybelweergawe te lees wat jou gesin saam kan geniet. Wanneer jy jou gesin help om te sien hoe hulle God se Woord in hulle lewens kan toepas, sal hulle waarskynlik meer geneë wees om vir hulle eie geestelike groei verantwoordelikheid te neem.


Moenie Ophou Daarmee Nie.

As groei nie dadelik plaasvind nie, is ‘n mens geneig om mismoedig te raak. Herinner jouself daaraan hoekom jy dit doen: dis jou mense en jy is lief vir hulle. Jy weet self hoeveel beter jou lewe is met God se Woord en jy wil dit vir hulle ook hê.

Hou aan – volhard. Wanneer jou gesin sien dat jou toegewydheid aan die Skrif ‘n belangrike deel van jou lewe is en nie net ‘n fase waardeur jy gaan nie, sal dit ‘n groter impak op hulle hê as iets wat jy sê.

Wanneer jy egter mismoedig begin voel, oorweeg dit om ‘n Gesinsplan te begin om jou daaglikse Bybellees roetine aan die gang te hou. Omring jouself met vriende wat jou sal aanmoedig om jou gesin geestelik te lei.

Alles hang noodwendig nie van jou af nie. God se Woord het die vermoë om lewens te verander, maar ons kan ook deel wees daarvan. Jy is nie jou gesin se Verlosser nie – maar jy kan hulle Geestelike groei aanwakker.

Begin saam God se Woord te lees in die Bybel Toep en Bybel App vir Kinders en laat weet ons watter een het jou gesin gehelp om geestelik te groei.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 22:6

Hoe Kan Ek “Lewe Spreek” Oor My Gesin?

'n Gesin wat saam op 'n bed sit

Woorde maak dood, woorde gee lewe; hulle is óf gif óf vrugte – jy kan kies.

SPREUKE 18:21

Het iemand al ooit iets vir jou gesê wat jou seer gemaak het? Is dit nie verbasend hoe jy nog steeds vandag die steek van daardie woorde kan voel nie? Wat van mooi woorde? Het iemand al ooit iets bemoedigends vir jou gesê – dalk ‘n vriend of onderwyser – wat jou nog steeds laat glimlag as jy nou daaraan dink? Hoe wil jy hê moet die mense vir wie jy lief is, jou woorde onthou?

Jy het mag om lewe te spreek.

Wat moet jy egter sê? Hier is ‘n paar dinge wat jy kan probeer:


Bid Die Vers-van-die-dag Oor Jou Geliefdes.

Is jy onseker oor wat om te bid? Teken in vir Vers-van-die-dag. Elke dag wanneer jy dit kry, bid deur die vers en voeg die naam van die persoon vir wie jy bid daar in. Byvoorbeeld:

En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

KOLOSSENSE 3:17

Bid:

Hemelse Vader, wat _____ ook al sê of doen, raak asseblief _____ se hart aan dat _____ dit in die naam van die Here Jesus kan doen en vir U dankie sê daarvoor. Amen.

En hierdie vers:

“… want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

ROMEINE 10:13

Jy kan dalk sò bid:

Hemelse Vader, help _____ om U naam aan te roep en gered te word.

Kry die Vers-van-die-dag


Kies Saam ‘n Vers Oor Die Gesin.

As jy ‘n vriend sou vra: “Wat is die een woord wat my gesin verwoord, wat sou hulle sê?” Liefde? Vreugde? Vrede? Geduld? Praat met jou gesin daaroor en besluit watter karaktertrekke julle gesin bekend voor wil wees. Gaan dan na die Bybel Toep en soek die woord in een van die kategorieë by “Wat sê die Bybel oor…” (Of tik net die karaktertrek in die Soekblokkie.)

Vind saam ‘n vers oor die gesin wat die waardes reflekteer wat julle wil uitleef. Gebruik ‘n gesinsfoto as agtergrond en maak dit ‘n Gesinsversbeeld. Stoor dit op jou toestel as ‘n agtergrond. Of druk dit uit, raam dit en plaas dit op ‘n ooglopende plek in jou huis. Deur jou gesinsversbeeld uit te stal, sal elkeen in jou gesin dit makliker kan memoriseer – en onthou waaroor julle wil hê jul gesin regtig moet gaan.

Julle kan nie die omstandighede beheer waardeur julle gesin sal gaan nie. Julle kan egter besluit hoe julle daarop gaan reageer. En wanneer julle kies…

Kies om Lewe te Spreek.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Hoe kan ek my gesin geestelik lei?

Bybelweek vir Gesinne 2019 Embleem

Dis moeilik vir gesinne om elke dag tyd in te ruim vir God se woord, te midde van werk, huishoudelike verantwoordelikhede en sosiale afsprake.

Dis hoekom ons Bybelweek vir Gesinne geskep het: om jou die gereedskap te gee wat jy nodig het om jou gesin nader aan Jesus te bring. Ons het vir hierdie week Leesplanne bymekaar gemaak wat jou gesin sal help om tyd in God se Woord te spandeer en jou nader aan mekaar te bring. Help jou gesin om geestelik te groei deur een van die Bybelweek Leesplanne vir Gesinne saam te lees of daarna te luister.

Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul… Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.

DEUTERONOMIUM 11:18-19

Leesplanne vir Gesinne

Vir ‘n ma wat jou inspireer…

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 13:4

Dank God vir ma’s.

Hulle is die vroue wat jou goeie raad gee en is altyd daar vir jou. Die vroue wat jy ken, wat goed sorg vir hul gesinne. Die vroue wat jou inspireer om mense beter lief te hê. Miskien is dit jou ma, ‘n vriendin, ‘n buurvrou of selfs die kelnerin by jou plaaslike koffiewinkel.

Soms is ‘n eenvoudige “dankie” al wat nodig is om ‘n ma te laat weet dat sy geliefd is. Wys al die spesiale ma’s in jou lewe hoeveel hulle vir jou bedoel, deur hulle te bedank met ‘n Versbeeld.

Deel die Versbeeld

Wat presies is gebed?

Versbeeld vir 1 Tessalonisense 5:17

Was jy al ooit bekommerd daaroor om op die “regte” manier te bid, of selfs gewonder of gebed saak maak? Sal God regtig luister wanneer jy Hom iets vra? Wat as mense my oordeel?

Dis goeie vrae om oor na te dink, maar…

Moenie toelaat dat jou vrae jou daarvan weerhou om met vertroue intimiteit met God na te streef nie. Ons het drie praktiese gedeeltes saamgestel, met ‘n aantal wenke en idees, om jou te help ontdek hoe om gebed deel te maak van jou lewe. Klik net op enigeen:


Bid
'n Man wat in 'n stad bid
'n Vrou wat glimlag