Wie dink jy is jy?

Drie maniere om jou gedagtes gevange te neem en God se waarheid oor jou lewe te verklaar.

Persoon wat dink

Watter woorde kom by jou op as jy met ‘n taak, verhouding of geleentheid begin — en jy dink na oor wie jy is en wat jy kan doen? Is dit woorde wat selfvertroue, hoop, vertroue en krag ten toon stel? Of weerspieël dit vrees, twyfel, trots of onsekerheid?

Dit maak saak wat ons elke dag vir onsself sê. Indien ons iets oor ons identiteit glo wat nie waar is nie, sukkel ons om te glo wat God oor ons sê wanneer Hy dit aan ons openbaar.

Die waarheid is onveranderlik. Dit hang nie af van wat jy nou doen, gedoen het of wie jy wil wees nie. Die waarheid is nie persoonlike self-help gesegdes of geykte uitdrukkings nie. Dit is geheel en al op die Woord van God gebaseer en wat Hy oor jou sê. Daar sal altyd areas in jou lewe wees waarin jy moet groei. Hoe God jou egter sien en wat Hy oor jou te sê het, verander nooit, want Hy bevestig wie jy is en nie net wat jy doen nie.

Om daardie rede sal jy jouself begin sien soos Hy jou sien — wanneer jy jou identiteit in Hom vestig deur Bybelwaarhede oor jouself te verklaar. Dit sal ook die manier beïnvloed waarop jy mense, situasies, geleenthede en gebeure om jou hanteer.

Hier is drie stappe wat jou kan help om jou gedagtes gevange te neem en waarheid oor jou lewe te verklaar:

  1. Identifiseer die leuens wat jy vir jouself vertel.

  2. Dink ‘n oomblik na oor ‘n moeilike gesprek wat jy onlangs gehad het. Wat het jy gesê? Wat het jy oor jouself en die ander persoon gedink?

    Jou woorde en dade openbaar wat jy vir jouself vertel. Om vas te stel of dit onwaar is, vra jouself af: Word hierdie gedagte deur vrees, onsekerheid, trots, bitterheid of ‘n gebrek aan selfvertroue genereer? Laat hierdie gedagte my sinies of selfsugtig optree? Indien jou antwoord op een of albei van hierdie vrae “ja” is, moet jy dit wat jy jouself wysmaak, verander en regstel.

    Staan nou dadelik ‘n paar minute af om enige leuens te identifiseer wat jy oor jouself glo. As jy dit klaar gedoen het, skryf dit neer en dink diep daaroor na. Bring ‘n paar oomblikke in stilte deur en vra vir God om jou te wys wat die oorsprong van daardie leuens is.

    Sodra jy kan identifiseer waar en wanneer jy die leuen begin glo het, is dit makliker om jou denke te verander.

  3. Verander jou perspektief.

  4. Elke leuen kan met ‘n waarheid vervang word. Kyk weer na die lys leuens wat jy glo en vra nou vir God om jou te wys wat sy waarheid vir elke stelling is.

    Om dit effektief te doen, moet jy ‘n paar minute in God se teenwoordigheid deurbring en vir Hom vra om spesifiek aan jou te openbaar hoe Hy jou sien. Daarna kan jy Bybelverse soek wat die leuens weerspreek wat jy oor jouself glo. (Gaan na “Ontdek” in die toep en soek met behulp van sleutelwoorde.)

    Hier is ‘n paar Skrifgedeeltes waarmee jy kan begin …

    Identiteit: Galasiërs 5:22-23, Johannes 3:16, Jesaja 43:5, 2 Korintiërs 5:17

    Geld: Filippense 4:19, Hebreërs 13:5, Deuteronomium 8:18, 1 Timoteus 6:17-19, 1 Timoteus 5:8

    Verhoudinge: Romeine 13:8, Efesiërs 6:1-4, 1 Petrus 4:8, 1 Tessalonisense 5:11

    Sekuriteit: Johannes 10:28-29, Galasiërs 5:1, Titus 3:5-7, Psalm 27:1-3

    Selfvertroue: Spreuke 3:26, Filippense 4:13, 1 Johannes 4:15-18, Hebreërs 10:35-36

    Daaglikse lewe: 2 Korintiërs 12:9-10, Jesaja 30:15, 1 Timoteus 4:12, Romeine 12

  5. Verklaar die waarheid.

  6. Wanneer jy die hele lys verse het, skryf dit in jou eie woorde neer. Verander die Skrifgedeeltes na spesifieke, doelbewuste stellings wat jy elke dag oor jou lewe kan verklaar.

    Hier is ‘n paar voorbeelde:

    • Dit wat ek is is genoeg, omdat ek God se kind is.
    • Ek verbly my in lyding, want Christus het vir my gely.
    • Ek skaam my nie oor Jesus nie, want sy offer verander lewens.
    • Ek is baie geliefd en daarom kan ek ander liefhê soos ek liefgehê word.
    • Niks kan my van God se liefde skei nie.

Terwyl jy jou lys maak, hou in gedagte wanneer God na jou kyk, Hy sy kind sien. As God, wat waarheid is, iets oor jou sê, moet dit waar wees. Daarom kan jy jou lys stellings, met selfvertroue maak …

Omdat jy aan God behoort, wat jou toerus en by die naam roep.

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees