Jy kan nog steeds by die Uitdaging aansluit!

21-dae Uitdaging

Watter keuse moet jy uitoefen om nou doelbewus tot God te nader?

Een manier om Jesus beter te leer ken, is deur die voltooiing van die 21-dae Uitdaging. Voltooi net 21 leesplandae voor die einde van Februarie en onthou: Vandag is die laaste dag waarop jy kan begin.

Vind ‘n Leesplan:

Kyk Na Nog Leesplanne

Beweeg vorentoe: Begin die 21-dae Uitdaging!

21-dae Uitdaging

Waarna jaag jy?

Ons is almal in ‘n wedloop wat God vir ons bepaal het. Elke dag moet ons kies of ons sal voortgaan tot by die eindstreep, of wegbeweeg van ons Verlosser se roeping vir ons lewe.

Die toekoms is nog onseker, dus kan ons in die versoeking kom om die pas te verslap wat ons goeie geestelike gewoontes betref. Jou optrede vandag, sal die roete van jou lewe vorentoe bepaal. Dis hoekom dit saak maak om daagliks nader aan God te kom.

Daag jouself aan die begin van Februarie uit om daagliks jou oë op Jesus te vestig en tyd met God ‘n gewoonte te maak, deur aan te sluit by die 21-dae Uitdaging.

Kry die 21-Dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Kom — laat die uitdaging begin!

Kyk Na Nog Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Die 21-dae Uitdaging begin binnekort!

21-dae Uitdaging

Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

HEBREËRS 12:1-2

Januarie is gewoonlik die tyd wanneer ons weer ons lewens in oënskou neem en ons harte voorberei vir wat God volgende gaan doen. As die toekoms egter steeds onseker voel, kan ons in die versoeking kom om ons goeie gewoontes en langtermyn doelwitte te verslap.

Dit waarop ons ons gedagtes vestig, het ‘n invloed op ons vermoë om deur lang tydperke staande te bly — daarom maak dit saak dat ons ons dryfkrag behou om Jesus passievol te volg.

Wanneer jy God se wil vir jou lewe soek, sal jou lewe mettertyd sy karakter weerspieël. Daag jouself dus gedurende Februarie uit om tyd saam met Hom ‘n daaglikse gewoonte te maak, deur die 21-dae Uitdaging te voltooi.

Amptelike Reëls

Die 21-dae Uitdaging begin op 1 Februarie 2021 en duur die hele maand.

Maak seker dat alles afgemerk is

Kry die 21-dae Uitdaging Kenteken deur ten minste een leesplandag vir 21 dae lank voor die einde van Februarie te voltooi.

21-dae Uitdaging Kenteken

Nooi ‘n paar getroue vriende uit om by jou aan te sluit, om die grootste voordeel uit jou uitdaging te kry. (Stel ‘n daaglikse herinnering in jou leesplan instellings, sodat jy nie enige dae mis nie.) As jy jou leesplan voor die einde van die uitdaging voltooi, gaan bloot met nog leesplanne aan!

Druk op die knoppie hieronder om leesplanne te vind. Jy kan op Stoor vir Later druk en dan op 1 Februarie begin.

Kies Jou Leesplanne

FacebookDeel op Facebook

TwitterDeel op Twitter

E-posDeel per e-pos

Maak weer kontak met die mense wat jy liefhet.

Persoon op video-oproep

Video-oproep op foon

Ervaar saam die lewe

Neem ‘n oomblik om na te dink oor die mense in jou lewe. Na wie wend jy jou vir aanmoediging en ondersteuning?

Nooi hulle om in die Bybeltoep by jou aan te sluit.

Bou ‘n gemeenskap wat rondom God se Woord gesentreer is deur leesplanne saam met vriende te voltooi, bemoedigende kommentare te plaas en gebedsversoeke met mekaar te deel.

Maak kontak met vriende en begin om verhoudings te bou terwyl jy jou verbind om die lewe saam te ervaar.

Nooi Vriende Uit

Ons bid hierdie jaar vir jou.

2021

God, U weet alles. U weet wanneer ons gaan sit en wanneer ons opstaan. U ken ons gedagtes, selfs as ons ver is — niks is vir U verborge nie.

Maak ons dus hierdie jaar meer bewus van u wil en u weë, want dit is beter as ons s’n. Skep in ons rein harte en gedagtes, want ons begeerte is om U beter te leer ken.

Ons weet dat U goed is, selfs al ervaar ons dinge wat nie goed is nie. Help ons asseblief om U te vertrou. Wys ons hoe om saam met U te droom — selfs al voel dit asof dit nie moontlik is om te droom nie.

Omdat U ons krag en hoop gee, laat U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, ons harte en gedagtes bewaar.

God, ons het U lief, en ons wil ons oë op U gerig hou. Dus, hier is ons, Here. Gebruik ons. Vorm ons. U kinders luister.

In die Naam van Jesus.

Amen.

STOOR HIERDIE GEBED