‘n Knap vrou is baie werd

'n Knap vrou is baie werd

10  
‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.

11  
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.

12  
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.

13  
Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.

14  
Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.

15  
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin; ook haar slavinne kry hulle deel.

16  
Sy oorweeg die waarde van ‘n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

17  
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

18  
Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.

19  
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.

20  
Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

21  
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.

22  
Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.

23  
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam met die leiers beraadslaag.

24  
Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.

25  
Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26  
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

27  
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.

28  
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar

29  
“Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!”

30  
Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.

31  
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen; laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Proverbs 31 in Afrikaans

Proverbs 31 in English

CategoriesUncategorized