Aankondiging van die Wenners van YouVersion se 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging

Ons het jou twee weke gelede genooi om by ons Half-Jaarlikse Uitdaging aan te sluit. As jy 7 agtereenvolgende dae voltooi het: Uitstekende werk! Gedurende die volgende paar dae gaan jou Half-Jaarlikse Uitdaging Medalje toegeken word:

2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Kenteken

Om jou Medaljes te sien, gaan na jou profiel en kies Medaljes. Moenie paniekerig raak as jy nie jou 2018 Half-Jaarlikse Uitdaging Medaljes sien nie! 😊 Die aflewering van medaljes mag ‘n paar dae neem.


Groot Prys Wenner

Gebruikers wat tussen 8 en 21 Julie ten minste sewe agtereenvolgende dae die daaglikse Bybelplan leesgedeeltes voltooi het, is in ‘n ewekansige trekking vir ons groot prys ingeskryf: ‘n T-hemp, plakkerpak, beker en ‘n Google Home Mini! Die uitslag is hier, en die gelukkige wenner is…

BILL M.

Veels geluk aan Bill! 🎉


Ontdek Planne en behou jou Bybellees lopie.

Ons vertrou dat die tyd wat jy tydens hierdie uitdaging met God se Woord besig was, jou nader aan hom getrek het. En ons hoop elke dag het jou gehelp om ‘n verkwikkende daaglikse Bybel roetine te vestig. Die statistieke van vorige uitdagings is duidelik: indien jy oor ‘n paar weke ‘n daaglikse gewoonte gevorm het, kan die momentum jou help om die Bybel in die toekoms gereeld te lees.

Deur middel van kort Daaglikse Planne, een week op ‘n slag, sal ons jou help om jou doel te bereik. Ons bied duisende Planne aan, wat ‘n wye verskeidenheid onderwerpe dek – terwyl nog Planne deurgaans bygevoeg word.

Ontdek Planne


die Bybel Toep kenteken

Die Bybel App

Indien jy al ooit gesukkel het om die Bybel te verstaan ​​omdat jy gedink het dit is ingewikkeld, of omdat jy nie sien hoe dit op jou van toepassing is nie, het ons die Bybel App vir jou ontwikkel. Die Bybel App help jou om die Bybel teen jou eie tempo, alleen of selfs nog beter, met vriende te verken. Bybelplanne bied jou die Skrif in die vorm van kort, daaglikse stukkies, saam met klank, video of teks, sodat jy dit beter kan verstaan, oor die betekenis daarvan kan besin en hierdie waarhede in jou eie lewe kan toepas. Dit is maklik en pret om deur Planne te blaai. Daar is ook duisende planne om te verken (en deurgaans word nog bygevoeg), en jy sal altyd iets nuuts ontdek. Soek na ‘n weergawe van die Bybel (of verskeie) waardeur God se Woord vir jou regtig insigte bring: ons bied meer as 1700 weergawes in meer as 1200 tale. En jy kan ons klank Bybels probeer indien jy luister bo lees verkies.

Sluit met jou slimfoon of tablet by God se Woord aan, of aanlyn by Bible.com.

Laai die Bybel App af

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Frans Hollands Portugees Roemeens Russies Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans